Registreer!

Die VF Plus verwelkom adjunkpresident Motlanthe se aankondiging van die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing as 18 Mei 2011.

“Dit is baie goed dat daar nou duidelikheid rondom die datum vir die verkiesing bestaan. Sodoende kan politieke partye, die kieserspubliek en die OVK voldoende voorbereidings tref vir die belangrike komende verkiesing,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus gesê.

Die VF Plus doen ‘n beroep op alle stemgeregtigdes om hierdie naweek seker te maak dat hul geregistreer is om in die wyk waar hul woon te mag stem. Indien ‘n kieser onseker is of hy op die regte plek geregistreer is, kan hy sy ID-nommer na 34139 sms.

“Die plaaslike regeringsverkiesing is juis belangrik omdat dit die vlak van regering is wat elke Suid-Afrikaner daagliks direk raak. Kiesers moet gaan stem om sodoende inspraak in dienslewering in hul gemeenskap te kry. As jy nie gaan stem nie – mag jy nie na die verkiesing oor swak dienslewering kla nie,” het dr. Mulder gesê.

Indien opposisiekiesers in groot getalle gaan stem en opposisiepartye werk verstandig saam, kan die ANC weens die proporsionele kiesstelsel sekere gebiede verloor.

светильниковАлександр Фильчаков прокурор

‘n ‘Hendrik Verwoerd-rassis’

Die Demokratiese Alliansie (DA) het Woensdag ‘n nuwe opname bekendgestel waarin die omstrede Jimmy Manyi, regeringswoorvoerder, glo uitvaar teen Indiërs in Suid-Afrika.

“Die DA sal ‘n opname in DVD-formaat aan joernaliste verskaf waarin Manyi nóg ‘n rassistiese opmerking maak, hierdie keer teenoor Indiërs in Suid-Afrika,” het die party gesê.

Nuus24 het ‘n opname van Manyi se toespraak op die DA se YouTube-blad gevind.

Daarin vaar Manyi uit teen die top-bestuur in Suid-Afrikaanse maatskappye wat nie verteenwoordigend van die Suid-Afrikaanse demografie is nie.

“Indiërs, ons moet net 3% (in bestuursposte) hê. Hulle sit op 5.9%. Ek noem dit die krag van onderhandeling. Indiërs het hulle pad boontoe onderhandel (sic),” het Manyi verlede jaar tydens ‘n toespraak aan die Durbanse sakekamer gesê.

Manyi het vroeër vir opspraak gesorg nadat hy uitlatings gemaak het oor bruinmense in Suid-Afrika. Hy het glo in Maart 2010 tydens ‘n onderhoud op KykNet gesê dat daar te veel bruinmense in die Kaap is.

“Laat ek net ‘n laaste ding oor bruinmense sê. Dit is belangrik dat hulle besef dat Suid-Afrika in sy geheel aan hulle behoort en nie net die Wes-Kaap nie,” het Manyi tydens die onderhoud gesê.

“Hierdie sametrekking in die Wes-Kaap werk nie vir hulle nie. Hulle moet versprei na die res van die land. Hulle is volop in daardie gebied en moet bietjie versprei,” het hy glo gesê.

Volgens Manyi het hy tydens die onderhoud namens die Black Management Forum (BMF) gepraat.

Trevor Manuel, minister in die presidensie, het Woensdag in ‘n ope brief in die Mercury uitgevaar teenoor Manyi oor sy kommentaar oor bruinmense.

“Ek wil jou aandag vestig op die feit dat jou stellings oor ‘n ‘oorkonsentrasie van bruinmense’ teen die gees van die Suid-Afrikaanse grondwet, sowel as die Black Management Forum is,” het Manuel in die brief geskryf.

“Ek wil dit aan jou stel dat die stellings jou ‘n rassis in die vorm van HF Verwoerd (Hendrik Verwoerd) maak.”

Manyi wou nie kommentaar lewer oor Manuel se brief nie.

with bonusФильчаков прокурор

Moslemsaanval in Duitsland eis twee

Twee mense is dood en twee is beseer, ten minste een kritiek, in ‘n skietaanval op Amerikaanse militêre personeel by Frankfurt Internasionale Lughawe in Duitsland. Die aanval het omstreeks twintig oor drie op 2 Maart plaasgevind.

