“Ek is moeg vir debatte wat nie op feite nie maar op propaganda-mites gegrond is,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye op Somerset-Wes gesê.
Dr. Mulder het as spreker opgetree tydens die Wynkelders Suid-Afrika se kongres.
Van hierdie propaganda-mites wat as die waarheid die wêreld ingestuur word, is volgens dr. Mulder dat dit die boere se skuld is dat plase onveilig is; dat die meeste van die veediefstal deur die boere self gepleeg word; dat boere die oorsaak is van al die plakkerskampe en dat die nasionalisering van grond Suid-Afrika se armoede-probleme kan oplos.
Dr. Mulder het ’n vergelyking tussen die vertonings van die ekonomieë van Zambië en
In Zambië se geval, waar die regering private eiendomsreg aanmoedig en vryemarkhervorming suksesvol nagestreef het, het die bruto binnelandse produk (BBP) tussen 1994 en 2008 meer as verdriedubbel (in nominale VSA-dollar-terme).
In Zimbabwe, waar ‘n beleid van nasionalisering gevolg is, het die ekonomie in dieselfde tydperk met bykans die helfte gekrimp; het werkloosheid van 20% na 80% gestyg en het lewensverwagting van 60 jaar na 34 jaar gedaal.
“Sinvolle besluite oor landbou se toekoms in Suid-Afrika moet op sulke feite geneem word en nie op ideologiese propaganda-mites nie,” volgens dr. Mulder
