Media geskok deur joernalis se arrestasie

Joernaliste en redakteurs het Woensdag ‘n aksiekomitee op die been gebring om te protesteer teen die Wet op die Beskerming van Inligting, asook die voorgestelde mediatribunaal, berig Beeld.

Die Valke het Woensdag ‘n senior joernalis Mzilikazi wa Afrika van die Sunday Times, in hegtenis geneem. Die voorval het skokgolwe deur die mediagemeenskap gestuur.

Die Valke het joernaliste verhinder om foto’s van die arrestasie te neem.

Wa Afrika het oor Cele se betrokkenheid by die huurkontrakte van die polisiehoofkantoor in Pretoria berig. Volgens Cele is Wa Afrika “‘n baie twyfelagtige joernalis”.

Die polisie sê egter die joernalis se arrestasie hou verband met regsverydeling en bedrog in Mpumalanga.

Media24, Independent Newspapers en die Avusa-groep het onderneem om die veldtog vir mediavryheid te finansier.

Tim du Plessis, redakteur van Beeld asook Ferial Haffajee van City Press, is verkies tot die komitee.

Verskeie joernaliste het gesê hulle sal die ‘n boikot teen die ANC steun nie, en sal verkies om eerder in gesprek te tree met die regering.

монтаж баниФильчаков Александр Васильевич

Ligaamsdele in swart plastieksak gevind

‘n Toordokter is in hegtenis geneem nadat hy Dinsdag in besit van verskeie liggaamsdele in ‘n swart plastieksak gevind is, sê die polisie.

Die man is glo ‘n bekende toordokter in Cottonlands naby Verulam in KwaZulu-Natal. Polisie het die liggaamsdele agter die toilet in die man se badkamer gevind.

Dit was glo in die plastieksakke toegedraai en sou gebruik word om moetie te maak.

‘n Polisiehond het die ligaamsdele uitgesnuffel. Dit is nog nie seker of dit manlik of vroulik is nie. ‘n Regterarm wat net bokant die elmboog afgesny is, was deel van die grusame vonds.

Die toordokter is twee weke lank deur die polisie dopgehou.

Die polisie het die publiek aangemoedig om enige vermiste persone aan te meld.

поршневые компрессоры сАлександр Фильчаков прокурор

Vrou sterf by parlement

‘n Lid van die KwaZulu-Natalse reserwemag is dood nadat sy Woensdag in die parlement ineengestort het.

Die voorval het gebeur toe sy besig was om ‘n voorlegging te lewer, het ‘n verklaring van die parlement gesê.

Die vrou was deel van ‘n groep afgevaardigdes van Durban Light Infantry.

Paramedici het probeer om haar by te bring, maar sy is omstreeks 17:00 weens ‘n hartaanval dood.

David Maynier, DA-LP, wat teenwoordig was, sê die vrou het pas begin praat toe sy ineenstort.

“Ons het alles gedoen wat ons kon om haar te help,” het hy gesê.

“Mond-tot-mond-asemhaling is toegepas totdat die parlement se verpleegster opgedaag het. Teen die tyd wat die paramedici gearriveer het, het sy ongelukkig gesterf.”

beyond polus или zoomлобановский супермаркет класс

TLU SA se standpunt oor plaaswerkerspitsberaad

TLU SA het die plaaswerkerspitsberaad in Somerset-Wes bygewoon. Die amptelike afvaardiging is gelei deur TLU SA se Wes-Kaapse Streeksvoorsitter, mnr. Bennie Liebenberg. Van die aanvanklike reëling dat TLU SA ‘n spreekbeurt sou kry om ‘n voorlegging te maak, het niks gekom nie.

Reeds op die eerste dag van die beraad het dit vir TLU SA se amptelike afvaardiging duidelik geword dat die beraad ‘n gees uitstraal wat weer eens van die boere slaansakke maak, en dat die beraad in ‘n rigting beweeg wat vir TLU SA onaanvaarbaar was.

Met dit in gedagte en nog voor die werkskommissies vergader het, het TLU SA Vrydag reeds van die beraad onttrek en nie Saterdag daarheen teruggekeer nie.

TLU SA se Voorsitter van die Noord-Streek, mnr. Jan Viljoen, was die gas van die LUR vir Landbou van Limpopo en nie deel van TLU SA se amptelike afvaardiging nie, en kon in daardie hoedanigheid nie uitstap nie. Nogtans het hy dit gerade geag om ‘n spreekbeurt te eis en sekere sake in perspektief te stel, weliswaar vanuit ‘n TLU SA oogpunt.

Die feit is dus dat TLU SA reeds Vrydag die beraad verlaat het, sonder om daarvan ‘n publisiteitsoefening te maak. TLU SA het ook nie die resolusiedokument aanvaar nie, en die Departement van Landbou se dank aan TLU SA omdat hy sogenaamd by die beraad gebly het, is gevolglik ook nie van toepassing nie.

паркетФильчаков Александр Васильевич

Studente kla oor rassisme van UV

Die Vryheidsfront Plus-jeugleier, Jan van Niekerk, het vandag in ‘n brief aan mnr. Rudi Buys, Studentedekaan aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), die VF Plus se misnoeë met die UV se hantering van rassekwessies uitgespreek en sekere eise aan die UV gestel. In die brief spreek die VF Plus hul misnoeë met die hantering van verskeie voorvalle uit. Die voorvalle sluit in dat daar swart studente wit dames met klippe gooi, beweerde rassistiese optrede deur die SR-visepresident, Thabiso Letsoara en dubbele standaarde wat deur die UV toegepas word ten opsigte van wit en swart.

Die VF Plus is moeg vir die UV se eensydige hantering van rassekwessies en eis daadwerklike optrede. Die VF Plus eis dat:

* Dringende en konsekwente optrede teen die studente geneem sal word;
* Dat die UV sal verskoning vra en erken dat ‘n sekere groep aan die UV bevoordeel word;
* Dat ‘n ondersoek na Villa Bravado geloods word en dat drastiese dissiplinêre optrede sal volg;
* Dat die Primarius en die Koshuishoof van Villa Bravado uit die UV geskors word;
* Dat ‘n taakspan aangestel word om te ondersoek waarom die UV-bestuur, nou en in die verlede, onkonsekwent teenoor wit en swart studente opgetree het en dit reggestel word.

Die misnoeë spruit voort uit die hantering van die volgende voorvalle:

* In 2009 het die VF Plus-Kovsies ‘n klagte by die UV gelê oor swart studente wat wit dames met klippe gegooi het en met verkragting gedreig het – die UV het niks daadwerkliks hieraan gedoen nie;
* Die UV het gedurende 2009 Armentum-manskoshuis se hele huiskomitee oor ontgroeningspraktyke geskors waarna die HK met regsaksie die UV se besluite moes laat herroep;
* In soortgelyke voorvalle is senior studente uit Karee-manskoshuis geskors;
* Die VF Plus-Kovsies het ‘n klagte teen die SR-visepresident, Thabiso Letsoara, ingedien na beweerde rassistiese optrede onder die invloed van alkohol in die Kovsie-kerk, wat bitter swak deur die UV hanteer is. Letsoara het skotvry hiervan afgekom;
* Die Reitz-manskoshuis is na die Reitz-video gesluit en die belofte is gemaak om ‘n diversiteitsentrum daar te vestig. Intussen is slegs 50 swart studente met Letuka-beurse vir rekeningkunde daar gevestig.

Die VF Plus is van oordeel dat hierdie video met verswarende omstandighede behandel behoort te word, aangesien die Reitz-video as ‘n satire vervaardig was, maar hierdie video ‘n ware ontgroening praktyk is waarin wit studente duidelik deur swart studente uitgesonder is. Wat egter onaanvaarbaar is, is die feit dat die UV-bestuur volgens Volksblad reeds in 2009 van hierdie video bewus was, maar nie daadwerklik opgetree het nie. Indien prof. Jansen sy geloofwaardigheid wil behou, behoort hy deursigtig en drasties op te tree, soos hy beloof het om in sulke gevalle te doen.

пескоструйное оборудованиелобановский супермаркет класс

Toordokter verkrag tiener

‘n Swart tienermeisie is glo deur ‘n toordokter buite Kwezi naby Butterworth in die Oos-Kaap verkrag. 

Die man, wat in sy vroeë 30’s is, het glo die 17-jarige meisie besoek omdat sy sukkel met velprobleme.

“Hy het beloof om haar te genees en haar na ‘n woud geneem om muti te kry,” het kapt. Lingisile Magama gesê.

Die man het glo die muti aan haar gegee en toe aangedring daarop dat sy hom deur middel van seks betaal. Hy het haar glo toe verkrag.

Die meisie het direk daarna gevlug en die voorval by die polisie gaan aanmeld.

Die man is nog op vrye voet.

и поршневойлобановский александр

Dis ‘n wit regstelsel sê Selebi se broer

Jackie Selebi is Dinsdag 15 jaar tronkstraf opgelê, nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy ‘n korrupte verhouding met die dwelmbaas Glenn Agliotti gehad het.
 
Selebi broer, Suleiman Selebi, het buite die hooggeregshof in Johannesburg gesê regter Meyer Joffe is ‘n “apartheidsregter” wat sy broer in ‘n “apartheidshof” skuldig bevind het volgens ‘n Romeins-Hollandse regstelsel van die “imperialistiese Weste” wat “nie meer in dié land toegelaat behoort te word nie”. 

Die hof het bevind Selebi ten minste R230 722 uit sy korrupte verhouding met Agliotti verdien.

Hy ook het genoeg bates om die bedrag terug te betaal.

Die staat sal eers sy regskoste, wat reeds meer as R14,5 miljoen beloop, kan terugeis indien Selebi se skuldigbevinding nie deur verdere regsprosesse opgehef word nie.

Selebi het na afloop gesê: “Die saak is nog lank nie verby nie.” Hy het gesê hy sal later met die media praat.

Joffe het tydens vonnisoplegging gesê Selebi is ‘n verleentheid vir die pos van polisiehoof; ‘n verleentheid vir die mense wat hom aangestel het; ‘n verleentheid vir sy medepolisiebeamptes; ‘n verleentheid vir alle regdenkende Suid-Afrikaners; en ‘n verleentheid vir die hof dat hy kon gedink het die hof sal sy leuens en versinsels glo.

