‘n Toordokter is in hegtenis geneem nadat hy Dinsdag in besit van verskeie liggaamsdele in ‘n swart plastieksak gevind is, sê die polisie.
Die man is glo ‘n bekende toordokter in Cottonlands naby Verulam in KwaZulu-Natal. Polisie het die liggaamsdele agter die toilet in die man se badkamer gevind.
Dit was glo in die plastieksakke toegedraai en sou gebruik word om moetie te maak.
‘n Polisiehond het die ligaamsdele uitgesnuffel. Dit is nog nie seker of dit manlik of vroulik is nie. ‘n Regterarm wat net bokant die elmboog afgesny is, was deel van die grusame vonds.
Die toordokter is twee weke lank deur die polisie dopgehou.
Die polisie het die publiek aangemoedig om enige vermiste persone aan te meld.
