Romney die gunsteling

Met ‘n stewige oorwinning in die voorverkiesing in die Amerikaanse deelstaat Illinois Dinsdag het Mitt Romney feitlik verseker dat hy die Republikeinse Party (RP) se kandidaat sal wees vir die Amerikaanse presidensiële verkiesing wat vroeg in November plaasvind. Sodoende kan hy geskiedenis maak deur die eerste Mormoon te wees wat ‘n kans het om president van die VSA te word.

Romney het weliswaar sy naaste teenstander Rick Santorum met meer as 10 persentasiepunte in Illinois geklop, maar kon nog nie daarin slaag om meer as 50 persent van die koukusstemme op hom te verenig nie. Hy het 47% van die stemme gekry teenoor Santorum se 35%, Ron Paul se 9 en Newt Gingrich se agt.

Hiermee het hy 41 van die staat se 54 afgevaardigdes na die Republikeine se benoemingskongres ingepalm om sy totaal op 562 te staan te bring – feitlik die helfte van die vereiste 1144 afgevaardigdes wat nodig is om benoeming te verseker. In meningspeilings loop hy ook voor sy teenstanders en hy behoort veral oor sowat ‘n maand in groot state soos New York, Texas en Kalifornië goed te vaar en groot getalle afgevaardigdes agter hom geskaar te kry.

Maar Rick Santorum weier om neerlaag te erken hoewel hy tot dusver slegs 249 afgevaardigdes kon bekom en Gingrich en Paul (onderskeidelik 137 en 71 afgevaardigdes) glo blykbaar ook dat hulle dalk nog iets in die volgende drie maande kan verrig voor die RP se benoemingskonvensie op 24 Augustus.

Woensdag het Romney egter nog ‘n groot hupstoot gekry toe Jeb Bush, seun van George en vroeër vanjaar een van die potensiële kandidate, sy gewig agter Romney ingegooi het en gepleit het vir eenheid en samehorigheid in die party.

Dit was bra betyds want daar was aanduidings dat die stryd tussen die vier Republikeinse aanspraakmakers besig was om lelik te word. John McCain, wat vier jaar gelede die verkiesing teen Obama verloor het, het juis die afgelope week gewaarsku dat die negatiewe aanvalle op mekaar besig is om die party se aansien te skaad.

Die probleem is dat daar ‘n groot deel van die party is wat allesbehalwe gelukkig is dat ‘n Mormoon hulle kandidaat kan word. Veral die sterk evangelistiese partylede in die berugte “Bible Belt” het eintlik ‘n aartskonserwatiewe soos Gingrich verkies, maar sy taamlik skokkende verlede van twee egskeidings op grond van sy buitehuwelikse manewales, het hom gou uit die veldtog geskuif. Die vierde man, Ron Paul, word nie as konserwatief genoeg gesien nie en sy ouderdom van 76 tel ook sterk teen hom.

Santorum word as baie konserwatief beskou, maar die feit dat hy ‘n Katoliek is tel weer teen hom by die WASPS – die White Anglo-Saxon Protestants – en dus die evangelisasie fundamentaliste en behoudenes. Sy goeie vertoning in die afgelope paar voorverkiesings moet egter gesien word as wyer steun vir sy uitgesproke teenstand teen homoseksuele huwelike, aborsieklinieke en Spaanssprekende immigrante en sy openlike steun vir die insluiting van kreasionisme en Intelligente Ontwerp in skoolleerplanne naas die konsep van evolusie.

Die Republikeine se probleem is dat hulle eintlik ‘n kandidaat nodig het wat nie alleen alle Republikeinse stemme op hom sal verenig nie, maar ‘n beduidende deel van die onsekere kiesers en selfs ‘n deel van die konserwatiewe vleuel van die Demokratiese Party sal kan trek om Obama te klop. En dit gaan nie maklik wees nie.

Soos dit is, gebruik Obama en sy adviseurs die huidige verdeeldheid in die RP baie goed en volgens een meningspeiling die afgelope paar dae loop hy in hierdie stadium met sowat vyf presentasiepunte voor teen wie ook al die RP se kandidaat is. Ander opnames soos die betroubare Rasmussen-peilings meen egter dat dit wil voorkom of dit ‘n baie gelykop stryd gaan wees.

Maar in ‘n land waar geld ‘n groot rol speel in verskiesings, is pas berig dat Obama reeds meer verkiesingsfondse bymekaar gemaak het as al die RP kandidate saam – en die sterk linkse media werk hard om Obama herkies te kry.

Hoe ongewild Obama ook al by baie mense in en buite die VSA mag wees, die kanse is daar dat hy weer die verkiesing vroeg in November gaan wen.

Фильчаков прокурор отзывы

Hoe ewolusie die dood van swartes veroorsaak

Blykbaar is evolusie nie ‘n onderwerp wat alle swart studente aanstaan nie.

‘n Niksvermoedende Japannese professor by ‘n Amerikaanse universiteit was rustig besig om die gedrag van poue te bespreek, toe hy skielik onderbreek is.

Terwyl hy verduidelik hoe seleksie werk en hoe die wyfiepou ‘n mannetjie verkies met groter vere, vra die swart student in die voorste ry skielik hoe ewolusie ‘n rol gespeel het om swartes se dood te veroorsaak.

Dr Kajiura, die leerkrag, probeer om haar vraag te beantwoord, selfs al het hy geen idee waarvan sy praat nie. Sy herhaal haar vraag 4 na 5 keer om die proffie onder die indruk te bring dat hy nie haar vraag na wense beantwoord nie.

Kennelik was die bespreking van die poue die katalisator vir een of ander diepgesetelde minderwaardigheidsgevoel by die swart vrou.

Deur ewolusie verantwoordelik te hou vir swartes se agterstand, het sy waarskynlik gehoop om die morele hoëgrond te bereik, aangesien die argument dat omstandighede buite hul eie beheer swartes striem meermale met sukses gevoer word.

Sy is ongelukkig hardhandig deur kampussekuriteit uit die klas verwyder voordat sy haar leerkrag of medestudente kon oorreed van haar “geldige” vraag.

Александр Фильчаков

Oostenrykse maatskappy rook SA-padgebruikers

‘n Oostenrykse maatskappy wat die kontrak gekry het om Gauteng se e-tolpadstelsel op te rig het in ‘n enkele jaar R1,2 miljard verdien uit sy betrokkenheid in Suid-Afrika, het The Star Dinsdag berig.

Volgens die jaarverslag van Kapsch Traffic-Com, wat in Maart verlede jaar gepubliseer is, het die maatskappy R1,2 miljard in Suid-Afrika ingeoes met verkeersboetes en e-skyfieverkope. Die jongste finansiële jaar se verslag is nog nie beskikbaar nie.

Die maatskappy het aanvanklik die tender om die e-tolpadstelsel te bou, gewen as deel van ‘n konsortuim met die Kaapse maatskappy TMT Services and Supplies. Kapsch het ‘n paar maande ná die toekenning van die tender die meerderheid van TMT se aandele vir R75 miljoen gekoop.

Die kontrak om die tolpaaie te bestuur, is vir agt jaar geldig.

“TMT Services and Supplies is betrokke by projekte vir verkeersbeheer… insluitend spoedboetes in Gauteng en die Mpumalanga-provinsie,” het die koerant berig.

Patrick Craven, woordvoerder vir Cosatu, het volgens die koerant gesê sy organisasie is gekant teen die privatisering van openbare paaie.

“Dit moet nie daar wees sodat ‘n private maatskappy soos Kapsch geld kan maak ten koste van die mense van Gauteng nie.”

Gary Ronald, woordvoerder vir die Automobiel Assosiasie (AA), het gesê die wins is “skrikwekkend”, veral wanneer dit vergelyk word met ander lande waar Kapsch sake doen.

“Daar is net 10 miljoen voertuie in Suid-Afrika; vier miljoen in Gauteng. Is dit die hoeveelheid geld wat hulle kan maak uit net 185 km se pad?” het hy gevra.

прокурор харьковской области

Zim se oes misluk… weer

Zimbabwe staar hierdie jaar ‘n yslike graantekort in die gesig nadat ‘n derde van die huidige mielie-oes afgeskryf is as gevolg van ‘n langdurige droogte, het die staatsbeheerde media berig.

Die Suider-Afrikaanse land, voorheen ‘n plaaslike kosvoorsiener, sukkel om sy mense te voed sedert 2000 toe president Robert Mugabe begin het met die beslaglegging op wit kommersiële plase om “grondlose” swartes te hervestig.

Minister van landbou Josef Made het aan die staatsbeheerde Herald-koerant gesê dat die regering die verkope van sy strategiese graanvoorraad gestaak het nadat ‘n gewasassessering aangetoon het dat ‘n derde van die 1,689 miljoen hektaar onder mielies, klaar ‘n mislukking is.