Volgens nuusverslae, het ‘n gewapende aanvaller aan boord van ‘n Amerikaanse militêre bus wat by die ingang van Terminaal 2 geluier het, gestap en begin skiet. Die twee oorledenes was ‘n Amerikaanse soldaat en die bestuurder van die bus, wie se nasionaliteit nie bekend is nie.

Die oortreder is na bewering uit Kosovo, van Albanese etnisiteit en 21 jaar oud, volgens Duitse mediabronne. Volgens nuusberigte, was die Amerikaanse troepe op pad na Afghanistan.

Daar was reeds aanvalsplanne teen Amerikaanse militêre teikens in Duitsland die afgelope jaar. Die aanval pas in die kategorie van die “gewapende jihadistiese stryd” soortgelyk aan wat die Amerikaans-gebore Jemeense geestelike Anwar al-Awlaki in 2010 op Internetkletskammers versoek het. Al-Awlaki word gekoppel aan maj. Nidal Hasan, wat in die November 2009, Fort Hood-skietery aangekla is.

Die aanval in Frankfurt was ‘n sagte-teiken aanval. Sagte teikens is vatbaar vir aanvalle te danke aan die afwesigheid van voldoende sekuriteit. Gebiede by lughawens buite die veiligheidspunte is sulke teikens. STRATFOR het reeds geruime tyd voorspel dat militante sulke doelwitte verkies veral vanweë hul fiksasie met vliegtuie.

Die onlangse aanslag op Domodedovo Internasionale Lughawe in Moskou, byvoorbeeld, het die internasionale aankomsarea waar families, vriende en bestuurders deur reisigers ingewag word, geteiken. Sulke gebiede is moeilik om te beveilig, omdat dit sal vereis dat die hele lughawe afgekordon moet word.

As verslae oor die aanvaller se etnisiteit waar is, sal dit nie die eerste keer wees dat etniese Albaniërs het by die internasionale jihad betrokke is nie. ‘n Aantal Albanese individue was deel van die Fort Dix-aanvalsplan in die Verenigde State in 2007.

Amerikaanse owerhede het ‘n militante sel in Noord-Carolina ontdek waarby individue van etniese Albanese herkoms betrokke was. In 2009, het ‘n Amerikaanse burger van Albanese herkoms van Brooklyn, New York, probeer om na Pakistan vir militante opleiding te gaan.

Albanese het met die hulp van die VSA, in hul stryd teen Serwië in Kosovo, grootliks geskool geraak in militante Islam in die laat 1990’s teen die regime van die destydse Slawiese leier Slobodan Milosevic.

детский интернет магазин харьковОлександр Фільчаков прокурор

SABC-aanstellings ‘n bron van kommer

“Die Vryheidsfront Plus verwerp die aanstellings wat die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie gister op die SABC-raad gemaak het. Al die aanstellings was ANC-voorkeurkandidate en geeneen van die opposisie se kandidate was oorweeg nie. Dit beteken dat die ANC sy greep op die SABC verder versterk het en is ‘n kommerwekkende tendens, spesifiek beskou teen die agtergrond van die komende plaaslike verkiesing,” het adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Kommunikasie, gesê.

“Net soos met die vorige aanstelling van die hele Raad in 2009 waar die ANC kwansuis die opposisie en die VF Plus se kandidate in ag sou neem en selfs sou aanstel, het die ANC sy ooreenkoms gerepudieer en sy eie kandidate aangestel. Hierdie nuwe aanstellings is weereens ‘n bewys dat die ANC nie vertrou kan word nie,” het hy bygevoeg.

Die VF Plus se vorige verteenwoordiger op die parlementêre portefeuljekomitee oor Kommunikasie, dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het in 2007 uit die komitee gestap aangesien die ANC sy meerderheid in die komitee gebruik het om die aanstellings van SABC-raadslede te stoomroller. Hy het by die geleentheid gesê dat opposisiepartye in die komitee misbruik word deur die ANC om legitimiteit aan ‘n onaanvaarbare prosedure te gee.

Die party sal die werksaamhede van die SABC-raad, nou eintlik ‘n ANC-raad, fyn dophou en sal nie skroom om verdere stappe te neem indien die ANC die SABC vir eie gewin probeer misbruik nie.

детский реглан для девочкиАлександр Фильчаков прокурор

Staak die misbruik van belastingbetalers

“Die regering neem gevaarlike ekonomiese risiko’s deurdat ernstige waarskuwings deur ekonome telkens met aggressie deur ANC-parlementslede begroet en afgekeur word. Belastingbetalers word egter deur die ANC-regering misbruik om ‘n duur staatsdiens, ‘n toenemende aantal maatskaplike toelaes en onrealistiese werkskeppingsteikens te befonds,” het dr. Conrad Beyers, hoofwoordvoerder oor Finansies vir die Vryheidsfront Plus gesê.

Die ekonoom, mnr. Mike Schüss­ler van Economists.co.za, het gister (1 Maart 2010) ernstig gewaarsku oor Suid-Afrika se huidige ekonomiese rigting, insluitende gevaarligte rakende onrealistiese werkskeppingsteikens, maatskaplike toelaes en die toenemende duur staatsdiens. Verlede jaar het die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) ook gewaarsku dat Suid-Afrika se werkskeppingsteikens nie strook met die huidige loononderhandelings nie. In beide gevalle het ANC-parlementslede wat op die portefeuljekomitee oor finansies in die parlement dien, waarskuwings woedend afgeskiet.

“Die ANC-regering se duur belastingstruktuur is besig om te swaar te word vir ‘n krimpende belastingbasis om te dra. Ongeveer 34% (15 miljoen) uit ‘n bevolking van ongeveer 50 miljoen mense ontvang tans maatskaplike toelaes. Dit moet vergelyk word met ‘n belastingbasis van 5,3 miljoen tot 5,6 miljoen mense. Indien die regering nie maatreëls instel om Suid-Afrikaners geleidelik minder afhanklik van maatskaplike toelaes te maak nie, gaan ‘n krisis in die toekoms ontstaan. Die krisis gaan ontstaan in die 2020’s as die belastinginkomste nie meer genoeg gaan wees vir al die toelaes nie. As toelaes dan noodwendig verminder moet word, kan jy ‘n Egipte-situasie in Suid-Afrika kry,” het dr. Beyers bygevoeg.

Volgens die VF Plus behoort die regering eerder belastingtoegewings aan individuele belastingbetalers te maak indien daar erns met werkskepping is. Die fokus behoort eerder daarop te wees om meer besteebare inkomste in verbruikers se sakke te plaas om sodoende die ekonomie te help groei en meer werksgeleenthede te help skep.

купить вФільчаков Олександр Васильович

Polisievoertuie vergader stof

“Die meer as honderd splinternuwe ongebruikte polisievoertuie by Bainsvlei-polisiekantoor (Bloemfontein) wat stof opgaar en nie versprei word aan polisiestasies wat ‘n tekort aan voertuie het nie, bevorder misdaad. Om te beweer die administrasie vir die verspreiding is omvattend en vertraag die proses is onaanvaarbaar en getuig eerder van laksheid en onbevoegdheid. Die feit dat Bloemspruit-polisiestasie nie genoeg voertuie gehad het om na ‘n misdaadtoneel te gaan nie en dat mnr. Hennie Viljoen met klippe doodgeslaan is, bewys dat hierdie vertraging van uitreiking van die voertuie misdaad bevorder,” sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

“Die Vryheidsfront Plus sal hierdie aangeleentheid direk met die minister van Polisie, mnr. Nathi Mthethwa, in die parlement opneem en verwag onmiddellike optrede,” het Groenewald gesê.

детские игртопкарго отзыв

Sarko buig voor Brics

Nicolas Sarkozy sal Woensdag vir Jacob Zuma in Frankryk as leier van ‘n opkomende groot mag verwelkom. Zuma sal ook as sleutelspeler optree in Parys se plan om die G20 tydens haar presidentskap te gebruik om die wêreld se finansiële instellings te hervorm.

Sarkozy hou tans die roterende presidentskap van beide die Groep van Agt (G8) en G20, en Zuma lei as die nuutste lid van die invloedryke “Brics”, wat die snelgroeiende ekonomieë van Brasilië, Rusland, Indië, China en Suid-Afrika insluit.

