Mulder moeg vir propaganda-mites

“Ek is moeg vir debatte wat nie op feite nie maar op propaganda-mites gegrond is,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye op Somerset-Wes gesê.

Dr. Mulder het as spreker opgetree tydens die Wynkelders Suid-Afrika se kongres.

Van hierdie propaganda-mites wat as die waarheid die wêreld ingestuur word, is volgens dr. Mulder dat dit die boere se skuld is dat plase onveilig is; dat die meeste van die veediefstal deur die boere self gepleeg word; dat boere die oorsaak is van al die plakkerskampe en dat die nasionalisering van grond Suid-Afrika se armoede-probleme kan oplos.

Dr. Mulder het ’n vergelyking tussen die vertonings van die ekonomieë van Zambië en  Zimbabwe sedert 1994 getref.

In Zambië se geval, waar die regering private eiendomsreg aanmoedig en vryemarkhervorming suksesvol nagestreef het, het die bruto binnelandse produk (BBP) tussen 1994 en 2008 meer as verdriedubbel (in nominale VSA-dollar-terme).

In Zimbabwe, waar ‘n beleid van nasionalisering gevolg is, het die ekonomie in dieselfde tydperk met bykans die helfte gekrimp; het werkloosheid van 20% na 80% gestyg en het lewensverwagting van 60 jaar na 34 jaar gedaal.

“Sinvolle besluite oor landbou se toekoms in Suid-Afrika moet op sulke feite geneem word en nie op ideologiese propaganda-mites nie,” volgens dr. Mulder

детектор лжи минскФильчаков

Shell blameer omgewingskade op rebelle

Die Nederlandse oliemaatskappy Shell PLC het verlede jaar sowat 14 000 ton ruolie in die waternetwerk van die Niger-delta gestort, het dié maatskappy gesê.

Shell blameer diewe en rebellegroepe vir die skade aan die omgewing.

Die hoeveelheid olie is sowat dubbel dié wat in 2008 in hierdie delta gestort is en vier keer meer as wat in 2007 gestort is.

Shell word gereeld deur rebelle in die streek aangeval, wat pyplyne teiken en werkers gyselaar neem.

bridal head accessoriesалександр лобановский супермаркет класс

Amptenare vas oor stelery by departement van landbou

Agt vroue en drie mans het Woensdag in die KwaMhlanga-landdroshof verskyn nadat hulle die departement van landbou in Mpumalanga van R15 miljoen besteel het, het die polisie gesê.

Kapt. Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die departement se voormalige assistent-direkteur, Vuyo Ngele (34) en die sekretaresse van die distrikbestuurder, is elk op borgtog van R40 000 vrygelaat.

Die ander nege is elk op borgtog van R10 000 vrygelaat.

Die verdagtes verskyn Donderdag weer in die hof.

липецк ремкомплектыФільчаков прокурор

Regbank se onafhanklikheid ongedeerd sê DA

Die kabinet het ‘n nuwe wetsontwerp rakende die regbank Woensdagoggend goedgekeur. ’n Nuwe weergawe van die omstrede voorgestelde Wet op Hoër Howe asook ‘n gepaardgaande grondwetlike aanpassing is aanvaar.

Dié wetsontwerpe is in oorleg met die regbank gefinaliseer. Die administrasie van die howe sal voortaan deel uitmaak van die kantoor van die hoofregter.

Jeff Radebe, minister van justisie, het die aankondiging Woensdag tydens sy begrotingsrede gedoen. Hy het bevestig dat omstrede klousules, wat skerp kritiek van regsgeleerdes ontlok het sedert dit die eerste keer in 2004 ter tafel gelê is, in die wetsvoorstelle geskrap is. 

Sekere klousules het ongelukkigheid veroorsaak aangesien dit bykomende magte aan die uitvoerende gesag oor die regsgesag sou gee. Die minister van justisie, ‘n politieke aanstelling, sou daarvolgens die finale sê oor howe se administrasie gehad het.

Radebe het benadruk dat die onafhanklikheid van die regbank deur die nuwe wet beskerm sal word.

“Die grondwethof sal die land se hoogste hof wees en die hoogste hof van appèl die enigste appèlhof; die hoofregter sal hoof van die regbank wees en sy kantoor sal na ’n volwaardige hofadministrasie uitgebrei word. Die regbank sal ook sy eie hofreëls bepaal,” het hy gesê.