Hoewel die produksie van mielies herstel het van sy laagtepunt van 400,000 ton in 2007/08 tot 1,35 miljoen ton in 2010/11, sukkel die land steeds om aan sy jaarlikse graanverbruik van byna 2 miljoen ton te voldoen.

Zimbabwe sal waarskynlik graan moet invoer, maar daar is vrese dat die plaaslike verskaffers Suid-Afrika, Zambië en Malawi nie sal kan lewer nie.

“Daar is aanduidings dat ons buurlande waarskynlik koringtekorte gaan hê,” het Made gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

Sarkozy, EU se kanse verbeter

Frankryk, wat die grootste Joodse bevolking van ‘n halfmiljoen in Wes-Europa huisves, is geruk deur die moorde by ‘n Joodse skool in Toulouse.

Toulouse, die “pienk stad” vanweë sy rooskleurige baksteengeboue, huisves ook die grootste studentebevolking in Frankryk buite Parys. Dis ‘n kosmopolitiese stad in die suide van die land wat ‘n groot Mosleminstroming beleef vanuit Noord-Afrika.

Daar woon tussen 10 000 en 15 000 Jode in die stad van ongeveer 440 000 siele. Omdat die bevolking jonk is, is hulle ook dikwels linksgesind en anti-Israel.

Die korrespondent van France24, Chris Bockman, sê bronne by justisie meen die skote is van dieselfde wapen gevuur as wat in die moorde van soldate pas terug uit Afghanistan, net ‘n week gelede, gebruik is. Die motorfiets is ook glo dieselfde een. Soldate in Frankryk word tans verbied om hul uniforms buite hul basisse te dra.

Bockman sê ook die aanval was ‘n rasgedrewe aanval op minderhede in ‘n hoofsaaklik wit land. Die ondersoek is reeds by die polisie oorgeneem deur die regering se anti-terreurspesialistespan.

Een van die ooggetuies sê die skieter het nie doelloos na die kinders geskiet nie, maar sy wapen sekuur gerig en hulle een vir een, om die beurt, ‘n kopskoot gegee.

Israel verkeer in skok en het die moorde veroordeel as anti-Semitiese haatmisdade. ‘n Lid van die Knesset, Yakov Katz het Jode in Frankryk aangemoedig om die land dadelik te verlaat en gesê Sarkozy en Obama kan nie Jode se veiligheid waarborg nie. Hy het bygevoeg dat net Israel ‘n toevlug kan wees.

Die rabbi wat in die aanval dood is, Jonathan Sandler (30), was ironies genoeg ‘n Israeli wat in Frankryk skoolgegee het.

Die aanval het, hartseer genoeg, Sarkozy se kanse om herverkies te word ‘n hupstoot gegee. Hy stoei tans met Marine Le Pen van die Nasionale Front, die regse anti-immgrasieparty, wat stemme van sy UMP afrokkel.

Dit sal ook Frans-Duitse eenheid bestendig wat onder kwaai spanning verkeer nadat die Sosialistiese kandidaat Francois Hollande gedreig het om die EU-hulppakket die rug te keer.

Merkel weier steeds om Hollande, wat vóór die skietery die gunsteling was om die Franse verkiesing in April te wen, te ontmoet. Elio de Rupo, die Belgiese premier, is een van Hollande se ondersteuners.

Фильчаков Харьков

Swede raak kontantloos

Swede was die eerste Europese land om banknote in te voer in 1661. Nou is hulle al verder as die meeste op die pad om ontslae te raak daarvan.

“Ek kan nie sien hoekom ons met die druk van banknote moet aanhou nie,” sê Björn Ulvaeus, voormalige lid van ABBA, en ‘n uitgesproke voorstander vir ‘n wêreld sonder kontant.

Die buitelyne van so ‘n gemeenskap besig om vorm aan te neem in dié hoë-tegnologie land.

In die meeste Sweedse stede aanvaar openbare busse nie kontant nie, en kaartjies word vooraf gekoop met ‘n selfoon-SMS-boodskap.

“Daar is dorpe waar dit is glad nie meer moontlik is om ‘n bank te kry om kontant te aanvaar nie,” kla Curt Persson, voorsitter van Swede se Nasionale Pensioenarisse se organisasie.

Hy sê dit is ‘n probleem is vir bejaarde mense in landelike gebiede wat nie kredietkaarte het nie of weet hoe om dit te gebruik om kontant te trek nie.

