Daar heers steeds apartheid in Amerikaanse kerke

Eerwaarde Paul Earl Sheppard, 'n senior pastoor in 'n voorstedelike kerk in Kalifornië, sê rasgeïntegreerde kerke is moeilik om te skep en selfs moeiliker om die gang te hou.

Godsdienstige akademici en lede van interrassige kerke sê sommige swartes, asook blankes, verkies aparte Sondae.

Slegs 5 persent van Amerikaanse kerke is geïintegreer wat ras betref.

Die helfte is besig om heeltemal swart of heeltemal blank te word, sê Curtiss Paul DeYoung, 'n skrywer en navorser.

Groot denominasies soos die Metodiste, Baptiste en Presbiteriane het in die 19de eeu oor ras verdeel toe hulle lede mekaar die stryd oor die slawernykwessie aangesê het.

стоматологияАлександр Фильчаков Васильевич

Brittanje se Tories striem manstydskrifte

Tydskrifte soos Nuts en Zoo moedig jongmans aan om aan vroue as permanent beskikbaar te dink.

Die skadukinderminister Michael Gove sê indringende vrae moet gevra word oor die kitshedonisme wat deur moderne manstydskrifte gepropageer word.

Hulle hemel die soek van opwinding en onmiddellike bevrediging op sonder enige gedagte van verantwoordelikheid of verbintenis teenoor ander, het hy gesê.

Vrouetydskrifte, aan die ander kant, behandel hul lesers op 'n volwassse en verantwoordelike manier, het Gove aan die Instituut vir Openbarebeleidsnavorsing gesê.

оборудование баниФильчаков прокуратура харьков

A24, Afrika deur die Afrikane

A24 gaan 'n nuusportaal vir Afrika wees. Salim sê Afrika kan net deur Afrikane gedek word.

A24 sal tegnologie gebruik om die beste keuse van die vasteland se produsente en aanlynjoernaliste saam te stel.

Hulle wil die werk aan meer as 200 private en openbare televisiestasies in Afrika, die Midde-Ooste, Noord-Amerika en Europa verkoop.

Die A24-webwerf sal as agentskap vir 'n produk van hoë gehalte dien.

Die webwerf sal dokumentêre werk vertoon, asook sakenuus en reisinligting. Hulle gaan dit nie waag om riskante, hardekwasverslaggewing te lewer nie.

free spins noДанильченко Харьков

Ontsagwekkende Olimpiese akkomodasie

Die span het gisteroggend hul oorblykamp in Suid-Korea verlaat.

Na hul aankoms het die span begin uitpak en hul in hul Spelehuis begin tuismaak.

Die eenhede is drie- en vierslaapkamerwoonstelle wat net buite die Olimpiese stadion gesetel is en binne loopafstand van vele kompetisielokale.

Kajee sê die toestande is fantasties.

Toe hy gevra is wat hy dink, het Ryk Neethling eenvoudig gesê dis ontsagwekkend.какой генератор выбратьданильченко юрій Харків

Twee klein mummies ontleed

Dit mag die oorskot van die jong farao se kinders wees.

Die twee klein vroulike fetusse is in 1922 deur Howard Carter ontdek.

Die toetse is deel van 'n meer uitgebreide program om die DNS van honderde mummies te toets om hul identiteite en familieverwantskappe te bepaal.

Die identiteit van koning Toet se ouers is nie regtig bekend nie.

Die raad sê dat die klein mummies ook onverwant aan koning Toet mag wees maar in die graftombe geplaas kon gewees het om geluk aan hom in die hiernamaals te bring.

жадеит свойства дляФільчаков Олександр Васильович

Mbeki oorweeg regstappe teen Sondagkoerant

Die minister in die presidensie, Essop Pahad, het aan 'n mediakonferensie in Pretoria gesê dat die presidensie kategories ontken dat Mbeki enige geld ontvang het om die transaksie te fasiliteer.

Die minister van openbare ondernemings Alec Erwin het ook die media gekritiseer oor wat hy die absurde aantygings rondom die wapenskandaal noem.

Erwin het verder die media gemaan om die ouditeur-generaal se verslag oor die saak te lees.

сауныалександр лобановский супермаркет класс

Nigeriese vrou haal twee vingers uit haar handsak in die hof

Remi Fakorede, van Nigerië, het die hof vertel dat hulle vanweë toorkrag afgeval het.

Volgens haar het dieselfde toorkuns haar genoop om in bedrog betrokke te raak.

Fakorede, wat dubbele Nigeriese en Britse burgerskap het, het 20 skuilname gebruik om 30 valse kredietaansoeke oor 'n vyfjaarperiode in te dien.

Sy is uitgevang toe sy gepoog het om 'n kindertoelaag met die afgesnyde vingers ook te ontvang.

школьные рубашки для девочектопкарго

VN-gesant kom aan vir Zim-samesprekings

Menkerios, die VN se assistent-sekretaris-generaal vir politieke aangeleenthede, sal Pretoria en daarna Zimabwe besoek vir raadpleging alvorens hy dié naweek na New York terugkeer.

Menkerios dien as die VN-hoëvlakverteenwoordiger in 'n verwysingsgroep.

Die groep sluit die Afrika-Unie en 'n paneel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in.

Dit is opgerig om Suid-Afrikaanse bemiddelaars by te staan en om gereelde inligting oor vooruitgang te verskaf.

паркетная доска как выбратьлобановский александр жена

Absa s? die boubedryf gaan floreer

 
Peter Steyn, die hoof van konstruksie en infrastruktuur by Absa-korporatiewe en sakebank, sê Suid-Afrika ervaar 'n tekort aan produksievermoë.

Hy sê dit sou onrealisties wees om te verwag dat die ekonomie met 4 of 5% gaan groei indien ons nie ons vermoë uitbrei nie.

Steyn sê hoewel die 2010-sokker gehel[p het, sal toekomstige groei deur kragopwekking, padinfrastruktuur en waterverwante beleggings gedryf word.

'n Sleutel-element oor die mediumtermyn gaan die regering se beplande besteding van R600 miljard op infrastruktuur wees.

Die privaatsektor sal waarskynlik 'n mindere rol speel.

Die boubedryf het sedert die jaar 2000 met 10% per jaar gegroei.

большая детская пирамидкаЛобановский

Reitz-studente gaan vervolg word

 
Die Reitz-koshuis is intussen gesluit en die universiteit gaan vier miljoen rand aan 'n diversiteitsinstituut bestee om studente te herprogrammeer om korrek te dink.

Danie Grobler, Johnny Roberts, Schalk van der Merwe en RC Malherbe sal in die landdroshof aangekla word en die swart skoonmaaksters wat aan die video deelgeneem het, gaan teen hulle getuig. Die hof sal waarskynlik moet besluit of die skoonmaaksters vrywillig aan die

maak van die video deelgeneem het.
 
{mosbanner:id=38}
 
Maar in 'n ander geval gaan tien swart studente op dieselfde kampus wat vir kwaadwillige saakbeskadiging in die naloop van die Reitz-video in hegtenis geneem is nie vervolg word nie. Volgens die polisie kan dié studente nie positief met die skade verbind word nie.

Nog 28 swart studente wat 'n hofbevel in Maart verontagsaam het deur op die kampus te betoog, sal ook nie deur die openbare vervolgingsdirektoraat vervolg word nie.

игрушка fisher priceлобановский александр отзывы