Dr. Dan Roodt van PRAAG is so byna-byna deur ‘n groep van veertig swart betogers aangerand toe hy aan die burgemeesteres van die Tshwane-munisipaliteit, Gwen Ramakgopa geskree het: "Maar tans vedruk u ons met u naamsveranderings!" Dit was in reaksie op Ramakgopa se toespraak vanaf ‘n bakkie in Vermeulenstraat waartydens sy gesê het dat die naam van Pretoria sál verander omdat dit die stad is waarvandaan swartes in die vorige bedeling "verdruk" is.
Van die ANC-betogers het ook aan dr. Roodt geskree: "Gaan terug Europa toe." Volgens die burgemeesteres van die Tshwanestruktuur is Afrikaners "slegs in die land welkom indien hulle die ANC respekteer".
