Selebi-vonnis verwelkom

“Die Vryheidsfront Plus verwelkom die vonnis van 15 jaar vir Jackie Selebi. Die vonnis stuur ‘n sterk boodskap en dien as waarskuwing aan amptenare, selfs in die hoogste pos, dat korrupsie gestraf sal word. Die skuldigbevinding en vonnis van Selebi bly steeds ‘n verleentheid en skaad die beeld van Suid-Afrika. Dit is ook ‘n verleentheid vir Interpol, aangesien Selebi president van Interpol was ten tyde van die korrupsie. Hierdie skade kon beperk gewees het as die vorige president, Thabo Mbeki, gehoor gegee het aan die Vryheidsfront Plus se versoek in 2006 om ‘n regterlike kommissie van ondersoek in te stel na bewerings teen Selebi,” sê mnr. Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus. 

“In antwoord op die versoek van die VF Plus destyds, het Mbeki gesê hy “het die volste vertroue in nasionale kommissaris Selebi.” (Sien brief hiernaas) Hierdie vonnis wys Mbeki as verkeerd en skep die indruk dat Mbeki destyds vir Selebi beskerm het. Die aanklaer, Gerrie Nel en die Vervolgingsgesag, word gelukgewens met hulle volharding om reg te laat geskied. Ten spyte van persoonlike intimidasie en vernedering van ‘n arrestasie deur lede van die Polisie, het Nel en sy span voortgegaan met hulle ondersoek en vandag kan hulle tevrede wees met hulle harde werk,” sê Groenewald.

мультик про роботов трансформеровтопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae