Aandklokreël in Tunisië ingestel

Tunisië se Lente-rewolusie het nog geweld gebaar.

Die Amerikaanse vise-president Joe Biden, noem egter die Arabiese Lente steeds ‘n “demokratiese beweging“.

Op dieselfde dag as sy toespraak, het die Egiptiese hoë hof die Islamitiese meerderheid in die parlement nietig verklaar en die Egiptiese weermag het beheer van die wetgewer oorgeneem.

‘n Aandklokreël moes in agt streke in Tunisië, insluitende die hoofstad, ingestel word ná onluste oor ‘n omstrede kunsuitstalling uitgebreek het.

Die regering blameer Salafiste, ‘n Moslemsekte, vir die geweld, het ‘n beampte van die ministerie van binnelandse sake gesê.

Die aanklokreël van agt uur is ingestel na verskeie gewelddadige aanvalle uit protes teen ‘n kunswerke met uitbeeldings van insekte wat die woord, “Allah” spel.

Polisiekantore is ook aan die brand gesteek. Nourredine Bhiri, die land se minister van justisie, het gesê diegene wat geweld aanstig sal ‘n “duur prys betaal”.

Salafiste het egter ontken dat hulle by die onluste betrokke is.

Die aandklokreël geld in die stede Sousse, Monastir, Jendouba en Ben Guerdane.

Intussen is Zine el-Abidine Ben Ali, voormalige president van Tunisië, deur ‘n militêre hof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ben Ali is gevonnis vir sy rol in die dood van betogers teen sy regime tydens verlede jaar se opstande. Altesaam 22 mense is in die opstande dood.

Staatsaanklaers het gevra dat Ben Ali, wat in ballingskap in Saoedi-Arabië is, die doodstraf opgelê word.

лобановский александр игоревич

Britse pedofiele vas voor Spele

Die polisie het klopjagte onderneem by die huise en eiendomme van tientalle vermeende pedofiele in Brittanje en het 76 mense, insluitende ‘n afgetrede onderwyser, in hegtenis geneem.

Beamptes van 40 taakmagte wat onder die beheer van die Child Exploitation and Online Protection Center ontplooi is, het 141 lasbriewe uitgereik.

Die oortredings sluit onder andere in die besit en verspreiding van onsedelike beeldmateriaal van kinders.

Kate Fisher, ‘n navorser by die sentrum, sê die beelde wat deur pedofiele afgelaai word, word toenemend meer ekstreem, sadisties en gewelddadig. Dit bevat ook toenemend meer jonger kinders.

Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was ook ‘n skeidsregter, patoloog, brandbestryder en rekenaarprogrammeerder.

лобановский александр игоревич харьков

Man kritiek na Zandspruit-skietery

‘n Man is gewond toe hy tydens ‘n betoging by die Zandspruit- informele nedersetting, wes van Johannesburg, geskiet is, het die polisie gesê.

Die skietery het Woensdagaand plaasgevind toe twee groepe van die betogers vermoedelik stry gekry het.

Ooggetuies het aan die polisie gesê een groep wou buitelanders se winkels plunder terwyl die tweede groep dit wou keer, het lt.kol. Lungelo Dlamini gesê.

Hy sê die man is in ‘n kritieke toestand na die Helen Joseph-hospitaal in Johannesburg geneem.

Die polisie ondersoek ‘n saak van poging tot moord.

Dlamini sê die polisie het Woensdag 12 mense aangekeer wat teen swak dienslewering betoog het.

Hy sê die verdagtes sal in die Randburg-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.

Dlamini sê die polisie hou steeds wag.

Beyers Naudé-rylaan naby die Zandspruit- informele nedersetting is Woensdag en Donderdag gesluit nadat betogers motors met klippe bestook het.

Фильчаков прокурор

Dwelmvonds in Wes-Kaap

Beslag is Donderdag gelê op dwelms met ‘n straatwaarde van meer as R900 000 in Kaapstad, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Vier mans, tussen die ouderdomme van 32 en 37, is by ‘n drankwinkel in Maitland in hegtenis geneem, saam met twee vroue, onderskeidelik 20 en 25 jaar oud, het ao. November Filander gesê.

Die vier mans is van Nigerië, terwyl een van die vroue ‘n Zimbabwiër is.

“Tien bondels tik, met ‘n waarde van meer as R300 000, is onder die toonbank gevind, tesame met ongeveer R1 miljoen se kontant.”

Die Valke en Misdaadintelligensie het ook Donderdag nog drie mans, tussen die ouderdomme van 41 en 54, in New Marketstraat in Kaapstad in hegtenis geneem vir die besit van dwelms van meer as R600 000.

“Die polisie het hul voertuig deursoek en 12 000 Mandrax-tablette, sowel as ‘n groot hoeveelheid kontant in die mans se besit gevind.”

Al die persone wat in hegtenis geneem is, sal binnekort in die Kaapstad-landdroshof verskyn.

Фильчаков прокурор харьков

Boer geskiet toe huishulp invaller inlaat

‘n Boer is byna noodlottig gewond in ‘n skietery toe ‘n swart aanvaller wat sy huishulp ingelaat het, op hom losgebrand het, berig OFM.

Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die 33-jarige huishulp het Donderdagmiddag aan ‘n deeltydse werker toegang tot die plaashuis op Soutpan verleen.

Die swart aanvaller het op die 58-jarige boer geskiet, maar hy het daarin geslaag om die verdagte te ontwapen. Die huishulp is ook gewond.