As sodanig Zuma sal met volle eerbewys onthaal word in ‘n hoofstad waar Afrika-aangeleenthede tradisioneel rondom kliëntstate en olieprodusente in die voormalige Franse kolonies draai.

Sarkozy is begaan daaroor dat sy G20-nalatenskap die hervorming van die wêreld se finansiële en handelstelsel sal wees. Ten einde die wanbalanse wat gelei het tot die onlangse wêreldwye ekonomiese ramp uit te stryk, het hy die ondersteuning van die Brics nodig.

Om die opkomende lande se ondersteuning vir sy mark- en die wisselkoers regulasieplanne te kry, het hy ontwikkelingshulp en ‘n wêreldbelasting op finansiële transaksies as die hart van sy ambisieuse program in gedagte.

En deur die Engels-sprekende lande soos Suid-Afrika en Nigerië te betrek, hoop hy om Frankryk se reputasie van nougesette belangstelling in dié dele van Afrika wat oorheers word deur die Franse maatskappye en donker invloednetwerke, teen te werk.

Zuma, wat Frankryk sedert 2008 reeds drie keer besoek het en wat die eregas by verlede jaar se France-Afrika-spitsberaad was, sal dus al die prag wat Parys kan bied geniet, insluitende ‘n erewag deur die beroemde Republikeinse Garde.

Hy sal Woensdag ‘n staatsbanket in sy eer bywoon, en vergaderings met eerste minister Francois Fillon, die sprekers van beide Franse parlementêre kamers en met die burgemeester van Parys hou.

Die leiers sal die G8-G20 agenda bespreek, en die golf van rewolusies wat die Arabiese wêreld teister, asook die talle krisisse in Afrika, in lande waar die plaaslike reus Suid-Afrika invloed uitoefen.

Afgesien van die politieke krisis in Soedan en Madagaskar, sal Sarkozy die gebeure in die Ivoorkus bespreek, waar Frankryk invloed oor Laurent Gbagbo verloor het en vrees dat sy weiering om uit te tree die land in burgeroorlog sal dompel.

Die grootste deel van die lande van die Afrika-Unie, saam met die breër internasionale gemeenskap, meen dat Gbagbo behoort te gaan en die leisels aan die mededinger Alassane Ouattara moet oorhandig.

Maar Suid-Afrika en Angola is minder oortuig, en Zuma pleit vir ‘n kompromie-oplossing, wat Ouattara se ondersteuners woedend het. Hulle het met die Suid-Afrikaanse president se motor omsingel en geskree: “Zuma dief!” op sy besoek verlede week aan Abidjan.

“Ons het nie hoop laat vaar om sy gedagte te verander nie,” het ‘n Franse amptenaar gesê. “Ons moet nie oordryf oor Suid-Afrikaanse se invloed nie, maar dit sou ‘n harde slag vir Gbagbo wees as Pretoria ‘n duidelike standpunt teen hom inneem.”

Natuurlik, tesame met die internasionale agenda, hoop beide lande so ‘n hoë-profiel besoek sal bilaterale ekonomiese bande versterk.

“‘n Groot doel van die besoek is om handels- en beleggingsbande met Frankryk te versterk, en die uitdaging van die belangrike handelstekort wat bestaan aan te spreek,” het ‘n Suid-Afrikaanse amptenaar gesê.

Frankryk is die sesde grootste verskaffer van Suid-Afrika se invoere, maar slegs die 19de grootste bestemming vir sy uitvoere.

Frankryk het Suid-Afrika van sy enigste kernkragaanleg, Koeberg, voorsien en staatsenergiereus Areva is gretig om twee van sy nuwe generasie EPR-aanlegte aan Suid-Afrika te verkoop om die elektrisiteitsgaping aan te spreek.

Maar geen kontrakte sal na verwagting hierdie week onderteken word nie. “Suid-Afrika is besig met die hersiening van die hele energiestrategie, so daar sal nie enige besluit oor hierdie saak wees nie,” het ‘n werkgewer van Sarkozy toegegee.

