Kategorie: Nuus
Bush striem Mugabe
President George Bush het Zimbabwe se President, Robert Mugabe, beskryf as ‘n oneerbiedige diktator. Hy sê ‘n alleenheerser in Zimbabwe het beheer oor die voedseltekorte, uitspattige inflasie en streng onderdrukking. Hy het bygevoeg dat Amerika sal voortgaan om die vryheid in Zimbabwe te ondersteun en so moet buurstate, Suid-Afrika inkluis, ook handel. By die Verenigde Nasies in September het Mugabe vir Bush van skynheiligheid beskuldig, terwyl Mugabe beweer die Guantanamo Bay–tronk van die Verenigde State ‘n konsentrasiekamp is.
Die 83-jarige Mugabe is vol vertroue dat hy weer deur ‘n groot gedeelte van die publiek as president herkies sal word, ten spyte van die ekonomiese tuimeling, die hoogste inflasie ter wêreld, voedseltekorte en werkloosheid.
Edelmetale behoort vandeesweek te skitter
Edelmetale sal na alle verwagtinge weer in die markte skitter hierdie week. Skattings van ernstige tekorte het goud en veral platina hemelhoog gedryf. Goud het die negehonderd-dollar kerf met gemak verby gesteek en die grootste gedeelte van die week bo dié vlak verhandel. Maar dit was platina wat plaaslike markte oorheers het. Suid-Afrika produseer tagtig persent van die wit metaal en vrese vir ʼn voorraadkrisis in die sleurstroom van die energiekrisis, het beleggers laat skarrel vir voorraad. Platinum het ʼn string rekords geslaan en die week op $2060 dollar afgesluit.
Die hoë metaalpryse het die RAND gestut en dit het vir die grootste gedeelte van die week
in ʼn kanaal net bo 7.60 teen die dollar verhandel.
Elf rowers gevang
Verlore goud ontdek
Springbokke span van die jaar?
Die SPRINGBOKKE kan dalk vandag as die wêreldspan van die jaar verkies word. Die SPRINGBOKKE is een van die benoemde spanne wat ‘n kans staan om die 2008 LAUREUS wêreldspan van die jaar toekenning te verower. Die span is een van die gunsteling spanne nadat hulle die Rugby wêreldbeker huistoe gebring het. Die LAUREUS Sportakademie sal die toekenning uitreik. Dit is ‘n organisasie wat uit drie en veertig sportpersoonlikhede bestaan. Die springbokke is ook geprys vir bydraes wat individuele spelers gemaak het. Die kollig het op PERCY MONTGOMERY, BRYAN HABANA en FRANS STEYN geval. Die kampioenskappe liga-wenner AC MILAN, krieket se wêreldbekerhouers, AUSTRALIë , die FERRARI Formule een span, die DUITSE vroue sokkerspan, die sokkerspan uit IRAK asook ‘n span van ASIë is benoem vir die toekenning. SUID-AFRIKA se parapleeg-atleet OSCAR PISTORIUS kan dalk in die kategorie – Deurbraak van die Jaar- bekroon word. Hy was op die atletiekbaan in ROME en in ENGELAND.
12 mak donkies geskiet
Dierewelsynsorganisasies is geskok oor 12 mak donkies wat vermoedelik deur veediewe geskiet en geslag is. Oorblyfsels van die karkasse is deur ‘n familielid van die donkies se eienaar gevind. Die eienaar is van ROBERTSON maar verkies om naamloos te bly. Die donkies het in oop veld langs die hoofpad op ‘n plaas tussen SWELLENDAM en BREDASDORP gewei. WES–KAAP polisiesegsman ANDRE TRAUT sê BREDASDORP se veediefstaleenheid het op dieselfde dag ‘n klagte oor veediefstal van die plaas Soutpansvlakte ontvang. TRAUT sê die koppe en hoewe van die donkies is op die toneel gelaat maar die karkasse is verwyder. Twee mans van BREDASDORP is na ‘n ondersoek in hegtenis geneem.
ANC-regering wil 5m hektaar grond koop
Zim-inflasie op 66 000%
Sekuriteitswagte skiet 4 gewapendes
