Groot Franse TV-debat

Image

Nicolas Sarkozy en S?gol?ne Royal

Gisteraand het die langverwagte Franse TV-debat tussen die regse kandidaat, Nicolas Sarkozy, en die sosialistiese kandidaat, Ségolène Royal, plaasgevind. Sowat 20 miljoen Franse het die debat dopgehou. Komende Sondag vind die tweede rondte van die presidentsverkiesing plaas en vele Franse kiesers het nog nie finaal besluit vir wie hulle gaan stem nie.

Die debat het met tye opgevlam en Royal het haar humeur ’n paar keer verloor. Die gesprek is deur ekonomiese kwessies oorheers. Sarkozy het sy belofte herhaal om die getal staatsamptenare te verminder. Royal het hom aangeval en gesê dat so ’n stap gesondheid, onderwys en polisie-aangeleenthede negatief sal beïnvloed.

Sarkozy het hom voorts teen die 35-uurlange werksweek, wat deur die vorige sosialistiese regering ingestel is, uitgespreek. Dit het volgens hom niks gedoen om werkloosheid in die land te verminder nie. “Sy is steeds van mening dat jy werk moet uitdeel soos snye koek. Daar is nie een land in die wêreld wat hierdie logika aanvaar nie. Dit is ’n enorme fout,” het hy van sy teëstaander gesê.

Royal het teruggekap met ’n belofte om 500 000 poste vir jeugdiges te skep.

Waar Sarkozy sy teenkanting teen Turkye se toelating tot die Europese Unie uitgespreek het, het Royal gepleit dat ”die deur nie in Turkye se gesig toegeklap moet word nie.”

Sowat sewe miljoen kiesers het tydens die eerste verkiesingsrondte twee weke gelede vir die sentristiese kandidaat, François Bayrou, gestem. Gisteraand het beide Royal en Sarkozy na die stemme van hierdie kiesers gevry.

Royal het met tye aggressief voorgekom en verskeie kere haar teëstander in die rede geval, maar Sarkozy, wat bekend is vir sy arrogansie, het deurgaans kalm gebly.

Aan die einde van die amper drie-uurlange debat het Sarkozy belowe om die Franse kiesers “nie te verraai nie“ en om “nie vir hulle te lieg nie.“ Royal het afgesluit deur te onderneem om “in die diens van Frankryk te staan“ en verder ’n beroep op kiesers gedoen om die moed aan die dag te lê om vir ’n vrou te stem.

Volgens die jongste meningspeiling wat op 1 Mei deur die IPSOS-instituut vrygestel is, behoort Sarkozy Sondag 53.5% van die stemme te trek teenoor die 46.5% van Royal. Op dieselfde dag het Jean-Marie Le Pen van die Front National sy 3.8 miljoen kiesers aangeraai om nie vir Sarkozy te stem nie. Bayrou het hom nog nie uitgespreek vir enige van die twee oorblywende kandidate nie.

оборудование для автосервиса в рассрочкуФильчаков Александр Васильевич

Geld by die kruiwa vol

Image

Handelaar met berge note

Met groot moeite stoot hy sy oorlaaide kruiwa, versier met vars blomme, deur die grondstegies na ‘n sonkolletjie van die Hargeisa-mark. Vuil banknote in pakkies opgemaak is sy vrag. Sy beroep: Valutahandelaar.

Omdat daar geen banke in Somalië bestaan nie, word alle valutatransaksies vir indiwidue sowel as maatskappye behartig deur  handelaars wat van ‘n kommissie op hul ruiltransaksies lewe. Onder ou sambrele of sommer op die grond sit hulle en verhandel stapels Somaliland-sjieling met sakrekenaartjies byderhand.

Die geldeenheid wat in 1991 geskep is vir die noord-oostelike deel van Somalië is heeltemal nutteloos elders vanweë die chaos wat sedertdien in dié wegbreekstreek heers. Dit verhoed egter nie die handelaars om ewe geduldig aan oningewydes te verduidelik hoe die ingewikkelde wisselkoers daar uitsien nie.

650 000 Somaliland-sjieling is gelyk aan ‘n $100 of R702. Dit is weer gelyk aan 3 250 000 Somali-sjieling. Die note kom van die "Bank van Somalië, verskoning, die Bank van Somaliland," verklaar ‘n handelaar haastig.