Frankryk verwag nietemin dat ‘n nuwe vennootskapraamwerkooreenkoms, wat ‘n miljard euro in belegging in Suid-Afrika voorsien, deur die Franse Internasionale Ontwikkelingsagentskap onderteken sal word.

укладка половой доски на фанерулобановский класс харьков

Petrolprys moet dringend hersien word

Die VF Plus gaan die minister van Energie versoek om die prysformule van petroleum dringend te hersien wat besparings kan meebring vir die vuisvoos publiek. Die VF Plus het hom by die Kaapse Handelskamer aangesluit in die oproep dat die huidige formule argaïes is en nie meer relevant is vir vandag se omstandighede nie. Adv. Anton Alberts, VF Plus-parlementêre woordvoerder oor Energie, het aangedui dat die prysformule uit die dae van Suid-Afrika se ekonomiese isolasie kom en nou gevolglik werklikheidsvreemd geword het.

Vanaand se brandstofprysverhogings kom teen die agtergrond van al hoe meer belastings wat teen individue gehef word, soos tolhektariewe, groenbelastings en ‘n groeiende klomp sluipbelastings. Derhalwe gaan die VF Plus die minister versoek om die formule te herevalueer en kompetisie in die mark toe te laat.

“Indien ons nie dringend aan verskeie wyses dink om die druk van die belastingbetaler, padverbruiker en die middelklas in die algemeen af te haal nie, gaan Suid-Afrika moet begroot vir ‘n toekoms vol onrus en belastingsopstote,” het adv. Alberts gesê.

справки 086-уОлександр Фільчаков прокурор

Kernoorlog sal goed wees vir aardverwarming

‘n Kernoorlog sal ‘n katastrofe wees, nie waar nie?

Nee, nie noodwendig nie, sê wetenskaplikes van NASA. Verskeie ander instellings stem saam dat ‘n kernontploffing waarin meer as ‘n honderd bomme van Hirosjima se lading afgaan, dalk die antwoord op aardverwarming kan wees.

Indien 0,03% van die wêreld se huidige kernarsenaal opblaas, sal dit 5 miljoen metriese ton swart koolstof in die laagste dele van die atmosfeer instuur.

Lees verder.

slots noАлександр Фильчаков прокурор

Ivoorkus ignoreer wapenembargo

Verwarring het Maandag by die VN geheers nadat Belarus ‘n wapenverbod teen die Ivoorkus verbreek het deur die lewering van aanvalshelikopters aan Laurent Gbagbo, die leier wat weier om af te stap na ‘n omstrede verkiesing.

Gbagbo se regering ontken die verslag as ‘n “leuen” en sekere VN-diplomate het gesê die bewering bly onbevestig. Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon, wie se kantoor aanvanklik die aanklag gemaak het, het dit later versag in kommentaar aan verslaggewers.

‘n VN-woordvoerder het aangedui dat die beskuldiging spruit uit die verslae wat ontvang is van VN-kenners gemoeid met die monitering van die embargo.

Die bewering volg ‘n week sedert magte lojaal aan Gbagbo en ondersteuners van Alassane Ouattara – wat byna universeel erken word as wenner van die November 28-verkiesing – geweervuur uitruil.

Die verwarring beteken moontlik die wêreld se top kakaoprodusent staan op die vooraand van ‘n volskaalse burgeroorlog. Kakaopryse het Maandag ‘n hoogtepunt bereik soos vrese dat oorlog kan uitbreek, toegeneem het.

‘n Woordvoerder van Ban het oornag ‘n verklaring uitgereik en gesê: “Die sekretaris-generaal het met groot besorgdheid kennis geneem van drie aanvalshelikopters en verwante materiaal uit Belarus gelewer aan Yamoussoukro [die hoofstad] vir mnr Gbagbo se magte.”

“Dit is ‘n ernstige skending van die embargo teen die Ivoorkus wat in plek is sedert 2004,” het hy bygevoeg.

Die buitelandse ministerie van Belarus ontken enige skending van die embargo, volgens Rusland se Interfax-nuusagentskap. Gbagbo se regeringswoordvoerder Ahoua Don Mello het gesê: “Geen wapens is in die Ivoorkus ontvang wat ‘n skending van die embargo is nie.”

фасадная штукатурка купитьпрокурор харьковской области