Die Valke het Woensdag ‘n senior joernalis Mzilikazi wa Afrika van die Sunday Times, in hegtenis geneem. Die voorval het skokgolwe deur die mediagemeenskap gestuur.
Die Valke het joernaliste verhinder om foto’s van die arrestasie te neem.
Wa Afrika het oor Cele se betrokkenheid by die huurkontrakte van die polisiehoofkantoor in Pretoria berig. Volgens Cele is Wa Afrika “‘n baie twyfelagtige joernalis”.
Die polisie sê egter die joernalis se arrestasie hou verband met regsverydeling en bedrog in Mpumalanga.
Media24, Independent Newspapers en die Avusa-groep het onderneem om die veldtog vir mediavryheid te finansier.
Tim du Plessis, redakteur van Beeld asook Ferial Haffajee van City Press, is verkies tot die komitee.
Verskeie joernaliste het gesê hulle sal die ‘n boikot teen die ANC steun nie, en sal verkies om eerder in gesprek te tree met die regering.
