‘n Boer is byna noodlottig gewond in ‘n skietery toe ‘n swart aanvaller wat sy huishulp ingelaat het, op hom losgebrand het, berig OFM.
Ian Gaobepe, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, sê die 33-jarige huishulp het Donderdagmiddag aan ‘n deeltydse werker toegang tot die plaashuis op Soutpan verleen.
Die swart aanvaller het op die 58-jarige boer geskiet, maar hy het daarin geslaag om die verdagte te ontwapen. Die huishulp is ook gewond.
Die radiostasie berig die boer en huishulp is in die hospitaal vir behandeling.
Die polisie het nog nie name bekend gemaak nie.
