Dis ‘n wit regstelsel sê Selebi se broer

Jackie Selebi is Dinsdag 15 jaar tronkstraf opgelê, nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy ‘n korrupte verhouding met die dwelmbaas Glenn Agliotti gehad het.
 
Selebi broer, Suleiman Selebi, het buite die hooggeregshof in Johannesburg gesê regter Meyer Joffe is ‘n “apartheidsregter” wat sy broer in ‘n “apartheidshof” skuldig bevind het volgens ‘n Romeins-Hollandse regstelsel van die “imperialistiese Weste” wat “nie meer in dié land toegelaat behoort te word nie”. 

Die hof het bevind Selebi ten minste R230 722 uit sy korrupte verhouding met Agliotti verdien.

Hy ook het genoeg bates om die bedrag terug te betaal.

Die staat sal eers sy regskoste, wat reeds meer as R14,5 miljoen beloop, kan terugeis indien Selebi se skuldigbevinding nie deur verdere regsprosesse opgehef word nie.

Selebi het na afloop gesê: “Die saak is nog lank nie verby nie.” Hy het gesê hy sal later met die media praat.

Joffe het tydens vonnisoplegging gesê Selebi is ‘n verleentheid vir die pos van polisiehoof; ‘n verleentheid vir die mense wat hom aangestel het; ‘n verleentheid vir sy medepolisiebeamptes; ‘n verleentheid vir alle regdenkende Suid-Afrikaners; en ‘n verleentheid vir die hof dat hy kon gedink het die hof sal sy leuens en versinsels glo.

“Dit is ondenkbaar dat daar bevind word ‘n nasionale polisiehoof is ‘n ongeloofwaardige getuie. Polisielede wat hard werk verdien beter as iemand soos jy,” het Joffe gesê.

Joffe het gesê Selebi kon nee gesê het vir die omkoopgeld wat Glenn Agliotti hom aangebied het, net soos verwag word van ‘n polisiekonstabel wat net ‘n fraksie van Selebi se salaris verdien. Die erns van korrupsie kan nie onderskat word nie, het die regter gesê.

Joffe het voorts gesê dit ondergrawe ‘n land se vooruitgang, en is van die grootste bedreigings vir grondwetlike orde in Suid-Afrika.

Adv. Jaap Cilliers SC, Selebi se regsverteenwoordiger, het gesê hulle gaan aansoek doen om verlof tot appèl.

Selebi se borgtog is op R20 000 vasgestel.

casino online noДанильченко Юрий Брониславович компромат

Maak 'n opvolg-bydrae