Aristide ontvang doktorsgraad

Image

Aristide en Mbeki

Ná hy in sy eie land gesorg het vir haglike armoede, verhoogde kindersterftes en ekonomiese agteruitgang, is Jean-Bertrand Aristide deesdae ‘n gas van die ANC-regering. Die eks-president van Haïti wat in ballingskap in Suid-Afrika woon het Woensdag ‘n doktorsgraad in Afrikatale van Unisa ontvang.

Teenwoordig by die plegtigheid was talle hooggeplaastes waaronder Thabo Mbeki. Mbeki het Aristide se nalatenskap al by vorige geleenthede in die openbaar geprys deur na Haïti as die "oudste swart republiek" en na Suid-Afrika as "die jongste swart republiek" te verwys.

 
Aristide praat deesdae blykbaar vlot Zoeloe. Hy is tans ‘n ere-navorser by die universiteit waar hy ook lesings aanbied. Sy vrou Mildred is eweneens aan die universiteit verbonde. Dié poste is haastig geskep nadat die ANC gekritiseer is vir die rojale manier waarop die afgesette president op staatsonkoste onderhou is. Honderde duisende rande is byvoorbeeld net op sy lyfwagte bestee.

Aristide moes in Februarie 2004 uit Haïti vlug nadat sy weermag in opstand gekom het en internasionale druk toegeneem het om sy veelvuldige termyne van korrupsie en wanbestuur tot ‘n einde te bring. Hy woon sedert 31 Mei 2004 in Suid-Afrika met sy vrou en twee dogters.
 
In Februarie 2006, etlike weke na die verkiesing van die nuwe staatshoof René Préval, het Aristide laat weet dat hy gereed is om "so gou moontlik" na sy land terug te keer. Hy beskou dit as sy reg om weer na Haïti terug te gaan omdat hy meen dat hy onder dwang die eiland moes verlaat. Die Amerikaanse weermag het ‘n vliegtuig tot sy beskikking gestel toe dit duidelik geword het dat sy eie weermag reeds sy huis omsingel het en sy lewe in gevaar is.

Suid-Afrika, by monde van die ANC, het egter aangedui dat daar "geen haas" is om Aristide terug te stuur nie.
 

светодиодный линейный светильник т5Лобановский

Maak 'n opvolg-bydrae