“Die aankondiging van die minister van Verdediging en Militêre Veterane, me. Lindiwe Sisulu, dat sy nasionale weermagdiens weer wil instel, is nie haalbaar nie. Daar is nie eers tans genoeg fondse om die weermag operasioneel op standaard te hou nie, des te meer is daar ook nie fondse om nasionale weermagdiens in te stel nie. Die weermag se bestaande begroting toon reeds ‘n tekort van R3 miljard en oor die volgende twee jaar sal die tekort R4 miljard wees tot 2012. Hieruit is dit duidelik dat die weermag en die land nie ‘n nasionale weermagdiens sal
“Die nuut aangekondigde salarisverhogings in die weermag vereis R1,9 miljard, maar Tesourie het slegs R600 miljoen toegestaan, met ander woorde ‘n tekort van R1,6 miljard. Die gevolg is dat operasionele begrotings in die weermag nou aangewend word om salarisse te betaal. Die gevolg is so erg dat kritieke minimum vlakke van beskikbare ammunisie nie gehandhaaf
“Die minister sal drasties moet ingryp om politiek uit die weermag te haal. Die weermag is verpolitiseer deurdat jou politiek bepaal of jy op ‘n kursus gaan of nie. Jou politiek bepaal of jy bevorder word en jou magsnommer en velkleur sê watter politiek jy aanhang. Tans verskil die magsnommers van die ou statutêre en nie-statutêre magte. Alvorens politiek nie verwyder word nie, sal die weermag nie ‘n professionele weermag wees gebaseer op meriete nie,” sê Groenewald.
