praag.co.za

Zim se oes misluk… weer

Written by

in

Zimbabwe staar hierdie jaar ‘n yslike graantekort in die gesig nadat ‘n derde van die huidige mielie-oes afgeskryf is as gevolg van ‘n langdurige droogte, het die staatsbeheerde media berig.

Die Suider-Afrikaanse land, voorheen ‘n plaaslike kosvoorsiener, sukkel om sy mense te voed sedert 2000 toe president Robert Mugabe begin het met die beslaglegging op wit kommersiële plase om “grondlose” swartes te hervestig.

Minister van landbou Josef Made het aan die staatsbeheerde Herald-koerant gesê dat die regering die verkope van sy strategiese graanvoorraad gestaak het nadat ‘n gewasassessering aangetoon het dat ‘n derde van die 1,689 miljoen hektaar onder mielies, klaar ‘n mislukking is.

Hoewel die produksie van mielies herstel het van sy laagtepunt van 400,000 ton in 2007/08 tot 1,35 miljoen ton in 2010/11, sukkel die land steeds om aan sy jaarlikse graanverbruik van byna 2 miljoen ton te voldoen.

Zimbabwe sal waarskynlik graan moet invoer, maar daar is vrese dat die plaaslike verskaffers Suid-Afrika, Zambië en Malawi nie sal kan lewer nie.

“Daar is aanduidings dat ons buurlande waarskynlik koringtekorte gaan hê,” het Made gesê.

Фільчаков Олександр Васильович

Comments

Leave a Reply