Die agteruitgang van kontant is opvallend, selfs in huise van aanbidding, soos by die Carl Gustaf Kerk in Karlshamn, in die suide van Swede, waar pastoor Johan Tyrberg onlangs ‘n kaartleser geïnstalleer het om dit makliker vir aanbidders te maak om offers te gee.

“Mense het vir my ‘n paar keer gesê hulle het nie kontant nie, maar sal nog graag geld skenk,” sê Tyrberg.

Kontant is slegs 3 persent van Swede se ekonomie, in vergelyking met ‘n gemiddeld van 9% in die eurosone en 7% in die VSA, volgens die Bank vir Internasionale Verrekening, ‘n sambreel-organisasie vir die wêreld se sentrale banke.

Drie persent is steeds te veel sê Ulvaeus. ‘n Kontantlose samelewing is ‘n kwessie van sekuriteit.

Na sy seun vir die derde keer beroof is, het hy begin pleit vir ‘n vinniger oorgang na ‘n volle digitale ekonomie, net om die lewe vir diewe moeiliker te maak.

“As daar was geen kontant is, wat sal hulle doen?” sê Ulvaeus, 66.

Die Sweedse Vereniging van banke sê die inkrimping van die kontant-ekonomie het reeds ‘n impak op die misdaadstatistiek.

Die aantal bankrooftogte in Swede het van 110 in 2008 tot 16 in 2011 gedaal, die laagste vlak sedert begin is om rekord te hou 30 jaar gelede.

Ekonomiese professor Friedrich Schneider van die Johannes Kepler Universiteit in Oostenryk, sê: “As mense meer kaarte gebruik, is hulle minder betrokke in die skadu-ekonomie.” Schneider is ‘n kenner op die gebied van ondergrondse ekonomie.

Volgens die Sweedse Nasionale Raad vir Misdaadvoorkoming het gerekenariseerde bedrog egter gestyg tot byna 20,000 in 2011 van 3304 in 2000.

Oscar Swartz, die stigter van Swede se eerste Internet-diensverskaffer, Banhof, sê ook ‘n digitale ekonomie verhoog privaatheidsprobleme as gevolg van die elektroniese spoor van transaksies. Hy ondersteun die idee van uitfasering kontant, maar sê ander anonieme betalingsmetodes moet ingestel word.

“‘n Mens moet in staat wees om geld te stuur en geld te skenk aan verskillende organisasies sonder om elke keer opgespoor te word,” sê hy.

Dit is geen verrassing dat Swede en ander Nordiese lande aan die voorpunt van die ontwikkeling staan nie, gegewe hul klem op die tegnologie en innovasie.

Binnekort sal Sweedse burgers vir mekaar oor en weer kan geld stuur op hul selfone.

Die uittredende adjunk-goewerneur van Swede se sentrale bank, Lars Nyberg het verlede jaar gesê dat kontant sal oorleef “soos die krokodil, alhoewel dit gedwing kan word om te sien hoe sy habitat geleidelik krimp.”

данильченко юрій Харків

Libië vra aandele van Zambië terug

Libië se beleggingsowerheid dagvaar die Zambiese regering, omdat dié beslag gelê het op ‘n beherende aandeel in ‘n selfoonnetwerk.

‘n Libiese telekommunikasie-maatskappy, wat 75 persent van die Zamtel-netwerk besit, sê president Michael Sata se onteiening van dié aandele is onwettig en ongrondwetlik.

Die beleggingsowerheid het hofstukke by die Zambiese Hooggeregshof ingedien.

Hy eis meer as drie-miljard rand se vergoeding vir verlore bates en ‘n onbekende bedrag vir bedryfsverliese, indien die aandele nie teruggegee word nie.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Bruin en swart raak slaags in Grabouw

Die polisie sal voortgaan om Grabouw te monitor ná rassebetogings oor onderwys uitgebreek het vroeër in die dag, het die Wes-Kaapse polisie gesê.

Swart en bruin inwoners het mekaar gepak in ‘n rassestryd oor skole. Die swart inwoners kla hulle skool is oorvol en het gedreig om die bruin skool af te brand. Bruin inwoners het op hul beurt swartes gejag en waar hulle een teëgekom het, aangerand.

Ao. November Filander het gesê die situasie in Grabouw is tans stil en geen voorvalle is aangemeld Maandagaand nie.

“Die polisie sal daar wees die hele nag en more die hele dag sal ons daar wees totdat alles uitgesorteer is.”

