SA se bedenklike wapenverkope

“Die ou politiek-wetenskaplike gesegde stel dit dat lande in die internasionale politiek nie vriende het nie, net belange. Met die ANC se bewindsaanvaarding is grootliks van hierdie konsep afgestap, en is vriendskapsbande dikwels weens historiese bande gehandhaaf – dikwels met van die wêreld se bekendste muishondlande soos Libië en Kuba. Dit het selfs tydens SA se roterende voorsitterskap van die VN se Veiligheidsraad verleentheid veroorsaak deur vir die bewind in Mynamar en Soedan in die bresse te tree.” So sê die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en wnde voorsitter van die Christen Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Of die onthullings oor lande aan wie SA die afgelope tien jaar wapens verkoop het, aan misplaaste solidariteit of gewoon onnodige landmyn-aftrappery op die internasionale toneel te wyte is, is moeilik om te sê.

“Suid-Afrika moet kennis neem dat daar ‘n toenemende wêreldwye besef is dat moraliteit nie maar klakkeloos deur belange onder die mat ingevee kan word nie. Volgens die Ceasefire Campaign het Suid-Afrika tussen 2000 en 2009 wapens aan 58 bedenklike lande verkoop.

“Die verkoop van wapens aan korrupte diktature is nie maar net nog ‘n sinnelose diplomatieke flater soos om pres. Robert Mugabe na die amptelike opening van die Wêreldbekersokkertoernooi te nooi nie. Wanneer wapens eers in die hande van tiranne, dwelmkartelle en terroristegroepe kom is dit moeilik om te sien hoe die land se belange in enige opsig gedien word.”

камни для баниданильченко юрій броніславович

Engelse kleedkamerindringer los

‘n Sokkeraanhanger van Engeland, Pavlos Joseph, wat glo deur David Beckham ná ‘n Wêreldbekerwedstryd in die Engelse kleedkamer betrap is, is Woensdag vrygelaat ná hy ‘n boete van R750 betaal het. 

Joseph is verlede week aangekla nadat hy op 18 Junie die Engelse span se kleedkamer in die Kaapstad-stadion ná ‘n wedstryd onwettig binnegegaan het.

Joseph het glo die voormalige Engelse speler David Beckham gekritiseer oor die span se swak spel.

Die sokkergeesdriftige het egter volgehou dat hy die badkamer per abuis betree het.

Adv. Craig Webster het aan die landdros gesê Joseph se regspan het voorstelle aan die Wes-Kaapse direkteur van openbare vervolging gemaak.

Die voorstelle was suksesvol en daar is besluit dat Joseph ‘n boete mag betaal.

Joseph het Dinsdag betaal.

Daar is ook gevra dat die aanklagte teen Joseph laat vaar moet word. Die landdros het ingestem.

Joseph het nie die hofverrigtinge Woensdag bygewoon nie.

Intussen het polisiehoof Bheki Cele by ‘n mediabyeenkoms oor die aangeleentheid gesê die betreding was ‘n beplande daad volgens inligting wat die polisie bekom het, om die SAPD in die verleentheid te stel.

купить домкратыАлександр Фильчаков

Huis van munisipale bestuurder afgebrand

Die huis van ‘n munispale bestuurder in Mpumalanga het afgebrand, het die provinsiale polisie Woensdag gesê.

Brandstigting word vermoed.

“Die bestuurder van Dr JS Moroka Plaaslike Munisipaliteit was omstreeks 21:00 besig om saam met sy familie televisie te kyk toe die huis in vlamme gehul is,” het kapt. Leonard Hlathi gesê.

Die huis in Marabastad, Siyabuswa is sowat R1,1 miljoen werd.

“‘n Voorlopige ondersoek dui aan dat ‘n persoon het verby die huis geloop, ‘n petrolbom gegooi en toe verdwyn.”

Niemand is in die voorval beseer nie, en geen arrestasies is nog gemaak nie, het Hlathi gesê.

