Invloed van Iranse weermag brei uit

Image

Genl. Afshar

Generaal Alireza Afshar gaan die raadgewer van die Iranse president Ahmadinejad, Mosjtaba Samareh Hasjemi vervang. Die Staatstelevisie het Sondag die aankondiging gemaak. Die nominasie dui daarop dat die invloed van die ideologiese toesighouers, naamlik die Rewolusionêre Wag, toegeneem het. Die Wag was onlangs in die nuus nadat die VSA bekend gemaak het dat hulle dit oorweeg om die Wag op hul lys van terreurorganisasies in te sluit.

Afshar word as die éminence grise onder Iran se besluitnemers gereken. Dit word as ‘n sleutelpos in die regering beskou omdat hy daarvoor verantwoordelik sal wees om die komense verkiesing te reël. Die parlementêre verkiesings vind in 2008 plaas.

Die generaal sal ook gedeeltelik verantwoordelik wees vir die 30 provinsies se goewerneurs en hy staan aan die hoof van die liggaam wat lisensies aan nie-regeringsorganisasies asook poltieke partye uitreik. Hy is een van die president se vertrouelinge.

Die Rewolusionêre Wag, oftewel die die Pasdaran – die Farsi-woord vir "wag" – is die grootste vertakking van die Islamitiese republiek se weermag. Afshar het die beste deel van sy loopbaan aan die Pasdaran gewy en hy het tot onlangs as adjunk van die bevelvoerder van die weermag gedien. Hy was gemoeid met kultuursake in daardie hoedanigheid.

President Ahmadinejad, wat sedert 2005 die regering lei, was ook voorheen ‘n lid van die Pasdaran. Afshar het ook tussen 2003 en 2005 as Ahmadinejad se raadgewer opgetree toe hy as burgemeester van Teheran gedien het. Die twee here was saam op universiteit. Afshar het tydens die Iran-Irak konflik (1980 – 1988) as woordvoerder vir die Iranse weermag opgetree.

Hy is daarna as hoof van die Immam Hossein-universiteit aangestel. Dié universiteit is hoofsaaklik gemoeid met die opleiding van Pasdaran-leiers.

установка газового отопления в квартиреДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae