Agt vroue en drie mans het Woensdag in die KwaMhlanga-landdroshof verskyn nadat hulle die departement van landbou in Mpumalanga van R15 miljoen besteel het, het die polisie gesê.
Kapt. Leonard Hlathi, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die departement se voormalige assistent-direkteur, Vuyo Ngele (34) en die sekretaresse van die distrikbestuurder, is elk op borgtog van R40 000 vrygelaat.
Die ander nege is elk op borgtog van R10 000 vrygelaat.
Die verdagtes verskyn Donderdag weer in die hof.
