China staan voor kragtekort

ImageChina staan voor sy ergste kragtekort in ten minste vier jaar met stygende steenkoolpryse.

Kleiner kragsentrales maak toe eerder as wat hulle ophopende verliese aanspreek.

Ontleders beskryf dit as die ergste steenkooltekort ooit en die helfte van China se provinsies het reeds begin om elektrisiteit te rantsoeneer.

Die kragtekort sal beduidende implikasies vir sowel inflasie as die land se groei hê.

Steenkoolpryse in China het sedert die begin van die jaar verdubbel.

online slotДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Zim-inflasie by 2,2 miljoen persent

Zimbabwe se inflasie, wat reeds die hoogste ter wêreld is, het 'n nuwe rekord by 2,2 miljoen persent getref.

Die syfer is deur Gideon Gono, die goewerneur van die sentrale bank, aangekondig voor 'n toespraak deur Mugabe waarin dié Brittanje aangeval het.

Mugabe het die voormalige koloniale mag daarvan beskuldig dat sy beheer oor die hulpbronne van Zimbabwe wil oorneem

Inflasie het vir die eerste keer die 1 000 persentvlak in Mei 2006 verbygesteek en het sedertdien omtrent konstant gestyg.

Stedelike gebiede word die ergste geraak met plattelandse gebiede wat aan die ergste uitwerking daarvan ontkom.

освещение для магазина софитыДанильченко Юрий отзывы

Opgevoede Suid-Afrikaners wil padgee

'n Verslag wat deur die regering aangevra is, toon dat bykans 40% van volwasse Suid-Afrikaners nie langer tot die land verbind is nie en dat 29% aktief probeer emigreer of daaraan dink om te emigreer.


Volgens die Mail & Guardian het die bui in die land tussen April 2007 en Julie 2007 na pessimisties verander.

Deelnemers is vanuit alle rassegroepe regoor die land betrek.

Verbintenis tot Suid-Afrika neem af met opvoedingsvlakke en ouderdom.

Onlangse navorsing deur die mediamoniteringsorganisasie, Media Tenor, meen dat Suid-Afrika se reputasie in die buitelandse media ook toenemend negatief raak.

прививочная карталобановский александр интервью

Suid-Afrikaners betaal te veel vir krediet

Die DA sê Statistiek Suid-Afrika het die inflasiekoers met ten minste 2 persent oorskat.

Vanweë die moontlike wanberekeninge moet miljoene Suid-Afrikaners hoër verbandpaaiemente, motorlenings, oortrokke rekeninge en kredietkaartbetalings wat maandeliks honderde, selfs duisende rande werd is, verduur.

Investec se berekeninge in 'n Business Report-artikel het onthul dat Statistiek SA die VPIX-inflasiekoers te hoog gestel het.

Die probleem is veroorsaak deur veranderinge in die berekeningsmetodes vir inflasie te lank uit te stel.

Volgens die DA behoort die statistikus-generaal Pali Lhohla weens herhaalde foute afgedank te word.

люстра купитьФільчаков прокурор

Ekonomiese probleme tref Europa

ImageDie wêreld se ekonomiese probleme het nou uiteindelik vir Europa getref.

Spanje, Ierland en Denemarke is op pad na 'n resessie en Italië stagneer.

In Frankryk is die ekonomiese probleme besig om vinnig op te hoop en in Brittanje het die inflasiekoers tot 3,8 persent gestyg as gevolg van hemelhoë pryse vir voedsel en brandstof.

In Duitsland het 'n invloedryke opname van Duitse beleggers deur die Sentrum vir Europese ekonomiese navorsing in Mannheim bevind dat verbruikersvertroue tot sy laagste vlak sedert 1991 gedaal het

Europa staan nou voor 'n krimpende ekonomie.

детски иглобановский александр компромат

Pretoria se HOP-inwoners briesend

Honderde woedende inwoners van Pretoria se middestad het 'n memorandum aan die burgemeester oorhandig om te vra dat uitsettings uit vervalle munisipale geboue dadelik ophou.

