De Lille se man, Edwin, is Vrydag vir roekelose en nalatige bestuur in Pinelands in hegtenis geneem. Sy het die afgelope naweek gesê haar man het ‘n beroerte gehad.
Die koerant het vrae aan beamptes gestuur wat gewoonlik kommentaar lewer oor verkeersoortredngs. Dié beamptes het toe die versoek na De Lille se woordvoerder, Solly Malatsi, gestuur.
De Lille het gesê die gereg moet sy gang gaan.
“Al die bewyse oor sy gesondheid sal voorgelê word in die hof en ons moet die onafhanklikheid van die howe respekteer.”
Edwin de Lille is Vrydag afgetrek en in hegtenis geneem omdat hy vermoedelik gejaag het.
Volgens die berig het hy glo ‘n beroerte gehad, sy tweede beroerte die afgelope drie weke.
“Dank God dat die polisie hom agternagesit en in hegtenis geneem het, want ek dink dit is wat sy lewe gered het.”