‘n Beroep wat nie sonder sy moeilike tye is nie want die wisselkoers is nou verwant aan die wisselvallige veiligheidstoestand in die land. Maar deesdae "lyk sake baie goed," sê een van die manne agter sy stapels note.

Een so ‘n bedryf is Dahabshiil – dit beteken glo "iemand wat melk karring"  – wat in die sewentigerjare deur ‘n Somaliër in Doebai opgerig is. Die eienaar, Abdoelkadir Hoessein Saied sê dat sake "met die burgeroorlog gegroei het". Kontantbedrae wat inbetaal word, word binne 24 uur in Somalië sowel as oorsee uitbetaal.

Dit is ‘n heeltemal outonome netwerk wat tot stand gebring is. Behalwe dat indiwidue geld so kan oorplaas na familielede, kan ook maatskappye tot ‘n $100 000 skuif. Vanweë vertroulikheid word bedrae wat indiwidue mag oorplaas nie genoem nie.

Sodoende onderhou die derduisende Somaliërs wat hul land reeds verlaat het om aan die oorlog te ontsnap, familielede tuis. Trouens, dit is die grootste bron van inkomste vir die land.

Terwyl Dahabshiil se bedrywighede hoofsaaklik in Hargeisa plaasvind, is die hoofkantoor in Londen gesetel, met 400 kantore wêreldwyd waarvan 130 in Brittanje. In Somalië is hulle tans die grootste werkverskaffer, spog Saied, met 1500 werknemers.

Die risiko wat Dahabshiil neem om oop te bly vir sake in die oorloggeteisterde Mogadisjoe, is uiters lonend. Die valutamark is sewe dae per week aan die gang, tussen gevegte deur. "Ons het ons eie weermag in Mogadisjoe. Ons wil nie ons kliënte verloor nie," sê die eienaar beslis.

стола подвесной светильникпрокурор Фильчаков

SokkerWB kan maklik geskuif word

Sepp Blatter, president van FIFA, internasionale sokkerliggaam, het Maandag aan die BBC gesê dat hulle na verskillende opsies kyk om die toernooi ter elfder ure te skuif indien Suid-Afrika nie by spertye vir die 2010-datum hou nie.

Blatter is gevra of Brittanje en Australië oorweeg sal word as alternatiewe gasheerlande. Ofskoon hy glo dat albei wel ‘n kans staan het hy gesê dat daar ander lande is wat ‘n Wêreldbekertoernooi binne "twee dae of twee weke" kan reël. "Die VSA of Meksiko kan dit doen. Japan kan dit doen. Hulle het oorgenoeg stadions."

"U sê dat Brittanje dit kan doen en ek is seker hulle kan. Spanje kan dit doen. Daar is baie lande maar hulle hoef nie gereed te wees nie," het hy bygevoeg.

FIFA bly vol vertroue dat Suid-Afrika die toernooi sal kan aanbied, alhoewel daar gerugte was dat dié land nie die stadions betyds sal kan lewer nie vanweë  konstruksieprobleme. Daar is ook kommer oor die misdaadsituasie in die land.

 

осушитель длятопкарго отзывы

Te?stand teen naamsveranderinge in Durban

Image

Brande in Umlazi

Chaos het vandag in die Durban-middestad geheers toe duisende ontstoke IVP-ondersteuners, gewapen met stokke en kieries, deur die strate gehol het. Hulle was op pad na die stadsaal en het betoog teen die plaaslike munisipaliteit se voorstel om straatname na dié van ANC-helde te verander.

Winkeleienaars het inderhaas hul winkels gesluit, uit vrees dat die betogers skade sou aanrig. Polisielede het verkeer probeer stop terwyl die betogers in die vyf lane van Broadstraat afgehardloop het. Asblikke is omgekeer. By Albertpark het hulle by 6 000 ander betogers aangesluit. Hulle het toe met Weststraat afbeweeg na die stadsaal. Skote is deur een van die betogers afgevuur en winkels in Greystraat is beskadig en goedere gebuit. Sowat 10 000 betogers het by die stadsaal saamgedrom. Die byeenkoms is deur die DA en die IVP gereël. “Hou op om strate na julle meisies te vernoem!” “Wie is hierdie mense?” en “Ons het almal ons helde”, het sommige van die plakkate gelui.

