Wag se tong uitgesny

‘n Veiligheidswag se tong is uitgesny gedurende die aanloop tot die Marikana-slagting, het die Farlam-kommissie Dinsdag gehoor. Hy is in Augustus tydens geweldadige betogings gedood.

Die inligting vorm is vervat in kol. Victor Visser se voorlegging oor die gebeure wat gelei het tot die skietery by Marikana op 16 Augustus. Vier-en-dertig mynwerkers het in die geweld omgekom.

Tien mense, insluitend twee veiligheidswagte en twee polisiebeamptes, is die week voor die voorval dood. Nog twee mense is ná die skietery dood.

Visser het ‘n tydlyn van die gebeure aan die kommissie voorgelê.

Die kommissie, wat gelei word deur die afgetrede regter Ian Farlam, is aangestel om die slagting by Marikana te ondersoek.

Visser het veral verwys na die konflik tussen die vakbonde NUM en Amcu.

Hy het verduidelik dat die spanning baie hoog geloop het op 12 Augustus, ná verskeie mynwerkers die vorige paar dae gewond is.

Die polisie het in daardie stadium inligting ontvang dat daar planne was om die plaaslike NUM-kantore af te brand. Bykomende polisiebeamptes is daarna in die gebied ontplooi.

Die kommissie het ook na foto’s van die wagte se lyke gekyk. Een van die wagte se tong was uitgesny.

‘n Ander foto het gewys hoe ‘n groep betogers van die toneel vlug met ‘n gesteelde haelgeweer.

Die ondersoek duur voort.

Фільчаков прокурор

Obama die wenner, sê mediavooruitskattings

‘n Oorwinning vir pres. Barack Obama word voorspel in die verkiesingstryd teen sy Republikeinse teenstander, Mitt Romney, deur Amerikaanse televisienetwerke.

Obama het teen vroeg Woensdagoggend oorwinnings in ‘n aantal sleutelstate agter sy naam gehad en projeksies het aangetoon dat hy die nodige stemme in die kieskollege sal werf om as die VSA se president vir ‘n tweede termyn te dien.

CNN het pres. Barack Obama Woensdagaand as die wenner van die Amerikaanse presidentsverkiesing aangewys.

NBC en CBS se projeksies het ook gewys dat Obama die stryd gewen het.

Obama se grootste prestasies in sy eerste termyn sluit die uitbreiding van oorloë dmv onbemande tuie in die Midde-Ooste in, die redding van die Amerikaanse motorvervaardigingsbedryf sowel as die dood van Osama bin Laden.

Sy oorwinning beteken ook dat ‘n omstrede gesondheidsorgplan en finansiële hervorming geïmplementeer sal word.

данильченко юрій броніславович

Situasie in De Doorns gespanne

Ongeveer 8 000 plaaswerkers het Dinsdag in De Doorns byeengekom ná gewelddadige oproer waarin wingerde in ligte laie gelaat is, het ‘n amptenaar van die Wes-Kaapse departement van landbou gesê.

“Die situasie is baie gespanne, maar dit lyk op die oomblik of die polisie beheer geneem het. Hulle het ook vir versterkings gevra en ‘n helikopter is op pad,” het Wouter Kriel, woordvoerder vir Gerrit van Rensburg, die LUR vir landbou, gesê.

Hy het gesê dit lyk of die groep ‘n opmars wil reël.

Van Rensburg, die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, en die LUR vir kulturele sake en sport, Ivan Meyer, het om 08:00 met die polisie vergader om met ‘n plan van aksie vorendag te kom.

“Daar is geen spesifieke leiers of lys van eise nie… die een ding wat baie belangrik is, is om ‘n dialoog aan die gang te kry,” het Kriel gesê.

Die N1 tussen Touwsrivier en De Doorns moes Maandag gesluit word toe plaaswerkers op die pad saamgedrom het.

Meer as 30 hektaar wingerde is tydens die oproer vernietig.

“Hierdie is nie ‘n staking nie en dit is nie deur plaaswerkers gereël nie, al is daar plaaswerkers onder die betogers. Dit wil voorkom of daar ‘n politieke motief is,” het Kriel gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Prof en vrou in Pretoria geskiet

‘n Professor aan die Universiteit van Pretoria (UP) is in ‘n kritieke, dog stabiele toestand in die hospitaal nadat hy deur inbrekers in sy huis in Elarduspark geskiet is, het Beeld berig.

Prof. Max Braun, hoof van die UP se departement wetenskap-, wiskunde- en tegnologie-onderrig, is in die maag geskiet en moes 12 bloedoortappings ondergaan nadat hy weens die skietwond sowat vyf liter bloed verloor het.