Die polisie ondersoek ‘n saak van brandstigting.

цена циклевка паркетаАлександр Фильчаков

VSA: Reg om vuurwapens te dra bevestig

In ‘n stap wat deur liberale Amerikaners as “die herinstelling van die Wilde Weste” beskryf word, het die VSA se hoogste hof (Supreme Court) beslis dat owerhede se mag om burgers se reg in te perk om vuurwapens te dra, grondwetlik beperk is.

Die saak wat by teenstanders ‘n beeld oproep van Billy the Kid en ander wat op straat oproep, spruit uit ‘n verbod van 30 jaar in Chicago op die dra van vuurwapens. Dié kwessie word sedert 2008 in die howe betwis, en nou net vyf van die nege opperregters in die vuurwapenvoorstanders se guns beslis. Hulle mag nou weer hul reg uitoefen om vuurwapens vir selfverdediging te dra.

Na raming besit die ongeveer 300 miljoen Amerikaners saam sowat 200 miljoen vuurwapens, en jaarliks sterf sowat 30 000 Amerikaners aan koeëlwonde.

Aksies, soos amnestieaksies word periodiek gehou om burgers die geleentheid te bied om onwettige wapens straffeloos in te lewer. Met ‘n onlangse aksie in New York het die oë gerek toe ‘n persoon ‘n klein kanonnetjie ingehandig het. Ook ander oorlogstuig waarmee gewone burgers vorendag kom, laat maak die amnestie-aksies alles behalwe vervelig.

ігри для дєвачекданильченко юрій броніславович

Beste stede ter wêreld lê wyd – of nie?

In 2008 het Kaapstad in ‘n opname onder 25 000 lesers van twee Britse koerante die titel van “beste stad ter wêreld” verower. Johannesburg tel onder een van die mees bekostigbare stede ter wêreld, maar omdat die beskikbare tabelle gewoonlik van die duurste af werk, en dan net die eerste 50 lys, is dit moeilik om sinvol Suid-Afrikaanse stede met die buiteland te meet.

Hoe vaar Afrikastede se aantrekkingskrag as wetenskaplike peilings gebruik word?

Die stad wat die duurste vir buitelanders is om in te woon en twee van die drie duurste stede is in Afrika, blyk uit Mercer se jongste opname. Luanda, die Angolese hoofstad, klop nou Tokyo as die stad waar buitelanders die gordel die styfste moet intrek, met N’Djamena in Tsjad in die derde plek. Hulle word deur Moskou en Genève gevolg.

Op verlede jaar se lys van duurste stede was Tokio die duurste, gevolg deur Osaka, Moskou, Genève, Hong Kong en Zürich. Hierdie lys kan egter nie vergelyk word met die lys van duurste stede vir buitelanders om in te woon nie, omdat wisselkoerse ‘n reuse verskil maak. Afrikastede soos Lagos, Dakar en Algiers kom eers van die 28ste posisie af aan die beurt.

Onder die “beste stede om in te woon” word die top-drie ingeneem deur Duitssprekende stede, Wenen in Oostenryk, en Zürich en Genève in Switserland. Stede in Duitsland onder die top tien sluit in Düsseldorf, Frankfurt en München. Bern in Switserland is in die 9de plek. Geen Afrikastad tel onder die top 50 nie.

Geen Afrikastad tel ook onder die top 50 op die eko-ranglys nie. Hier neem stede in Kanada, die VSA (Honolulu), Finland en Nieu-Seeland die topposisies in.

Waarnemers waarsku dat dit ‘n uiters komplekse proses is om geldgewys te bepaal waar dit die lonendste is om te woon. Huispryse is nie altyd in ooreenstemming met ander lewenskoste nie. Boonop, voor ‘n mens trekplanne kry, moet ‘n mens vasstel hoe betalend die persoon se beroep in die nuwe bestemming is. Dit help weinig om agter goedkoper lewenskoste aan te trek, maar daar ‘n hongerloon te verdien.