Die plaaslike eThekwini-munisipaliteit beplan om die Mangosuthu-hoofweg te herdoop na Griffiths Mxenge, ‘n ANC-prokureur wat in die tagtigerjare dood is. Daar word verder beplan om die stadsaal na Madiba Hall te herdoop en om Broadstraat te vernoem na Yusuf Dadoo, ‘n SAKP-leier. Kingsway, vernoem na Dick King, gaan nou verander word na Andrew Zondo, die meesterbrein agter die Amanzimtoti-bomaanval. Higginson-hoofweg kan binnekort Yasser Arafat-hoofweg heet.

Burgemeester Obed Mlaba was nie by die stadsaal teenwoordig om die memorandum van die betogers in ontvangs te neem nie en die dokument is toe aan ‘n polisiebeampte oorhandig. In die memorandum vra die IVP dat die munisipaliteit slegs in uiterste gevalle plekname verander en wil weet hoekom name soos Fidel Castro en Che Guevara gekies word, aangesien hierdie persone geen rol in Kwazulu-Natal gespeel het nie en hulle demokratiese ingesteldheid te betwyfel is.

Vroeër die dag het omgekrapte betogers die Mangosuthu-hoofweg in Umlazi vir ure lank ontwrig deur motorbande aan die brand te steek en asblikke op die pad rond te strooi.

In sy Internet-nuusbrief het Mangosuthu Buthelezi gesê dat die verwydering van sy naam nie sy bydrae tot die bevrydingstryd in die gedrang sal bring nie, maar dat die naamsveranderinge ou wonde weer kan oopkrap wat tot hernieude geweld in die provinsie aanleiding kan gee.

дизайн прихожей освещениеданильченко юрій броніславович

VR hef embargo teen Liberiese diamante op

Die Veligheidsraad van die VN het Vrydag sy embargo teen diamante uit Liberië opgehef danksy die vooruitgang wat dié land getoon het met die sertifisering van die edelsteen.

Die Raad het sonder enige teenstemme ‘n resolusie aanvaar wat deur die VSA oor die aangeleentheid ter tafel gelê is.

‘n Rukkie daarna het Liberië se ambassadeur na die VN, Nataniel Barnes, aangekondig dat sy land toegelaat sal word om aan die internasionale riglynvereistes, die Kimberley Proses, deel te neem. Volgens die Proses word elke steen se herkoms aangetoon waarna waarborge uitgereik word vir die wettige uitvoer daarvan.

In die VN se resolusie 1753 is daar selfs ‘n gelukwensing aan Liberië omdat die land "aangehou het om saam te werk met die Kimberley Proses" sodat die beperkinge teen diamantuitvoere nie meer nodig geraak het nie. Die embargo teen Liberië is in 2003 ingestel wat verhoed het dat ongeslypte stene die land verlaat.

Die Veiligheidsraad het aangedui dat die besluit oor 90 dae hersien sal word op sterkte van ‘n verslag wat voorgelê sal word deur die instansies wat die Kimberley Proses monitor.

Dit is die tweede keer dat die Veilgheidsraad sy vertroue in die land en sy eerste vroue-president, Ellen Johnson Sirleaf, bevestig. In Junie is ‘n embargo teen die uitvoer van hout opgehef.

Die Britse ambassadeur na die VN, Emyr Jones Parry, het aan die media gesê "dat maatreëls in plek die opheffing moontlik gemaak het. Ons het vertroue in die land en sy owerhede en ons hoop dat hulle sterk groei sal toon." Parry is die Raadsvoorsitter vir April.

Mnr. Barnes het op sy beurt verheug gesê dat "hierdie ‘n teken van vertroue in ons sterk politieke wil is om te doen wat voordelig is vir Liberië en die Liberiërs."

Liberië het 14 jaar lank gebuk gegaan onder ‘n burgeroorlog (1989-2003). Mev. Johnson Sirleaf is in Januarie 2006 as staatshoof aangewys. Tydens die oorlog is hout en diamante gebruik om verskillende faksies se wapenaankope te betaal.

