Vrou sterf by parlement

‘n Lid van die KwaZulu-Natalse reserwemag is dood nadat sy Woensdag in die parlement ineengestort het.

Die voorval het gebeur toe sy besig was om ‘n voorlegging te lewer, het ‘n verklaring van die parlement gesê.

Die vrou was deel van ‘n groep afgevaardigdes van Durban Light Infantry.

Paramedici het probeer om haar by te bring, maar sy is omstreeks 17:00 weens ‘n hartaanval dood.

David Maynier, DA-LP, wat teenwoordig was, sê die vrou het pas begin praat toe sy ineenstort.

“Ons het alles gedoen wat ons kon om haar te help,” het hy gesê.

“Mond-tot-mond-asemhaling is toegepas totdat die parlement se verpleegster opgedaag het. Teen die tyd wat die paramedici gearriveer het, het sy ongelukkig gesterf.”

beyond polus или zoomлобановский супермаркет класс

Maak 'n opvolg-bydrae