Die radiostasie berig die boer en huishulp is in die hospitaal vir behandeling.

Die polisie het nog nie name bekend gemaak nie.

Данильченео

Geen wit werk in Johannesburg: ANC

“Ons staan aan die begin van die nuwe finansiële jaar in die Johannesburg Metro en die Uitvoerende Burgemeester, Parks Tau (ANC) het dit baie duidelik gemaak dat geen werk vir wittes geskep sal word nie en dat die ANC sy Swart Ekonomiese Bemagtiging-strategie aggressief sal navolg”, het Franco de Lange, VF+ Hoofsweep in die Johannesburg metro gesê.

Die uitlating spruit uit die vrae wat Rdl de Lange al vyf keer in die Raad gevra het oor ‘n periode van drie jaar.

In die vorige termyn van 2006 tot 2011 het die stad se EPWP projekte 165 000 korttermyn werksgeleenthede geskep waar jong mense sekere vaardighede kon leer om hulle vir die privaatsektor voor te berei. Die VF+ het ‘n voorstel ter tafel gelê dat die stad vir elke tien swart aanstelings, een blanke in diens kan neem maar die ANC het geen belangstelling getoon nie.

Raadslid de Lange het beklemtoon dat armoede regoor die kleurgrens strek en dat werkskepping nie net na die een kant toe kan plaasvind nie. Hy het ook ‘n dringende beroep op die regering gedoen dat dit nou hoog tyd is om van regstellende aksie ontslae te raak want dit veroorsaak rassespanning tussen Suid-Afrikaners.

прокурор харьковской области

Vervalste sigarette uitgerook

‘n Man is Woensdag in hegtenis geneem nadat hy in besit van meer as R70 000 se gesmokkelde sigarette in Warmbad betrap is, het die polisie in Limpopo gesê.

Die Zimbabwiese burger is in hegtenis geneem nadat polisiebeamptes wat op patrollie was sy wit Toyota Quantum Woensdagoggend op die R101 afgetrek en deursoek het, het lt. kol. Malesela Ledwaba gesê.

“Die sitplekke van die voertuig is uitgehaal en die hele voertuig was gevul met vervalste sigarette.”

Hy sal na verwagting binnekort in die Bela-Bela-landdroshof verskyn.

Фильчаков прокурор отзывы

Die koste om presidente in die lug te hou

Die koste om president Jacob Zuma en adjunkpresident Kgalema Motlanthe na hulle onderskeie verpligtinge te vervoer sedert hulle die ampte aanvaar het, het die belastingbetaler meer as 210 miljoen rand gekos, het RSG berig

In geskrewe antwoorde op twee vrae in die parlement, het die vorige minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu gesê Zuma en Motlanthe het 499 vlugte met vliegtuie van die Lugmag onderneem.

Sisulu is eergister uit dié pos verskuif en is nou die minister van die Staatsdiens en Administrasie.

Александр Фильчаков Васильевич

Rugby op die lug, nie kassie nie

Die SABC het bekendgemaak dat die oorblywende twee rugbytoetse tussen Engeland en die Springbokke regstreeks op die uitsaaier se radiostasies uitgesaai sal word.

In ‘n gesamentlike verklaring met die houer van die uitsaairegte, SuperSport, het die SABC bevestig dat die wedstryde nie op sy televisiekanale uitgesaai sal word nie.

Die waarnemende bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng sê die SABC sal geleenthede uitsaai waarvoor hy die regte het.

Die bestuurshoof van SuperSport, Happy Ntshingila sê SuperSport het televisie-uitsaairegte vir die Springbokke se wedstryde aan die SABC aangebied.

Фильчаков прокурор харьков

Isidingo-atlejee by SABC in brand vernietig

‘n Brand het gisteraand uitgebreek in die SAUK-geboue in Johannesburg in die deel waar televisieproduksies vervaardig word.

Volgens die uitsaaier se Veiligheidsafdeling het die brand in Ateljee 5 en 6 van Henley Studios begin waar die sepie Isidingo verfilm word. Die brandweer is vanoggend steeds op die toneel. Die oorsaak van die brand en omvang van die skade is nog nie bekend nie.

“Die brand het by Studio ses gisteraand om 08:00 uitgebreek en die brandweer was nie in staat om die vuur te stop nie,” het woordvoerder Niel Rooi gesê.

“Daar is ‘n baie rook en hulle is besig die gebou af te damp. Ons sal nie vertrek totdat ons seker is dat die vuur is uit nie.”

Kaizer Kganyago, SABC-woordvoerder, het gesê die brand het uitgebreek het by “Isidingo” se produksie-ateljees. Isidingo is ‘n sepie op SABC3 op 19:30, weeksdae.

“Niemand is beseer nie. Ons sal die situasie vanoggend beoordeel,” het hy gesê.

“Die oorsaak van die brand, asook skade assessering sal gedoen word vanoggend Ons is nie bekommerd nie want programme sal voortgaan om uit te saai soos normaal.”

SABC se waarnemende hoof Hlaudi Motsoeneng het op Morning Live gesê dat die vuur van die openbare uitsaaier tiene van miljoene rande sou kos.

“Soos u weet is ons finansieel nie gesond nie,” het hy gesê.

“Dit is iets wat ons nie weet hoe om te hanteer nie, maar ons sal daar kom.”

Kganyago het gesê hulle is nie seker of die vuur versprei het na ander ateljees nie.

topcargo