Sirleaf Johnson het oa aan Harvard studeer en lank in diens van Citibank, Afrika gestaan. Alhoewel twee van haar voorouers inheemse Liberiërs was, was ‘n derde Duits. Dié Duitser moes Liberië verlaat met die oorlogsverklaring in 1917 en het sy gesin daar agtergelaat.

Liberië is steeds een van die armste lande in Afrika en inwoners het ‘n lewensverwagting van net oor die veertig jaar. Die risiko vir aansteeklike siektes is besonder hoog in die afwesigheid van enige gesondheidssorg buite die hoofstad Monrovië. Die land is voorts vir byna alles op hulp en bystand van buite aangewese. UNMIL, die VN se vredesmag is steeds in die land aanwesig en die politieke klimaat bly gespanne.

Die Kimberley Proses word deur die VN, 43 lande en internasionale organisasies ondersteun om die vloei van sogenaamde "bloeddiamante" te stuit. ‘n Film met dieselfde titel het onlangs verskyn in ‘n poging om mense meer bewus te maak van die handel in onwettige diamante.

Nie net in Liberië is ‘n burgeroorlog deur diamante gefinansier nie, maar ook in Sierre Leone en die DRK. Trouens, De Beers se grootste vonds tot dusver is die Millenium Star, wat ongeslyp 777 karaat was, uit die oorloggeteisterde DRK.  Dié peervormige diamant is in 1990 ontdek in die Mbuji-Maji-distrik is te midde van die burgeroorlog wat in die land gewoed het.

Die diamant se naam word sedertdien in ‘n Nintendo-speletjie gebruik om die naam van die van die hoogste prys in die spel aan te dui.

‘n Week gelede is onwettige diamanthandel in Zimbabwe op e-TV eksklusief "oopgevlek" deur die aanbieder van die aktualieitsprogram Third Degree.

Diamante word vir ‘n appel en ei langs hoofweë in Zimbabwe te koop aangebied deur honger en desperate verkopers. Die TV-span het vryelik die bedrywighede langs paaie en by die myn verfilm. Nadat hulle egter verhoed is om diamante uit die land te neem, het hulle Mugabe daarvoor verkwalik.

 

брекеты для зубовФильчаков

Frankryk se volgende president?

Image

Sarkozy en gade

Verlede Sondag het Ségolène Royal van die Sosialistiese Party en Nicolas Sarkozy van die regse UMP na die tweede rondte van die Franse presidentsverkiesing deurgedring. Volgens die jongste meningspeiling wat deur die BVA-instituut gepubliseer is, behoort Sarkozy die tweede rondte op 6 Mei met 53% van die stemme te wen. Maar wie is hierdie regse kandidaat en wat is sy planne vir Frankryk indien hy aan bewind sou kom?

Stéphane Sárközy de Nagy-Bócsa is in 1955 in die sewentiende distrik van Parys gebore. Sy vader was ’n Hongaarse immigrant, afkomstig uit ’n adellike familie. Met die koms van die Russe in 1944 is die Sárközy-gesin onteien en gedwing om Hongarye te verlaat. Ná ’n verblyf in Oostenryk en Duitsland het Nicolas se vader ’n werwingsagent van die Vreemdelingelegioen in Baden-Baden ontmoet. Hy het ’n kontrak van vyf jaar met die Legioen gesluit en het sy opleiding in Algerië ondergaan. Hy is egter nie vir diens in Indo-China gekeur nie en het uiteindelik in 1948 in Marseille uit die diens van die Vreemdelingelegioen getree. Hy het sy Hongaarse naam verfrans en in die advertensiebedryf begin werk. In 1949 ontmoet hy vir Andrée Mallah, met wie hy later sou trou. Sy was ’n regstudent en haar vader, ’n dokter in Parys se sewentiende distrik, was ’n Jood wat hom tot die Katolieke godsdiens bekeer het.

Nicolas het twee broers: Guillaume, wat ’n groot tekstielfirma bestuur en François, ’n mediese navorser. Toe sy vader in 1959 van sy moeder geskei is, het sy haar studies voltooi en die drie kinders alleen grootgemaak. Sy het ’n advokaat in Nanterre geword, terwyl sy vader later weer drie keer getroud is.

