Zimbabwe is ‘landbouleier’

Image

Obiang

Teodoro Obiang Nguema Mbasogo het Vrydag gesê dat Zimbabwe se ervaring en landboukennis oorgedra behoort te word na die mense van Ekwatoriaal-Guinee. Hy het Robert Mugabe geprys omdat Zimbabwe se landbousektor die "mees gevorderde in Afrika" is en ‘n "leier" op dié gebied. Obiang, die neef van eertydse president Francisco Macías Nguema, was die internasionale gas by die landbouskou in Harare.

Obiang se voorloper word daavan verdink dat hy ‘n derde van sy bevolking binne 11 jaar uitgewis het. Hy is deur sy neef, die huidige staatshoof, in 1979 laat vermoor tydens ‘n militêre oorname. Human Rights Watch beskou Obiang nietemin as een van die ergste menseregtevergrypers en in 1995 het die VSA besluit om hul ambassade te sluit in dié land.

Meer as 70% van landbougrond in Zimbabwe was voorheen in die hande van wit boere, maar in 2000 het Mugabe se plan om van kommersiële boere ontslae te raak in werking getree en het sogenaamde "oorlogsveterane" plase beset. Die inflasiekoers staan tans op 7 600% danksy die ekonomiese ineenstorting wat gevolg het op die grondhervormingsbeleid.

Die olieryke Ekwatoriaal-Guinee verskaf tans olie aan energiegestremde Zimbabwe. In 2004 het 70 huursoldate ‘n staatsgreep beplan om van Obiang ontslae te raak. Die eertydse Britse premier se seun, Mark Thatcher, en Simon Mann, ‘n spesialissoldaat, het die plan bedink wat ter elfder ure op die rotse geloop het nadat sy span Suid-Afrikaanse helpers in Harare aangekeer is.

стоит построитьлобановский александр игоревич класс

Burgemeester van moord aangekla

Die burgemeester van Dundee, ’n dorp in Noord-Natal, is op ’n moordklag in hegtenis geneem, tesame met twee medepligtiges.

Die polisiewoordvoerder, direkteur Phindile Radebe, het gister bevestig dat “die burgemeester van een van die munisipalititeite in die Dundee-gebied” gearresteer is.

Volgens ’n Sapa-korrespondent, is die burgemeester Donderdag in hegtenis geneem tesame met twee medepligtiges op klagtes wat verband hou met die skiet van die ANC-takvoorsitter, Grishen Bujram (42) op 15 Junie vanjaar.

Die drie persone sal waarskynlik more in die landdroshof op Dundee verskyn.

Bujram is in sy motor doodgeskiet gedurende die nag van 15 Junie in die Sibongile-woonbuurt.

cветодиодный светильникФільчаков Олександр Васильович

Merkel is die magtigste vrou

Image

Poolse tydskrifvoorblad

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die magtigste vrou ter wêreld deur die Forbes-indeks. China se vise-premier, Wu Yi, het vir ‘n verrassing gesorg deur die Amerikaanse Condoleeza Rice van haar tweede plek te ontneem.

Die Amerikaanse tydskrif Forbes publiseer hierdie jaar die vierde spesiale jaarlikse uitgawe waarin die honderd mees invloedryke vroue op die planeet volgens rangorde aangegee word. Die uitgawe het Donderdag verskyn.

Onder die eerste tien is daar vyf Amerikaanse vroue en drie uit Asië. Sonia Ghandi van Indië en Ho Ching van Singapoer is die ander Asiërs wat die lys gehaal het. Me Rice kon hierdie jaar slegs die vierde plek haal.

Vroue wat regeringsposte beklee is in die minderheid teenoor sakevroue. Net 29% van die vroue op die lys dien in ‘n regering, terwyl 66% danksy bestuursvernuf hulle invloed laat geld. Onder hulle is die HUB van Chanel, die direktrise van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die president van Harvard.

Vroue uit die Midde-Ooste het ook plekke verwerf. Die eerste dame van Kathar is in die 79ste plek en Sjeika Mozah Al-Missned van die VAE in die 99ste plek. Hillary Clinton en Nancy Pelosi is natuurlik ook teenwoordig op die 25ste en 26ste plekke, met Oprah Winfrey ‘n kortkop voor op nommer 21.

лестницы вФильчаков прокурор харькова

Aapstad 11, Bobbejaanburg 6, Tshwane 0

ImageSo lyk die telling tot dusver in die titaniese stryd om ‘n gepaste Afrikaanse weergawe van die naam "Tshwane" te vind.