Oor enkele kwessies ontbreek daar egter steeds konsensus tussen die ANC en die regbank oor die bepalings, het Radebe gesê. Hy het bygevoeg dat hoofregter Sandile Ngcobo bedank moet word vir sy skitterende leierskap in die voortsetting van die werk van sy voorgangers, hoofregters Arthur Chaskalson en Pius Langa.”

Die DA het die nuwe wet verwelkom. 

хамам под ключлобановский обыск

Naledi-munisipaliteit onder administrasie

Die Naledi plaaslike munisipaliteit gaan ontbind word en onder administrasie geplaas word, twee dae nadat die burgemeester Motlatsi Motlohi vermoor is deur onbekende sluipmoordenaars.
  
Die bestuur gaan onmiddellik oorgeneem word en Donderdag by die Naledi munisipaliteit (Wepener, Vanstadensrus, Dewetsdorp) aanmeld, het Vrystaatse LUR vir korporatiewe bestuur Mosebenzi Zwane Woensdag gesê. 
  
“As ons nie nou stappe neem nie, kan meer mense sterf,” het hy gesê. 
 
Zwane het die Naledi raadslede erg gekritiseer vir hulle optrede sedert 2006, en gesê dat die meerderheid van hulle “onverantwoordelik” was. 
  
“Hulle respekteer nie hul gemeenskap, respekteer nie die grondwet van die land nie, doen hulle nie hul eie werk as raadslede nie.”
  
Zwane het gesê sy departement het, in die verlede gehelp om Naledi se sake in orde te kry deur die bestuur te ondersteun en te betaal vir die aanstelling van ‘n munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte. 
  
Die departement het gesê elke keer as die provinsie sy steun onttrek het, het die situasie vererger. Dit ten spyte van die departement se voorgetsette betaling van die salarisse van die twee bogenoemde poste.
  
Motlohi is Maandagnag voor sy huis in Wepener doodgeskiet. Polisie het gesê hy is twee keer in die rug geskiet.
Bure, wat die skote gehoor het, het na buite gehardloop en Motlohi halfpad na sy voordeur gevind, terwyl sy voertuig nog geluier het en die ligte was nog aan. 
  
Provinsiale regeringsamptenare het gesê die feit dat ‘n groep mense – nadat hulle van Motlohi se moord gehoor het – die kantoor van Naledi munisipale bestuurder Martin Lerato in Dewetsdorp gestorm en aangeval het, is getuienis van die swak verhoudings in die munisipaliteit.

рейтинг зарядных устройств для автомобильных аккумуляторовлобановский александр жена

Vrae oor FIFA

Die Department van Toerisme, saam met die Department van Sport en Rekreasie, het groot werk wat voorlê om die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi ‘n groot sukses te maak.

Daar is ‘n aantal kommerwekkende kwessies wat aandag verdien, volgens adv Anton Alberts van die VF Plus.

1. Die Minister sal moet aandag gee aan veiligheid. Verlede maand is ‘n skerp styging in buitengewoon gewelddadige misdaad opgemerk. Dit het die land byna tot op die rand van vernietigende konflik  gedwing. Die baie negatiewe siening wat die buitewêreld van Suid-Afrika huldig hou beslis verband met die gebrek aan veiligheid en sekuriteit wat ons in Suid-Afrika ervaar.

2. Ten tweede is daar sekere ondernemings van Suid-Afrika aan FIFA wat kwel.

2.1 MATCH, die amptelike toerismeliggaam van FIFA het Suid-Afrika nou in een van die duurste toerismebestemmings in die wêreld verander. Hulle onmededingende pryse het Suid-Afrika van talle voornemende toeriste beroof en daarna moes hulle die onverkoopte kaartjies op die land aflaai. Watter soort wanvoorstellings is aan MATCH gemaak wat tot hierdie monopolie en mistroostige toestand gelei het? Gaan die ANC die klein plaaslike toerismebedryf vergoed vir hulle verliese?

2.2 As FIFA nie suksesvol is met die bemarking van die geleentheid nie, gaan mnr Blatter nog steeds spog met ‘n gesonde bankbalans?

2.3 FIFA, ‘n multinasionale organisasie wat sekerlik kulturele diversiteit moet verstaan, het niks gedoen om hulle Wêreldbeker-projek in Suid-Afrika in al 11 amptelike tale te implementeer nie. Inteendeel, FIFA het Engels alleen as gebruikstaal besluit ten koste van die inheemse tale wat ons koester. Sal die Department toesien dat diversiteit deur FIFA gerespekteer sal word?

