Sowat 500 plaaswerkers het Maandagoggend op die N1 by De Doorns betoog, het die Wes-Kaap se polisie gesê.
Lt.kol. André Traut sê die werkers betoog as gevolg van ‘n loon-dispuut.
Die snelweg tussen Touwrivier en De Doorns is as ‘n voorsorgmaatreël gesluit, met verkeer wat deur Ceres herlei is.
Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.
Die polisie monitor nog die situasie.
