Die koste om president Jacob Zuma en adjunkpresident Kgalema Motlanthe na hulle onderskeie verpligtinge te vervoer sedert hulle die ampte aanvaar het, het die belastingbetaler meer as 210 miljoen rand gekos, het RSG berig
In geskrewe antwoorde op twee vrae in die parlement, het die vorige minister van Verdediging, Lindiwe Sisulu gesê Zuma en Motlanthe het 499 vlugte met vliegtuie van die Lugmag onderneem.
Sisulu is eergister uit dié pos verskuif en is nou die minister van die Staatsdiens en Administrasie.