“Hulle het eers gedink hy gaan dit nie maak nie, maar dit klink of hy nou vordering maak,” het Clare Braun, sy vrou, wat tydens die voorval in die linkerskouer geskiet is, gesê.

Sy en haar man het Saterdagoggend wakker geskrik toe hulle ‘n geluid gehoor het. Hulle het toe gaan ondersoek instel en hulle in die donker gang in die rowers vasgeloop.

“Ek het onmiddellik gedink hulle breek alweer by ons in, want ons het oor die afgelope 30 jaar seker al tien inbrake gehad,” het sy gesê.

“Dit was baie donker, maar ek dink daar was drie rowers. Die een het my arm gegryp en ek het weggeruk. Daarna het hulle net geskiet.”

Kapt. Pinky Sinyane het gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Александр Фильчаков прокурор

Roodepoort SAPD vir roekelose bestuur aangekla

Die Roodepoort SAPD se personeelbussie was onlangs in ‘n botsing betrokke.

‘n Saak van roekelose bestuur is op 29 Oktober geopen na ‘n botsing tussen ‘n maroen Renault Cleo en die Roodepoort SAPD se personeelbussie in Sonopstraat.

Volgens kolonel Chris Wilken van die Roodepoort SAPD het die bestuurder van die polisievoertuig in ‘n verklaring verduidelik dat hy by ‘n stopteken in Sonopstraat gestop het voordat die ongeluk gebeur het.

“Volgens die bestuurder het hy by die stopstraat gestop en in albei rigtings gekyk voordat hy die pad oorgesteek het,” sê Wilken.

In die bestuurder se verklaring bevestig hy dat hy in die middel van die pad was toe die maroen motor in sy rigting gery kom.

“Hy sê dat hy tot op daardie stadium glad nie die motor gesien het nie,” sê Wilken.

Volgens die Record se waarneming het die maroen voertuig ten die tye van die ongeluk ryvoorrang gehad omdat hy in ‘n westelike rigting verby die punt gery het waar die polisievoertuig moes stop.

Wilken verduidelik egter dat die verloop van die saak nog bepaal moet word.

“Die dossier sal teen Maandag 12 November die aanklaer se kantoor bereik, waarna meer inligting bekend gemaak sal word,” sê Wilken.

Данильченко

Pinky sny ‘n lyn

Telkom-aandele het met byna 4% gedaal na nuus dat die maatskappy se vyfde hoof uitvoerende beampte in sewe jaar, Nombulelo “Pinky” Moholi, gaan bedank.

Die aandele het effens herstel deur die middag, met ‘n 3% verlies op sy opening prys, maar reaksie op Moholi se bedanking is een van kommer oor die toekoms van Telkom.

Moholi was die eerste swart vrou aan die hoof van ‘n genoteerde telekommunikasie-maatskappy by die Johannesburgse Aandelebeurs nadat sy in die posisie aangestel is in April verlede jaar. Sy het waarnemende hoof Jeffrey Hedberg vervang, wat in 2011 besluit het om nie sy kontrak te hernu nie.

Sy het voorheen gewerk vir Telkom as hoof van verkope en bemarkingsbeampte, en daarna ‘n paar jaar by Nedbank, voordat sy na Telkom teruggekeer het as besturende direkteur en uiteindelik aangestel is as uitvoerende hoof.

Aandele in Telkom het byna 40% tot dusver vanjaar gedaal, ‘n duidelike aanduiding van ‘n gebrek aan beleggersvertroue. Die situasie sal waarskynlik nie verbeter nie in die lig van gerugte van voortgesette regering inmenging.

Telkom se R449 miljoen boete by die Mededingingstribunaal, ‘n mislukte poging om uit te brei in Nigerië, en ‘n onsuksesvolle bod vir 20% van die semistaatsinstelling Korea Telecom. Voeg daarby die swak prestasie van die semistaatsinstelling.

Telkom moet ‘n “waardige opvolger” vir “Pinky” Moholi, uitvoerende hoof van die maatskappy, vind, het Solidariteit gesê.

“Moholi is een van die paar Telkom- uitvoerende hoofde wat oor die afgelope jaar bedank het…” het Marius Croucamp, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Hy het bygevoeg dat Moholi se bedanking “tot verdere onstabiliteit in die maatskappy [sal] lei.”

“Solidariteit is bekommerd oor wie die leisels by Moholi gaan oorneem, aangesien haar opvolger weer stabiliteit in die maatskappy moet vestig.”

Фильчаков прокурор

Marikana: Slagoffers was geboei

Van die betogers wat in Augustus in Marikana doodgeskiet is, het glo boeie aan gehad, het die Farlam-kommissie Maandag gehoor.