Komaan, Bobbejaanburgers en Tshwanese, opskud en begin stem hieronder regs voordat die Apenaars (As inwoners van Kaapstad Kapenaars is, moet inwoners van Aapstad seker Apenaars wees?) julle die loef afsteek!

Onthou ook: op 24 September om 10-uur vm. vind ons groot betoging voor die SAUK-gebou in Aucklandpark teen die gebruik van die woord "Tshwane" op TV plaas. Ondersteun ook ons petisie teen die naamsverandering.

Teken ons petisie teen die naamsverandering van Pretoria.

cazino gamesФільчаков Олександр Васильович прокурор

Zimbabwiese landbouskou

Image

Te koop

"Hier is niks vir ons nie. Nie kunsmis nie, nie saad nie… Dis baie teleurstellend." So praat Mildred Chitada wat suikerriet en mielies verbou en vrees dat landbouers wat die landbouskou in Harare bywoon hierdie week met leë hande huistoe sal gaan.

"Die regering moes ten minste probeer het om kunsmis in die hande te kry vir ons, die nuwe boere. Die nuwe boere moet gehelp word want ons het niks," het sy bygevoeg. Die landbouskou is ‘n skadu van wat dit voorheen was nadat 4000 wit boere van hulle plase verwyder is.

Duisende Zimbabwiese boere het in Harare bymekaar gekom vir die landbouskou wat Vrydag amptelik deur Teodoro Obiang Nguema van Ekwatoriaal-Guinee geopen sal word.

‘n Wit boer met ‘n Holstein-kudde probeer ook by die skou van sy diere ontslae raak. Sy plaas is verdeel tussen 34 nuwe boere en dus is sy weiding van meer as 600 hektaar verminder na 20 en kan hy nie meer die kudde aanhou nie.

Nuwe boere maak geen vordering nie omdat elektrisiteitsvoorsiening, voorrade en kennis ontbreek. Zesa, die Zimabwiese nasionale elektrisiteitsvoorsieningsliggaam, was ook teenwoordig om gemoedere te probeer kalmeer. Die twee kragsentrales kan nie behoorlik funksioneer nie omdat daar nie genoeg steenkool is nie.

Drie kunsmisfabrieke moes verlede maand sluit omdat ekonomiese toestande in die land so agteruitgegaan het. Vóór 2000 het Zimbabwe mielies na Zambië en Malawi uitgevoer. Mugabe hou egter vol dat droogte verantwoordelik is vir die haglike omstandighede.

Organiseerders het Dinsdag probeer om optimisties te bly, teen alle waarskynlikheid en getuienis in, en aan die media gesê dat Zimbabwe nie op die rand van ‘n ineenstorting is nie en dat die landbouskou ‘n yslike sukses gaan wees.

 

сайт игрушекАлександр Фильчаков Васильевич

Pro-Pretoria-groepe wen in hof

Image

‘Gaan terug Europa toe!’

Die dringende hofaansoek wat vanmôre deur verskillende Pro-Pretoriagroepe, onder andere die Vryheidsfront Plus in die Pretoriase Hooggeregshof gebring is, het geslaag en die stadsraad mag geen verdere naamborde verander totdat uitsluitsel in die naamstryd verkry is nie.

Die verrigtinge vooraf is gekenmerk deur spanning tussen pro- en anti-Pretoriabetogers. Terwyl die anti-Pretoria-faksie getoitoi het en liedjies soos "Ons gaan Tshwane toe" gesing het, het die ander groep spontaan Die Stem en Die Lied van Jong Suid-Afrika begin sing.

Dr. Dan Roodt van PRAAG is so byna-byna deur ‘n groep van veertig swart betogers aangerand toe hy aan die burgemeesteres van die Tshwane-munisipaliteit, Gwen Ramakgopa geskree het: "Maar tans vedruk u ons met u naamsveranderings!" Dit was in reaksie op Ramakgopa se toespraak vanaf ‘n bakkie in Vermeulenstraat waartydens sy gesê het dat die naam van Pretoria sál verander omdat dit die stad is waarvandaan swartes in die vorige bedeling "verdruk" is.