Maandagoggend is die N2-hoofweg by Grabouw gesluit nadat betogers die vloei van verkeer ontwrig het.

Kaptein Frederick van Wyk, het gesê ‘n groep mense het klippe in die oggend gegooi en die pad versper.

‘N SABC-span is met klippe bestook, terwyl hulle op die toneel was vir die oggend se radionuus. Skokgranate en rubberkoeëls is gebruik om die skare uiteen te jaag.

Van Wyk het gesê byna 2000 mense het opgeruk na die Groenberghoërskool.

Die provinsiale departement van onderwys het gesê die betogers was lede van die Elgin Grabouw Civic Organisation, wat die optog beplan het in Grabouw Maandag, om ‘n memorandum van griewe aan die LUR vir onderwys Donald Grant te oorhandig.

Organisasievoorsitter John Michels is aangehaal in die Cape Times: “As hy nie hier is om dit te ontvang nie, sal ons opmars na Kaapstad.”

Die Umyezo Wama Apile gekombineerde skool in Grabouw is verlede week gesluit tot April as gevolg van onderrigonderbrekings. Die Xhosaleerlinge dring daarop aan om na die bruin Afrikaanse skool te gaan, omdat hulle skool te vol is.

Civic organisasie-lede het by die skool twee weke gelede ingestorm om te eis dat ‘n nuwe skool gebou word.

Grant het gesê die organisasie tree nie in die belange van die gemeenskap en sy kinders op nie. “Inteendeel, hulle streef die beskerming en bevordering van hul eie politieke belange na”, het hy gesê in ‘n toespraak wat voorberei is in Kaapstad.

“Lede van die organisasie ontwrig skole, besighede en die algemene gemeenskap onder die dekmantel dat hulle die regte van leerders beskerm by Umyezo Wama Apile skool.”

Dit was ten spyte van ‘n resolusie deur die provinsiale regering om ‘n nuwe skool teen 10 April te open.

Grant het gesê hy het ingestem om voorsitter Michels te ontmoet Sondag om ‘n plan en die pad vorentoe te bespreek, maar die vergadering het nie plaasgevind nie omdat Michels dit vir ure vertraag het, en toe op nuwe voorwaardes aangedring het.

Die Wes-Kaapse regering sê ‘n permanente skool sal in Grabouw in die Overberg opgerig word sodra ‘n geskikte perseel beskikbaar raak. Die provinsiale minister van onderwys, Donald Grant sê hulle het ‘n stuk grond van die nasionale regering gevra, en wag nog op ‘n antwoord.

Geweld het gister uitgebreek toe die inwoners van die Slanghoeklokasie betoog het vir ‘n nuwe skool.

Die Wes-Kaapse minister van onderwys, Donald Grant sê sy departement gaan intussen agtien mobiele klaskamers oprig om verligting te bring aan die tekort aan klaskamers by die Umyezo Wama Apile gekombineerde skool.

 

Фильчаков Александр Васильевич

Oproer teen myne, buitelanders, raadslede

Betogers het ‘n minibus aan die brand gesteek wat behoort aan ‘n ​​private maatskappy in Phola naby Ogies in Mpumalanga Dinsdag, het die polisie gesê.

Polisie het motoriste op die N12 in die gebied gewaarsku om op hulle hoede te wees.

Lt-kol Leonard Hlathi het gesê die betogers het die strate ingevaar en die situasie is “baie gespanne”.

“Die protes is nie oor dienslewering nie, maar werk by die plaaslike steenkoolmyne.”

Skole en gesondheidsinstellings in die gemeenskap is gesluit vir die tweede dag.

“Alles het tot stilstand gekom.”

Hlathi het gesê hy het gehoor daar sal samesprekings tussen die owerhede en die betogers Dinsdag wees.

Ses-en-dertig mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld. Dertig van hulle sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn.

Winkels wat deur buitelandse burgers besit word is oornag geplunder in Heidelberg, het die Gautengse polisie Dinsdag gesê.

Die plundering het in die omgewing van Ratanda plaasgevind, het polisiewoordvoerder konst. Solani Mkhize gesê.

Die vandalisering en diefstal van die handelaars se winkels en voorraad het gevolg op betogings oor dienslewering Maandag.

Vyf mense is in hegtenis geneem Maandag, toe die twee huise en ‘n munisipale kantoor aan die brand gesteek is.

Die huise is in besit van twee wyksraadslede.

Лобановский