Dali Mpofu, regsverteenwoordiger van Lonmin-mynwerkers wat by Marikana beseer of in hegtenis geneem is, het kapt. Apollo Mohlaki, ‘n misdaadtoneel-kenner, ondervra.

Mohlaki het gesê hy het nie self gesien dat van die slagoffers geboei was nie, maar het toegegee dat dit so lyk op ‘n video wat aan die kommissie vertoon is.

“Ek het dit nooit by die misdaadtoneel gesien nie. Ek het nie na individuele lyke gegaan om te kyk wie geboei is en wie beseer is nie,” het Mohlaki gesê.

“As ek na die video kyk, lyk dit of daar iemand is wat dalk geboei kon gewees het, maar ek het dit nie op die dag raakgesien nie.”

Vier-en-dertig mynwerkers is op 16 Augustus doodgeskiet toe die polisie op hulle losgebrand het tydens gewelddadige betogings buite Lonmin se myn in Marikana.

Die kommissie, wat gelei word deur die afgetrede regter Ian Farlam, is aangestel om die voorval te ondersoek.

Farlam het voor die videovertoning aan die families gesê dat die beeldmateriaal baie ontstellend is, en dat hulle die gebou kan verlaat as hulle sou wil.

‘n Gelag was hoorbaar aan die einde van die video, maar dit was nie duidelik wie gelag het nie.

лобановский депутат

Was dit ‘n beroerte?

Beamptes van die stad Kaapstad weier glo om kommentaar te lewer oor die inhegtenisneming van die burgemeester, Patricia de Lille, se man, het die Cape Argus Maandag berig.

De Lille se man, Edwin, is Vrydag vir roekelose en nalatige bestuur in Pinelands in hegtenis geneem. Sy het die afgelope naweek gesê haar man het ‘n beroerte gehad.

Die koerant het vrae aan beamptes gestuur wat gewoonlik kommentaar lewer oor verkeersoortredngs. Dié beamptes het toe die versoek na De Lille se woordvoerder, Solly Malatsi, gestuur.

De Lille het gesê die gereg moet sy gang gaan.

“Al die bewyse oor sy gesondheid sal voorgelê word in die hof en ons moet die onafhanklikheid van die howe respekteer.”

De Lille het Saterdag die polisie geprys nadat hulle “haar man se lewe gered het”, berig Eyewitness News.

Edwin de Lille is Vrydag afgetrek en in hegtenis geneem omdat hy vermoedelik gejaag het.

Volgens die berig het hy glo ‘n beroerte gehad, sy tweede beroerte die afgelope drie weke.

“Dank God dat die polisie hom agternagesit en in hegtenis geneem het, want ek dink dit is wat sy lewe gered het.”

Александр Фильчаков прокурор

Plaaswerkeropstand in Wes-Kaap

Sowat 500 plaaswerkers het Maandagoggend op die N1 by De Doorns betoog, het die Wes-Kaap se polisie gesê.

Lt.kol. André Traut sê die werkers betoog as gevolg van ‘n loon-dispuut.

Die snelweg tussen Touwrivier en De Doorns is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit, met verkeer wat deur Ceres herlei is.

Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Die polisie monitor nog die situasie.

Данильченко Юрий Брониславович компромат

Hospitale kanselleer aandbesoek

Die Chris Hani Baragwanath-, Charlotte Maxeke- en Helen Joseph-hospitaal het te midde van vrese oor die veiligheid van hospitaalpersoneel alle besoeke in die aand gekanselleer, het die Sunday Times berig.

Volgens die koerant word besoekers weggewys en sommige het buite die hospitale gekampeer tot die hekke oopmaak vir dagbesoeke.

Dié besluit is gemaak ná ‘n reeks aanvalle op dokters en verpleegsters, ten spyte daarvan dat die departement van gesondheid miljoene rande betaal vir sekuriteit by elke hospitaal.

Dr. Richard Nethononda van die Baragwanath-doktersforum het aan die koerant gesê om weg te doen met aandbesoeke is nie die oplossing nie.

“Mense werk, so om tyd af te kry om pasiënte in die dag te besoek is nie altyd moontlik nie. Ons moet aanpasbaar wees.”

Die Demokratiese Alliansie het die hospitale gekritiseer omdat hulle groot bedrae geld bestee aan onproduktiewe sekuriteitstelsels.

“Die departement bestee jaarliks sowat R140 miljoen vir sekuriteit by hospitale, maar kry baie swak waarde van sekuriteitsmaatskappye wat nie behoorlike werk doen nie,” het Jack Bloom, DA-woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Die departement van gesondheid kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Фильчаков прокурор