Hulle wil aanbly in die Schubart- en Kruger Park-woonstelle wat opgeknap gaan word ten bedrae van R200 miljoen.

Die ANC het die woonstelle in 1999 aan die Tshwane metro as HOP-behuising oorgedra.

Inwoners sê hulle gaan nie die geboue wat die regering in die grond in verwaarloos het, ontruim nie.

Inwoners het die munisipaliteit 14 dae gegee om te reageer en gewaarsku dat daar chaos agterna gaan wees as hulle nie hulle sin kry nie.

кардиган для девочкиданильченко юрій броніславович

Kanada stuur Irak-droster terug

Lede van die Amerikaanse weermag wat na Kanada wil dros, se dae is getel.

 

Robin Long van die deelstaat Idaho is teruggestuur na die VSA deur die Kanadese regering. Sedert die oorlog in Irak in 2003 begin het, het ongeveer 200 mense na Kanada gevlug.

Alhoewel baie Kanadese die drosters ondersteun, word hulle nie meer so gul verwelkom soos gedurende die Viëtnamoorlog nie. Long sal uiteindelik na Fort Knox, Kentucky, teruggestuur word om dissiplinêr verhoor te word.

Hy het in 2003 by die weermag aangesluit om 'n tenkbevelvoerder te word en in 2005 na Kanada gevlug met sy metgesel en twee kinders.

детский реглан для девочкиДанильченко Юрий Харьков

Polisie aanvaar slegs-Engels-beleid

Na die debakel waar die forensies getuienis in 54 sake nooit ontleed is nie as gevolg van dekbriewe in Afrikaans, het die polisiediens aangekondig dat Engels die enigste taal is waarin forensiese versoeke aanvaar word.

 

Dit geskied in weerwil van die elf amptelike tale waarvoor die grondwet voorsiening maak en die twee werkstaal wat van elke staatsdepartement verwag word.

'n Woordvoerder van die polisie, superintendent Leon Engelbrecht, het gesê dat omsendbriewe reeds verlede jaar aan polisielede gestuur is waarin hulle in kennis gestel word van die departement se slegs-Engels-beleid.

Oor die jare het verskeie Afrikaanse organisasies klagtes by die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad, 'n grondwetlike liggaam gelê, maar regeringsdepartemente hou aan om straffeloos die grondwet te ignoreer.

gambling sites thatФільчаков прокурор

Misdaad maak klein sake dood

Misdaad is besig om 'n verwoestende uitwerking op klein sakeondernemings te hê en toestande is erger in Kaapstad as in Johannesburg of Durban.

In 'n opname wat gister deur die Kleinsakeprojek vrygestel is, is bevind dat 54 persent van klein sake 'n misdaadvoorval oor die afgelope jaar ervaar het. Meer as 'n kwart van respondente het ook gesê dat hulle nie hul eie onderneming sal begin nie omdat hulle geweldsmisdaad vrees.

Volgens die opname voel die meeste eienaars van klein ondernemings onveilig en is hulle pessimisties oor enige vorm van verligting. Meer as twee derdes van dié wat ondervra is, meen dat misdaadvlakke nie oor die volgende jaar gaan daal nie en 'n derde voorsien dat misdaadvlakke gaan styg.

mobile casino free cash no depositДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Kenia se ontworteldes bly haweloos

Kenia se regering van nasionale eenheid mag vier maande oud wees, maar die land is ver van stabiel af.

Omtrent 600 000 mense het gedurende die onlangse verkiesings uit hul huise gevlug.

Die meeste het intussen na hul huise teruggekeer, maar baie is steeds te bang om terug te gaan.

Mense wil hul in gebiede vestig waar hulle stam in die meerderheid verkeer en voel die regering moenie ontwortelde mense dwing om na gebiede te verskuif waar hulle buitestaanders is nie.

'n Aantal gemeenskappe maak tans die vrylating van jeugdiges wat by die geweld betrokke was 'n voorvereiste om ander toe te laat om na hul wonings terug te keer.

детская кухня купить киевtopcargo отзыв