Die uitlating spruit uit die vrae wat Rdl de Lange al vyf keer in die Raad gevra het oor ‘n periode van drie jaar.
In die vorige termyn van 2006 tot 2011 het die stad se EPWP projekte 165 000 korttermyn werksgeleenthede geskep waar jong mense sekere vaardighede kon leer om hulle vir die privaatsektor voor te berei. Die VF+ het ‘n voorstel ter tafel gelê dat die stad vir elke tien swart aanstelings, een blanke in diens kan neem maar die ANC het geen belangstelling getoon nie.
Raadslid de Lange het beklemtoon dat armoede regoor die kleurgrens strek en dat werkskepping nie net na die een kant toe kan plaasvind nie. Hy het ook ‘n dringende beroep op die regering gedoen dat dit nou hoog tyd is om van regstellende aksie ontslae te raak want dit veroorsaak rassespanning tussen Suid-Afrikaners.