In 1973 het Nicolas sy matriek behaal en het die gesin na die spogbuurt Neuilly getrek, aangrensend aan Parys. Jare later sou hy burgemeester van hierdie buurt word. Ná matriek het hy egter eers regte en politieke wetenskap gaan studeer en sy studies help finansier deur ruikers vir ‘n bloemis af te lewer. Vir ’n ruk lank het hy daaraan gedink om joernalis te word, maar het uiteindelik op die beroep van advokaat besluit en so in sy moeder se voetspore gevolg. Hy het as advokaat in Parys gepraktiseer en in eiendomsreg gespesialiseer.

In 1982 het Sarkozy met Marie-Dominique Culioli, dogter van ’n Korsikaanse apteker, in die huwelik getree. Twee seuns, Pierre en Jean, is uit die huwelik gebore. In 1984 het hy vir Cécilia Ciganer-Albeniz ontmoet in sy hoedanigheid as burgemeester van Neuilly toe hy haar in die huwelik bevestig het met Jacques Martin, ’n televisie-aanbieder. In 1989 het Cécilia (agterkleindogter van die Spaanse komponis Isaac Albeniz) egter haar man verlaat om saam met Sarkozy te wees. In 1996 is die twee getroud. Hulle seun, Louis, is die volgende jaar gebore. Sowat twee jaar gelede het die paartjie ernstige huweliksprobleme ondervind en het hulle paaie vir ’n ruk lank geskei. Sarkozy het een aand in trane uitgebars op televisie toe hy oor hulle probleme gepraat het. Sedertdien is die twee egter versoen en word Cécilia weer by amptelike geleenthede aan sy sy gesien.

Sarkozy se politieke loopbaan het in 1974 begin toe hy by die Gaullistiese UDR-party aangesluit het. Hy het hom van die begin af deur sy intelligensie en ambisie onderskei. Op die jeugdige ouderdom van 28 het hy al burgemeester van Neuilly geword. Op 34 was hy parlementslid en op 38 is hy as minister van begrotingsaangeleenthede aangewys. In 1993 was hy wêreldwyd in die nuus toe hy direk onderhandel het met ’n man wat homself die “Human Bomb“ genoem het en ’n groep kinders in Neuilly wou doodmaak en hulle skool wou opblaas. Die man is uiteindelik deur die polisie doodgeskiet.

In 1995 het Sarkozy sy steun aan Edouard Balladur toegesê, wat as presidensiële kandidaat teen Jacques Chirac gestaan het. Chirac het egter gewen en Sarkozy het geen pos in sy kabinet gekry nie. Tydens ’n vergadering van die RPR-vergadering in Oktober 1995 is hy selfs uitgejou.

In 1999 neem hy egter beheer van die RPR-party oor en in 2002 word hy aangewys as minister van binnelandse sake, een van die belangrikste kabinetsportefeuljes. Hy help om ’n nuwe beleid oor spoedoortredings in te stel, wat die aantal padsterftes in Frankryk met 34% laat daal. Verder is hy ook betrokke by die stigting van die Franse Raad vir die Moslem-geloof, in ’n poging om die integrasie van Noord-Afrikaanse immigrante in die Franse gemeenskap te vergemaklik.

In 2003 brei hy die gebruik van DNS-toetse na alle vorme van misdaad uit. Hy onderskei hom verder ook in die ferm manier waarop anti-Semitiese misdade, wat deur jong Moslems gepleeg word, beveg word. Hy verkry ’n reputasie as ’n minister wat geen nonsens verdra nie en wat wet en orde baie ferm handhaaf.

Vanaf Maart tot November 2004 is Sarkozy minister van finansies en nywerheidsake. Ook hier onderskei hy homself deur duidelike besluite en ferm aksies. Hy slaag daarin om supermarkpryse met gemiddeld 2% af te dwing. Ook besluit hy om nie die eletrisiteitsfirma, EDF, te privatiseer nie. In November 2004 verlaat hy egter die pos toe hy met ’n meerderheid van 85% as voorsitter van die regse UMP-party verkies word.