Van die ANC-betogers het ook aan dr. Roodt geskree: "Gaan terug Europa toe." Volgens die burgemeesteres van die Tshwanestruktuur is Afrikaners "slegs in die land welkom indien hulle die ANC respekteer". 

slots bonusпрокурор Фильчаков

Duitsers sak op nog immigrante toe

Image

Magdeburgse domkerk

‘n Irakese immigrant wat Saterdagaand by ‘n bushalte in Magdeburg in die ooste van Duitsland gestaan en wag het, is deur ‘n onbekende aangerand. Dié voorval kom slegs ‘n week nadat ‘n soortgelyke insident in Mügeln plaasgevind het en politici die toename in "vreemdelinghaat" sterk veroordeel het. In ‘n ander voorval in Guntersblum naby Mainz is ‘n Egiptenaar en Soedanees aangeval.

Die ses-en-dertigjarige Irakeër is volgens ‘n polisiewoordvoerder eers deur ‘n plaaslike inwoner uitgeskel omdat hy kwansuis nie tuis hoort in Duitsland nie, waarna die inwoner weer omgedraai het. Kort daarna het die inwoner egter teruggekeer met sy hond wat hy op die man losgelaat het, asook ‘n bofbalkolf. Die inwoner het die immigrant met kolf bygedam en kopwonde toegedien. ‘n Ooggetuie het die toneel gadegeslaan en die polisie ontbied.

By die wynfees in Guntersblum oor die naweek het etlike Duitsers op die twee immigrante toegesak en albei is beseer. In Mügeln het daar Saterdagaand net 200 mense aan ‘n vredesmars deelgeneem om kerse voor die Pizzeria waar die Indiërs skuiling gaan soek het, te plaas. Die Indiërs is deur 50 Duitsers aangerand en agtervolg tot in die eetplek.

Die linkse SPD-voorsitter wil graag die regse NPD-party laat verbied om vreemdelinghaat te bekamp, maar Kanselier Merkel en CSU-voorsitter Stoiber is nie entoesiasties oor die voorstel nie. Die Hessiese minister vir interne aangeleenthede, Volker Bouffier (CDU), het gesê dat die NPD met argumente bestry behoort te word. Probleme sal nie, meen lede van die regering, met ‘n verbod opgelos word nie.

‘n Emnid-meningspeiling het onlangs bevind dat soveel as 14% van stemgeregtigde vroue vir ‘n party regs van die huidige regering sal stem. Dit is ‘n verrassing volgens navorsers omdat vroue geneig is om nie so sterk na regs oor te hel nie. Van mans het net 9% gedink dat hulle sou regser kon stem.

компрессор для пескоструйкиФильчаков прокурор харькова

Sweedse Kuifie bly

Image

Kuifie bestuur

Die owerhede in Swede het ‘n klag van ‘n Sweedse burger wat in die Kongo gebore is om "Kuifie in die Kongo" te verbied, van die hand gewys.  Jean-Dadou Monya, wat sedert 1992 in Swede woon, het verlede Donderdag die Sweedse uitgewer, Bonnier Carlsen, voor die hof gedaag om te eis dat die verkope van die strokiesverhaal gestaak word en dat dit uit biblioteke verwyder word.

 
Monya (42) het aan die media gesê dat hy per pos laat weet is dat die uitgewer nie vervolg sal word nie. Die besluit is glo op ‘n tegniese punt geneem en die hof het geen dieper gronde daarvoor gegee nie. "Ek het dit verwag, vir my was die belangrikste om die rassistiese trekke van die strokie uit te wys wat geen plek het in die 21ste eeu nie," was die klaer se reaksie.
 
"Dit is ‘n storie vir kinders en dis nie goed as hulle rassistiese dinge lees nie, soos as Kuifie op Afrikane skree en hulle lui noem," het hy voortgegaan. Hy het die klag in die naam van die Afro-Sweedse Vereniging gelê. Monya sê hy deur die klag in België teen "Kuifie in die Kongo" gesterk.

строительство турецкой баниДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Moetie-aanval in Noordwes

Die man wat die laaste persoon was wat ’n jong swart seun twee weke gelede gesien het, net voor hy wreedaardig vermink is, is die pas afgelope naweek dood aangetref in die dorpie Phela, in Noordwes. Dit is nog nie bekend wie hom vermoor het nie. Sy liggaam is sowat 500 meter gevind van die veekraal waar hy die dertienjarige seun die laaste keer gesien het.

