Die Department van Toerisme, saam met die Department van Sport en Rekreasie, het groot werk wat voorlê om die FIFA Wêreldbeker-sokkertoernooi ‘n groot sukses te maak.
Daar is ‘n aantal kommerwekkende kwessies wat aandag verdien, volgens adv Anton Alberts van die VF Plus.
1. Die Minister sal moet aandag gee aan veiligheid. Verlede maand is ‘n skerp styging in buitengewoon gewelddadige misdaad opgemerk. Dit het die land byna tot op die rand van vernietigende konflik gedwing. Die baie negatiewe siening wat die buitewêreld van Suid-Afrika huldig hou beslis verband met die gebrek aan veiligheid en sekuriteit wat ons in Suid-Afrika ervaar.
2. Ten tweede is daar sekere ondernemings van Suid-Afrika aan FIFA wat kwel.
2.1 MATCH, die amptelike toerismeliggaam van FIFA het Suid-Afrika nou in een van die duurste toerismebestemmings in die wêreld verander. Hulle onmededingende pryse het Suid-Afrika van talle voornemende toeriste beroof en daarna moes hulle die onverkoopte kaartjies op die land aflaai. Watter soort wanvoorstellings is aan MATCH gemaak wat tot hierdie monopolie en mistroostige toestand gelei het? Gaan die ANC die klein plaaslike toerismebedryf vergoed vir hulle verliese?
2.2 As FIFA nie suksesvol is met die bemarking van die geleentheid nie, gaan mnr Blatter nog steeds spog met ‘n gesonde bankbalans?
2.3 FIFA, ‘n multinasionale organisasie wat sekerlik kulturele diversiteit moet verstaan, het niks gedoen om hulle Wêreldbeker-projek in Suid-Afrika in al 11 amptelike tale te implementeer nie. Inteendeel, FIFA het Engels alleen as gebruikstaal besluit ten koste van die inheemse tale wat ons koester. Sal die Department toesien dat diversiteit deur FIFA gerespekteer sal word?