In Mei 2005 word hy weereens aangewys as minister van binnelandse sake. Hy dring daarop aan dat vervalle geboue wat deur plakkers bewoon word, afgebreek word. In Junie 2005 besoek hy ’n woonbuurt in La Courneuve, wat hoofsaaklik deur immigrante bewoon word. Sy besoek volg op die dood van ’n elfjarige kind wat die vorige dag deur ’n dwaalkoeël getref is. “Die skurke gaan verdwyn, ek sal al die mensekrag gebruik wat nodig is,“ verklaar hy tydens hierdie besoek. ’n Paar dae later is hy weer in La Courneuve en voeg hy by dat die buurt “met Kärcher“ (die naam van ’n industriële skoonmaakproduk) geskrop moet word. Hierdie uitspraak lei tot ’n hewige polemiek en tot ’n konflik met Azouz Begag, minister belas met immigrantebelange.

Op 26 Oktober 2005 besoek Sarkozy ’n immigrantebuurt in Argenteuil, aan die buitewyke van die Franse hoofstad. Hy word op televisie gewys waar hy die plaaslike bevolking vra: “Het julle genoeg gehad van hierdie gemors? Wel, ons gaan julle van die spul verlos.” Kort daarna word twee jong immigrante-kwaaddoeners doodgeskok tydens ’n poging om van die polisie weg te kom en daar breek ongekende geweld in die buitewyke uit. Jong immigrante maak weke lank amok deur geboue en motors aan die brand te steek en met die polisie te baklei. Miljoene euro se skade word aangerig. As minister van binnelandse sake (en dus die polisie) speel Sarkozy ’n sleutelrol gedurende hierdie paar weke om die geweld onder beheer te bring. Weereens tree hy streng op en word jong immigrante, wat na aanleiding van gewelddadige insidente gearresteer word en nie oor geldige verblyfpermitte beskik nie, na hulle lande van herkoms teruggestuur.

In 2006 stel hy nuwe, strenger immigrasiewetgewing in. Hy maak dit moeiliker vir diegene wat onwettig in Frankryk verkeer om hulle situasie te wettig. Ook stel hy strenger reëls in met betrekking tot immigrantefamilielede wat hulle by hul familie in Frankryk wil aansluit.

Sarkozy se presidensiële veldtog tot dusver is gekenmerk deur ’n beroep op die handhawing van wet en orde en ’n poging om kiesers se vertroue in politici te herstel. Sy sterk standpunte oor immigrasie en misdaad het vele potensiële regse Front National-kiesers oorreed om hierdie slag eerder vir hom te stem. Jean-Marie Le Pen, die Front National se presidensiële kandidaat, het in die pas afgelope verkiesing slegs 10.4% steun behaal, in vergelyking met die 19% van die vorige verkiesing.

Na alle waarskynlikheid gaan meeste van die Front National-ondersteuners en sentristiese kiesers (wat tydens die eerste verkiesingsrondte vir François Bayrou gestem het), op 6 Mei vir “Sarko“ ondersteun en van hierdie kort, ambisieuse figuur die volgende Franse president maak.

джинсы для девочкиФильчаков прокурор харькова

Debat oor verkragtings in Tweede Vryheidsoorlog

Image

Boereopstal wat brand

‘n Vuurwarm debat woed in die blaaie van Die Burger en op LitNet n.a.v. ‘n stuk wat dr. Dan Roodt agttien maande gelede hier op die Praagwebwerf geskryf het, Is Loammi Wolf ‘n dom of demoniese linkse?

Die vraag is of die Engelse tydens die Tweede Vryheidsoorlog Boerevrouens en -meisies verkrag het, aldan nie. Max du Preez en ander ontken dat dit ooit plaasgevind het, terwyl historici die teenoorgestelde mening huldig.

 Op die spel is nie net ‘n onsmaaklike feit aangaande ‘n oorlog honderd jaar gelede nie, maar of die Afrikaner wel die monster van die SA geskiedenis sou wees soos hy dikwels in Engelse kringe voorgestel word en of die Engelse nie dalk groter monsters is nie, veral in die lig van hul meer onlangse propagandaveldtog teen die Afrikaner wat daarop uit was om die Afrikaner as Nazi en volksmoordenaar voor te stel.

Hier volg ‘n aantal skakels na die huidige debat:

Dan Roodt: Is Loammi Wolf ‘n dom of demoniese linkse?

Mien van Rooyen: Loammi Wolf skuld my ‘n verskoning 

Weerhaan: Nee, Mien nie insig nie 

Max du Preez: Laat die ABO met rus

Mien: ‘Die vroue-offer’

Leopold Scholtz: Haal wat waar is uit die verlede… 

Chandré du Plessis: Is Mien deur PRAAG gebreinspoel?

Tiens Pretorius: Verkragting en plundering deur Britse soldate

Johan de Bruin: Mien, is PRAAG deesdae vervelig?

Siener in die suburbs: Dan Roodt se reaksie op die verkragtingstatistiek

Silence of the lambs: Dan Roodt se 35% "klugtige vermaak"

Stuur enige reaksies aan briewe@praag.org. 

расчет производительности компрессора по ресиверуtopcargo

Aristide ontvang doktorsgraad

Image

Aristide en Mbeki

Ná hy in sy eie land gesorg het vir haglike armoede, verhoogde kindersterftes en ekonomiese agteruitgang, is Jean-Bertrand Aristide deesdae ‘n gas van die ANC-regering. Die eks-president van Haïti wat in ballingskap in Suid-Afrika woon het Woensdag ‘n doktorsgraad in Afrikatale van Unisa ontvang.

Teenwoordig by die plegtigheid was talle hooggeplaastes waaronder Thabo Mbeki. Mbeki het Aristide se nalatenskap al by vorige geleenthede in die openbaar geprys deur na Haïti as die "oudste swart republiek" en na Suid-Afrika as "die jongste swart republiek" te verwys.

 
Aristide praat deesdae blykbaar vlot Zoeloe. Hy is tans ‘n ere-navorser by die universiteit waar hy ook lesings aanbied. Sy vrou Mildred is eweneens aan die universiteit verbonde. Dié poste is haastig geskep nadat die ANC gekritiseer is vir die rojale manier waarop die afgesette president op staatsonkoste onderhou is. Honderde duisende rande is byvoorbeeld net op sy lyfwagte bestee.

Aristide moes in Februarie 2004 uit Haïti vlug nadat sy weermag in opstand gekom het en internasionale druk toegeneem het om sy veelvuldige termyne van korrupsie en wanbestuur tot ‘n einde te bring. Hy woon sedert 31 Mei 2004 in Suid-Afrika met sy vrou en twee dogters.
 
In Februarie 2006, etlike weke na die verkiesing van die nuwe staatshoof René Préval, het Aristide laat weet dat hy gereed is om "so gou moontlik" na sy land terug te keer. Hy beskou dit as sy reg om weer na Haïti terug te gaan omdat hy meen dat hy onder dwang die eiland moes verlaat. Die Amerikaanse weermag het ‘n vliegtuig tot sy beskikking gestel toe dit duidelik geword het dat sy eie weermag reeds sy huis omsingel het en sy lewe in gevaar is.

Suid-Afrika, by monde van die ANC, het egter aangedui dat daar "geen haas" is om Aristide terug te stuur nie.
 

светодиодный линейный светильник т5Лобановский

SABC laat geld vir Afrikaans verdwyn

Suid-Afrika se ambassadeur in Den Haag, Nkhulu Sebothoma, het onlangs besoek van die Nederlandse stigting Taalverdediging ontvang nadat navrae oor ‘n skenking aan die SABC onbeantwoord gebly het.


Geld van die Postcode Loterij in Nederland wat die SABC ontvang het om onder meer ‘n jeugprogram vir Afrikaanssprekendes in die Afrikaanse taal aan te bied, is blykbaar vir ander doeleindes aangewend. Toe Taalverdediging navraag doen oor die betrokke fondse by die Postcode Loterij, het laasgenoemde instelling die stigting na die SABC verwys. Die SABC het op hulle beurt alle korrespondensie oor die onderwerp ignoreer.


Die stigting het ‘n klagskrif opgestel wat daarna deur lede onderteken is uit protes teen die openlike taaldiskriminasie. Lede het gevoel dat hulle sustertaalgenote stief behandel word en dat Afrikaanssprekende kinders net so geregtig is op TV-uitsendings in hul eie taal as enige van die ander taalgroepe.

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur het ingestem om die klaers te woord te staan en op 7 Maart 2007 ‘n afvaardiging van Taalverdediging in Wassenaarsweg, Den Haag, ontmoet. Die kulturele attaché van Suid-Afrika was ook teenwoordig. Mevrou Sebothoma was eers traag om toe te gee dat Afrikaanssprekendes ook regte het en met die ou ANC-slenter gekom dat daar 11 amptelike tale is wat elk voorkeur moet geniet.

Aanvanklik het sy gemeen dat Bantoetale belangriker is omdat dié kinders arm is, geen toegang tot beter geriewe het nie en met kriminaliteit in aanraking is. Hulle is ook dikwels VIGS-slagoffers. Daarop het Taalverdediging geantwoord dat Engelse kinders uitstekende geriewe geniet en dat die meerderheid Afrikaanssprekendes dit nie breed het nie. Die SABC se jeugprogramme word hoofsaaklik in Engels aangebied.

Mevrou Sebothoma het kennelik die futiliteit van haar argument ingesien en toegegee dat daar na Afrikaanse programme omgesien sal moet word. Sy het die moontlikheid genoem dat die Engelse uitsaaityd vir jeugjoernaalprogramme gehalveer kan word om Afrikaans te help. Die Suid-Afrikaanse Ambassade het onderneem om die stigting later vanjaar te nooi om deel te neem aan ‘n bespreking oor die onderwerp.

Dit wil egter voorkom asof die Nederlandse belastingbetaler veel meer invloed uitoefen oor die toekoms van Afrikaans op TV as Afrikaners in hul eie land oor hul eie taal.



video gladiatorФильчаков прокурор отзывы

Jeltsin ortodoks begrawe

Boris Jeltsin is Maandag op die ouderdom van 76 aan ‘n hartaanval oorlede. Die eertydse president wat Rusland vir kapitalisme en die vrye mark oopgestel het, het geruime tyd reeds probleme met sy hart ondervind en sy gesondheid was wankelrig, na wat berig word.
 
Hy sal in die Klooster van die Katedraal van Novodewitsji se begraafplaas tussen roemryke Russe ter aarde bestel word. Die diens self sal Woensdag uit die Christus Redder-katedraal gelei word. ‘n Segsman van die Ortodokse Kerk het bevestig dat die tradisionele roudiens deur drie ortodokse geestelikes gelei sal word.

Dié spierwit imposante Katedraal met sy goue koepel staan op die oewer van die Moskwarivier. Jeltsin het dit in die negentigerjare laat herbou nadat dit in 1931 op bevel van Josef Stalin deur dinamiet in puin gelê is.

Internasionale gaste word Woensdag vir die diens in Moskou verwag. George W. Bush, sy vader, Bill Clinton en die Duitse president Horst Köhler het aangedui dat hulle teenwoordig sal wees. Afgevaardigdes van Litoue en Armenië word ook volgens die Russiese pers verwag. Die begrafnis sal direk gebeeldsend word.

Woensdag is tot nasionale roudag verklaar en President Vladimir Poetin se beplande staatsrede voor die parlement sal na Donderdag verskuif word.

Vandag is argiefmateriaal van die president en gebeurtenisse tydens sy termyn uitgesaai. Die uitsendings is onderbreek deur lofredes van talle hooggeplaastes aan Jeltsin se nalatenskap. President Poetin, wat heelwat later as Mikhail Gorbatsjof gereageer het, het onder meer gesê dat Jeltsin "’n demokratiese Rusland en ‘n staat wat vir die wêreld oopstaan" ingelui het.

Jeltsin sal langs Alexander Lebed, die generaal en eerste militêre leier wat hom ondersteun het in die staatsgreep teen Gorbatsjof op 19 Augustus 1991, begrawe word. Ander bekende name wat op die grafstene pryk is dié van Nikita Kroestjof, Anton Tsjekof, Nikolaï Gogol, Dmitri Sjostakowitsj, Sergei Prokofiëf en Alexander Skrjabin.

Die inwoners van Moskou het egter die lofsange aan hul ontslape eertydse president met bitterheid en teleurstelling aangehoor. Vir die meeste sal hy onthou word vir die moeilike gevolge van privatisering, probleme in Tsjetsjnië en die ontbinding van die Sowjet-unie.

игр детскиелобановский класс