Naledi-munisipaliteit onder administrasie

Die Naledi plaaslike munisipaliteit gaan ontbind word en onder administrasie geplaas word, twee dae nadat die burgemeester Motlatsi Motlohi vermoor is deur onbekende sluipmoordenaars.
  
Die bestuur gaan onmiddellik oorgeneem word en Donderdag by die Naledi munisipaliteit (Wepener, Vanstadensrus, Dewetsdorp) aanmeld, het Vrystaatse LUR vir korporatiewe bestuur Mosebenzi Zwane Woensdag gesê. 
  
“As ons nie nou stappe neem nie, kan meer mense sterf,” het hy gesê. 
 
Zwane het die Naledi raadslede erg gekritiseer vir hulle optrede sedert 2006, en gesê dat die meerderheid van hulle “onverantwoordelik” was. 
  
“Hulle respekteer nie hul gemeenskap, respekteer nie die grondwet van die land nie, doen hulle nie hul eie werk as raadslede nie.”
  
Zwane het gesê sy departement het, in die verlede gehelp om Naledi se sake in orde te kry deur die bestuur te ondersteun en te betaal vir die aanstelling van ‘n munisipale bestuurder en hoof finansiële beampte. 
  
Die departement het gesê elke keer as die provinsie sy steun onttrek het, het die situasie vererger. Dit ten spyte van die departement se voorgetsette betaling van die salarisse van die twee bogenoemde poste.
  
Motlohi is Maandagnag voor sy huis in Wepener doodgeskiet. Polisie het gesê hy is twee keer in die rug geskiet.
Bure, wat die skote gehoor het, het na buite gehardloop en Motlohi halfpad na sy voordeur gevind, terwyl sy voertuig nog geluier het en die ligte was nog aan. 
  
Provinsiale regeringsamptenare het gesê die feit dat ‘n groep mense – nadat hulle van Motlohi se moord gehoor het – die kantoor van Naledi munisipale bestuurder Martin Lerato in Dewetsdorp gestorm en aangeval het, is getuienis van die swak verhoudings in die munisipaliteit.

рейтинг зарядных устройств для автомобильных аккумуляторовлобановский александр жена

Maak 'n opvolg-bydrae