как называется парусный спортлобановский супермаркет класс

Nasionale diensplig nie haalbaar

“Die aankondiging van die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Lindiwe Sisulu, dat sy nasionale weermagdiens weer wil instel, is nie haalbaar nie. Daar is nie eers tans genoeg fondse om die weermag operasioneel op standaard te hou nie, des te meer is daar ook nie fondse om nasionale weermagdiens in te stel nie. Die weermag se bestaande begroting toon reeds ‘n tekort van R3 miljard en oor die volgende twee jaar sal die tekort R4 miljard wees tot 2012. Hieruit is dit duidelik dat die weermag en die land nie ‘n nasionale weermagdiens sal kan bekostig nie,” het mnr. Pieter Groenewald, VF Plus-hoofwoordvoerder oor Verdediging, gesê.

“Die nuut aangekondigde salarisverhogings in die weermag vereis R1,9 miljard, maar Tesourie het slegs R600 miljoen toegestaan, met ander woorde ‘n tekort van R1,6 miljard. Die gevolg is dat operasionele begrotings in die weermag nou aangewend word om salarisse te betaal. Die gevolg is so erg dat kritieke minimum vlakke van beskikbare ammunisie nie gehandhaaf kan word nie. Operasionele vegvlieëniers kan slegs in die dag operasioneel wees, maar nie in die nag nie. Die tekort het ook tot gevolg dat lede van die Militêre Diensontwikkelingsstelsel (MDO) nie behoorlike skietopleiding kan ontvang nie. Daar is tans nie eers genoeg geld om hulle ‘n behoorlike opleiding te gee nie, wat nog te praat van ‘n nasionale weermagdiensstelsel,” het Groenewald gesê.

“Die minister sal drasties moet ingryp om politiek uit die weermag te haal. Die weermag is verpolitiseer deurdat jou politiek bepaal of jy op ‘n kursus gaan of nie. Jou politiek bepaal of jy bevorder word en jou magsnommer en velkleur sê watter politiek jy aanhang. Tans verskil die magsnommers van die ou statutêre en nie-statutêre magte. Alvorens politiek nie verwyder word nie, sal die weermag nie ‘n professionele weermag wees gebaseer op meriete nie,” sê Groenewald.

 

want toФильчаков прокурор харьков

Sisulu ‘n ‘moderne Magnus Malan’

Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, het Dinsdag salarisverhogings vir soldate en pensioenvoordele vir veterane van Umkhonto we Sizwe en Apla aangekondig, ten spyte van dié departement se beroerde finansies.

Benewens groeiende personeelaanstellings wil Sisulu ook graag nasionale diensplig terugbring. Byna die helfte van alle weermagpersoneel is tans HIV-postief. Sisulu het gesê die weermag se doelk is om die land se buitelandse beleid af te dwing.

Sy het ook klem gelê op die waarde van militêre opleiding omdat die weermag in die VSA glo die nuwe gesig van leierskap verteenwoordig. Sy het verwys na April se uitgawe van Fortune Magazine waar melding gemaak word van groot maatskappye wat militêre personeel werf.

Wal-Mart asook twee studies deur Harvard en MIT wat in 2006 voltooi is, sê die menslike hulpbronkomponent van die weermag is goud werd, volgens Sisulu.

David Maynier (DA) het gewaarsku dat die weermag in ’n gewapende welsynsorganisasie gaan verander. Hy het gesê Sisulu loop die gevaar om in ’n “moderne Magnus Malan” te verander.

Volgens Maynier is die parlement in die duister oor hoe die departement van verdediging bestuur word. Die parlement weet ná amper ’n jaar steeds nie wat die werklike vlak van paraatheid is nie, het hy gesê.

сварочный инвертор слобановский александр дочь

Toeris het slenkdalkoors onderlede

Die eerste geval van ‘n toeris na Suid-Afrika wat met slenkdalkoors gediagnoseer is, is Dinsdag deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) bevestig.

Dié gevreesde virus het reeds vyftien mense se lewens in die land geëis.

Sedert die siekte aan die begin van die jaar begin versprei het, is dit by 172 mense landwyd gediagnoseer.

Die Duitse toeris wat met die siekte gediagnoseer is, het landelike gebiede en wildtuine langs die kus in die Oos-Kaap en Wes-Kaap besoek, het die WGO gesê.

Die vrou is vergesel van mense wat ook nou vir die virus ondersoek word.

медсправка форма 086-уtopcargo отзывы сотрудников