Pro-Pretoria-groepe wen in hof

Image

‘Gaan terug Europa toe!’

Die dringende hofaansoek wat vanmôre deur verskillende Pro-Pretoriagroepe, onder andere die Vryheidsfront Plus in die Pretoriase Hooggeregshof gebring is, het geslaag en die stadsraad mag geen verdere naamborde verander totdat uitsluitsel in die naamstryd verkry is nie.

Die verrigtinge vooraf is gekenmerk deur spanning tussen pro- en anti-Pretoriabetogers. Terwyl die anti-Pretoria-faksie getoitoi het en liedjies soos "Ons gaan Tshwane toe" gesing het, het die ander groep spontaan Die Stem en Die Lied van Jong Suid-Afrika begin sing.

Dr. Dan Roodt van PRAAG is so byna-byna deur ‘n groep van veertig swart betogers aangerand toe hy aan die burgemeesteres van die Tshwane-munisipaliteit, Gwen Ramakgopa geskree het: "Maar tans vedruk u ons met u naamsveranderings!" Dit was in reaksie op Ramakgopa se toespraak vanaf ‘n bakkie in Vermeulenstraat waartydens sy gesê het dat die naam van Pretoria sál verander omdat dit die stad is waarvandaan swartes in die vorige bedeling "verdruk" is.

Van die ANC-betogers het ook aan dr. Roodt geskree: "Gaan terug Europa toe." Volgens die burgemeesteres van die Tshwanestruktuur is Afrikaners "slegs in die land welkom indien hulle die ANC respekteer". 

slots bonusпрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae