Merkel is die magtigste vrou

Image

Poolse tydskrifvoorblad

Die Duitse kanselier, Angela Merkel, is vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die magtigste vrou ter wêreld deur die Forbes-indeks. China se vise-premier, Wu Yi, het vir ‘n verrassing gesorg deur die Amerikaanse Condoleeza Rice van haar tweede plek te ontneem.

Die Amerikaanse tydskrif Forbes publiseer hierdie jaar die vierde spesiale jaarlikse uitgawe waarin die honderd mees invloedryke vroue op die planeet volgens rangorde aangegee word. Die uitgawe het Donderdag verskyn.

Onder die eerste tien is daar vyf Amerikaanse vroue en drie uit Asië. Sonia Ghandi van Indië en Ho Ching van Singapoer is die ander Asiërs wat die lys gehaal het. Me Rice kon hierdie jaar slegs die vierde plek haal.

Vroue wat regeringsposte beklee is in die minderheid teenoor sakevroue. Net 29% van die vroue op die lys dien in ‘n regering, terwyl 66% danksy bestuursvernuf hulle invloed laat geld. Onder hulle is die HUB van Chanel, die direktrise van die Wêreldgesondheidsorganisasie en die president van Harvard.

Vroue uit die Midde-Ooste het ook plekke verwerf. Die eerste dame van Kathar is in die 79ste plek en Sjeika Mozah Al-Missned van die VAE in die 99ste plek. Hillary Clinton en Nancy Pelosi is natuurlik ook teenwoordig op die 25ste en 26ste plekke, met Oprah Winfrey ‘n kortkop voor op nommer 21.

лестницы вФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae