Hulle wil aanbly in die Schubart- en Kruger Park-woonstelle wat opgeknap gaan word ten bedrae van R200 miljoen.
Die ANC het die woonstelle in 1999 aan die Tshwane metro as HOP-behuising oorgedra.
Inwoners sê hulle gaan nie die geboue wat die regering in die grond in verwaarloos het, ontruim nie.
Inwoners het die munisipaliteit 14 dae gegee om te reageer en gewaarsku dat daar chaos agterna gaan wees as hulle nie hulle sin kry nie.
