'n Senior IVP-lid is in Empangeni aan KwaZulu-Natal se noordkus doodgeskiet in wat geglo word 'n polities gemotiveerde misdaad is, het die party Maandag gesê.
Die Inkhata-vryheidsparty se provinsiale sekretaris, Bonginkosi Buthelezi, het gesê Sabeloa Zondi en 'n passasier het in sy motor gereis toe mense van die kant van die pad af op hom geskiet het.
Zondi is verskeie kere raakgeskiet en is op die toneel dood. Sy passasier het geen beserings opgedoen nie.
"Mnr. Zondi moet die krediet kry dat hy ten minste 70 mense van die ANK in onlangse weke gewerf het vir die IVP," het Buthelezi gesê.
"Sy harde werk in die gemeenskap het een hom die dank van plaaslike IVP-ondersteuners besorg asook dreigemente deur ANK-ondersteuners. Mnr Zondi sal baie gemis word," het hy gesê.
Buthelezi het gesê die party glo die moord was polities gemotiveer.
'n Polisiewoordvoerder, superintendent Jay Naicker, was nie onmiddellik beskikbaar om die voorval te bevestig nie, maar het gesê hy sal binnekort kommentaar daarop lewer.

Sakeman Vivian, oftewel Vathasallum, Reddy het tot die redding van Carl Niehaus gekom. Niehaus, wat intussen in die engelstalige pers tot "No house" herdoop is, se uitspattige en korrupte lewensstyl wat tot sy geldelike probleme gelei het, is tans in die nuus. Niehaus skuld ongeveer R1 miljoen aan Rhemakerk, Eric Corbishley en die Brett Kebble-boedel.
Brittanje sal nie beter verhoudinge met Zimbabwe of Iran kan bou totdat beide lande nie wys dat hulle internasionale kommer oor hulle interne sake gaan aanspreek nie, het eerste minister Gordon Brown Donderdag aan wetgewers gesê.