“Dit is ondenkbaar dat daar bevind word ‘n nasionale polisiehoof is ‘n ongeloofwaardige getuie. Polisielede wat hard werk verdien beter as iemand soos jy,” het Joffe gesê.

Joffe het gesê Selebi kon nee gesê het vir die omkoopgeld wat Glenn Agliotti hom aangebied het, net soos verwag word van ‘n polisiekonstabel wat net ‘n fraksie van Selebi se salaris verdien. Die erns van korrupsie kan nie onderskat word nie, het die regter gesê.

Joffe het voorts gesê dit ondergrawe ‘n land se vooruitgang, en is van die grootste bedreigings vir grondwetlike orde in Suid-Afrika.

Adv. Jaap Cilliers SC, Selebi se regsverteenwoordiger, het gesê hulle gaan aansoek doen om verlof tot appèl.

Selebi se borgtog is op R20 000 vasgestel.

casino online noДанильченко Юрий Брониславович компромат

BP-olielek grootste ooit

BP het Dinsdag toerusting getoets wat die beskadigde olieput in die Golf van Mexiko permanent kan verseël.

Terwyl ingenieurs besig was om die laaste tegniese probleme voor die operasie op te los, het hersiene syfers van die Amerikaanse regering getoon dat sowat 5 miljoen vate olie uitgesek het voordat die olieput in die middel van Julie voorlopig verseël is.

Dit maak dié oliestorting die wêreld se grootste ooit en verdwerg die Ixtoc-oliestorting in die Baai van Campeche in Mexiko in 1979. Die Ixtoc-olieput het 3 miljoen vate se olie verspil.

Die nuwe raming is nóg slegte nuus vir BP, wat ook deur ‘n ondersoek deur Amerikaanse reguleerders in die gesig gestaar word oor werknemers wat onwettig winste gemaak het uit die oliestorting.

BP kan met $4 300 per vat beboet word as growwe nalatigheid bewys kan word. “Gegewe die nuwe syfers kan BP met $4,5 miljard beboet word as growwe nalatigheid nie bewys kan word nie, of tot $14 miljard as dit wel bewys kan word,” het ‘n ingeligte gesê.

Die toets is vir ‘n dag uitgestel weens ‘n hidrouliese lekkasie. Die operasie sal opgevolg word deur die voltooiing van ‘n noodput later vandeesmaand, waarna ‘n “bottom kill”-operasie die olieput met modder en sement sal vul.

купить велосипед украинаФильчаков прокурор харьков

Boer vermoor in Limpopo

‘n Boer is Dinsdag op sy plaas naby Ellisras in Limpopo vermoor, het polisie gesê. 

Koos Daffeu, 46, was glo op pad na sy plaas toe, toe hy by ‘n laagwaterbrug op ‘n grondpad aangeval is.

Volgens lt. kol. Ronel Otto is talle skote deur onbekende aanvallers op sy voertuig gevuur.

Daffeu het na bewering daarna weggejaag en sy voertuig het by ‘n T-aansluiting sowat 600m verder omgeslaan.

Polisie vermoed dat Daffeu nóg vyf keer geskiet is ná die ongeluk.

Hy is op die toneel dood.

“Ons het nog geen verdagtes nie maar bewyse toon dat daar meer as een aanvaller was. Ons vermoed hulle het in ‘n voertuig gevlug,” het Otto gesê.

free bonus slots no deposit mobileФільчаков Олександр Васильович

Selebi-vonnis verwelkom

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die vonnis van 15 jaar vir Jackie Selebi. Die vonnis stuur ‘n sterk boodskap en dien as waarskuwing aan amptenare, selfs in die hoogste pos, dat korrupsie gestraf sal word. Die skuldigbevinding en vonnis van Selebi bly steeds ‘n verleentheid en skaad die beeld van Suid-Afrika. Dit is ook ‘n verleentheid vir Interpol, aangesien Selebi president van Interpol was ten tyde van die korrupsie. Hierdie skade kon beperk gewees het as die vorige president, Thabo Mbeki, gehoor gegee het aan die Vryheidsfront Plus se versoek in 2006 om ‘n regterlike kommissie van ondersoek in te stel na bewerings teen Selebi,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus. 

“In antwoord op die versoek van die VF Plus destyds, het Mbeki gesê hy “het die volste vertroue in nasionale kommissaris Selebi.” (Sien brief hiernaas) Hierdie vonnis wys Mbeki as verkeerd en skep die indruk dat Mbeki destyds vir Selebi beskerm het. Die aanklaer, Gerrie Nel en die Vervolgingsgesag, word gelukgewens met hulle volharding om reg te laat geskied. Ten spyte van persoonlike intimidasie en vernedering van ‘n arrestasie deur lede van die Polisie, het Nel en sy span voortgegaan met hulle ondersoek en vandag kan hulle tevrede wees met hulle harde werk,” sê Groenewald.

мультик про роботов трансформеровтопкарго