Die seun, Bahumi Mogorosi, is op 5 Augustus naby Rustenburg aangeval. Hy was besig om sy pa se vee op te pas toe hy oorval is. Sy aanvallers het sy tong, geslagsdele en lippe uitgesny. Sy regterarm is by die elmboog afgekap. Ná die aanval het hy sowat 150 meter gekruip om hulp te kry. Hy verkeer tans in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Toordokters glo dat ’n afgesnyde hand wat onder ’n winkeldeur begrawe word, vir die winkeleienaar goeie geluk en flinke sake kan beteken. Die hand wink naamlik klante en geld nader.

Volgens dr Gerard Laubschagne, wat aan die hoof staan van ’n polisie-eenheid wat moetiemoorde- en aanvalle ondersoek, kom sulke aanvalle nog gereeld voor. Hierdie moorde word egter dikwels nie by die polisie aangemeld nie. Alhoewel amptelike statistiek nie beskikbaar is nie, glo hy dat tot 300 sulke moorde jaarliks plaasvind. Polisielede hanteer sulke gevalle dikwels soos gewone moorde, wat beteken dat Labuschagne en sy eenheid nie daarby betrek word nie.

Die meeste tradisionele genesers beperk hulle tot die gebruik van kruie, boombas en dele van dierkarkasse, maar die geloof bestaan dat menslike ledemate oor geweldige krag beskik en die konkoksie wat verkoop word dus baie duurder maak. Volgens Labuschagne is dit moeilik om sulke gevalle op te los, aangesien verskillende partye betrokke is. Die geneser sal aan die moordenaar beskryf watter liggaamsdele hy benodig.

Dit moet verwyder word terwyl die slagoffer nog leef. Testikels is gewild vir viriliteitsresepte, tonge word verwyder om mans te help om vroue met hulle woorde te bekoor en vet van die maag of borste word gebruik om geluk te bring. Indien die moordenaar gevang word, wil hy dikwels nie die naam van die geneser verklap nie, omdat hy vrees dat hy getoor kan word.

Labuschagne het geen illusies dat sy eenheid hierdie praktyk gaan beëindig nie. “Die praktyk gaan al vir eeue lank aan, dit is niks nuuts nie. Ek dink nie enigiemand glo dat ons moetiemoorde gaan verhoed nie, net so min soos mens kan beweer dat prostitusie beëindig kan word.“

лучшее пуско зарядноеФильчаков Харьков

Invloed van Iranse weermag brei uit

Image

Genl. Afshar

Generaal Alireza Afshar gaan die raadgewer van die Iranse president Ahmadinejad, Mosjtaba Samareh Hasjemi vervang. Die Staatstelevisie het Sondag die aankondiging gemaak. Die nominasie dui daarop dat die invloed van die ideologiese toesighouers, naamlik die Rewolusionêre Wag, toegeneem het. Die Wag was onlangs in die nuus nadat die VSA bekend gemaak het dat hulle dit oorweeg om die Wag op hul lys van terreurorganisasies in te sluit.

Afshar word as die éminence grise onder Iran se besluitnemers gereken. Dit word as ‘n sleutelpos in die regering beskou omdat hy daarvoor verantwoordelik sal wees om die komense verkiesing te reël. Die parlementêre verkiesings vind in 2008 plaas.

Die generaal sal ook gedeeltelik verantwoordelik wees vir die 30 provinsies se goewerneurs en hy staan aan die hoof van die liggaam wat lisensies aan nie-regeringsorganisasies asook poltieke partye uitreik. Hy is een van die president se vertrouelinge.

Die Rewolusionêre Wag, oftewel die die Pasdaran – die Farsi-woord vir "wag" – is die grootste vertakking van die Islamitiese republiek se weermag. Afshar het die beste deel van sy loopbaan aan die Pasdaran gewy en hy het tot onlangs as adjunk van die bevelvoerder van die weermag gedien. Hy was gemoeid met kultuursake in daardie hoedanigheid.

President Ahmadinejad, wat sedert 2005 die regering lei, was ook voorheen ‘n lid van die Pasdaran. Afshar het ook tussen 2003 en 2005 as Ahmadinejad se raadgewer opgetree toe hy as burgemeester van Teheran gedien het. Die twee here was saam op universiteit. Afshar het tydens die Iran-Irak konflik (1980 – 1988) as woordvoerder vir die Iranse weermag opgetree.

Hy is daarna as hoof van die Immam Hossein-universiteit aangestel. Dié universiteit is hoofsaaklik gemoeid met die opleiding van Pasdaran-leiers.

установка газового отопления в квартиреДанильченко Юрий Харьков