рубашки для девочекДанильченко Харьков

Kaapstad gaan meer vir krag opdok

Die stad Kaapstad se kragtariewe gaan op 1 Julie met 25% verhoog word, het die munisipaliteit Dinsdag gesê. 

Dít is as gevolg van Eskom se 29% tariefverhoging aan die stad.

Eskom se verhoging sowel as uitgawes op die elektrisiteitsnetwerk het beteken dat die stad tariewe met ‘n gemiddeld van 24,6% vir die komende finansiële jaar moes opstoot.

Dié verhoging sal nie gedeeltes van die stad affekteer wat onder Eskom se verspreidingsgebied val of waar Eskom-verhogings in April vasgestel is nie.

катера и яхтылобановский супермаркет класс

Russiese spioenasienetwerk glo deur FBI ontbloot

Die Amerikaanse federale speurdiens (FBI) het Sondag ‘n aamtal mense in hegtenis geneem, wat glo vir Rusland gespioeneerhet.

Die 11 aangeklaagdes het na bewering gepoog om kringe waar Amerikaanse regeringsbeleid bepaal word, binne te dring.

Hulle het glo van sowel gesofistikeerde tegnologie asook boodskappe in onsigbare ink gebruik gemaak om inligting oor te dra.

Een verdagte, Christopher Metsos, is op Ciprus se Larnaca-lughawe in hegtenis geneem.

Die inhegtenisname volg nadat die verdagtes se huise deursoek is en hulle lank dopgehou is deur die FBI.

Rusland het die aantygings verwerp.

free casinoтопкарго

Sweedse polisiehoof vas vir seksmisdrywe

Die verhoor van ‘n Sweedse polisiehoof wat aangekla is van 23 seksmisdade, wat verkragting en pogings tot kindermolestering insluit, het Dinsdag begin. 

Göran Lindberg (64) het in 2006 afgetree. Hy was die polisiehoof vir Swede se vierde grootste stad, Uppsala, en ook die hoof van dié land se polisieskool.

Voor sy inhegtenisname in Januarie vanjaar was Lindberg bekend as kampvegter vir gelyke regte tussen mans en vroue.

Grusame besonderhede van sy sogenaamde dubbele lewe het hoofopskrifte regoor Swede gehaal.

Die verhoor teen hom het Dinsdag begin en sal agter geslote deure plaasvind.

Hy is onder andere aangekla daarvan dat hy ‘n 17-jarige meisie en drie ander vroue gemolesteer het, gepoog het om seks met ‘n 14-jarige meisie te hê en ook betaal het vir seks.

влагоотделитель для компрессораФільчаков Олександр Васильович прокурор

Toordokter verkrag glo pasiënt

‘n Toordokter van 66 is Dinsdagaand weens verkragting in hegtenis geneem, het die polisie in Johannesburg gesê. 

“Hy het glo ‘n 21-jarige vrou tydens ‘n toorsessie verkrag,” het konst. Edwin Ntsheo, polisiewoordvoerder, gesê.

“Die vrou het hom genader vir hulp en hy het daarop aangedring dat sy al haar klere uittrek sodat hy haar kan bad.”

Die vrou het dit glo gedoen en is daarna verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem nadat die slagoffer hom aan die polisie geïdentifiseer het.

автомобильное зарядноеФильчаков прокурор харькова

Fifa-hoofkantoor beroof

Fifa se hoofkantore in Johannesburg is beroof, het die nasionale polisiekommisaris, Bheki Cele, Dinsdag bevestig.

“Ja, daar was ‘n rooftog, en ons ondersoek nog die saak,” het Cele gesê.

Hy het gesê sewe replikas van trofeë is gesteel sowel as twee truie.

“Dit blyk asof die misdaad deur mense gepleeg is wat vertroud is met Fifa se kantore.”

Dit is nog nie bekend wanneer die rooftog plaasgevind het nie.

для автосервисаФильчаков прокурор харькова