Volgens die jaarverslag van Kapsch Traffic-Com, wat in Maart verlede jaar gepubliseer is, het die maatskappy R1,2 miljard in Suid-Afrika ingeoes met verkeersboetes en e-skyfieverkope. Die jongste finansiële jaar se verslag is nog nie beskikbaar nie.
Die maatskappy het aanvanklik die tender om die e-tolpadstelsel te bou, gewen as deel van ‘n konsortuim met die Kaapse maatskappy TMT Services and Supplies. Kapsch het ‘n paar maande ná die toekenning van die tender die meerderheid van TMT se aandele vir R75 miljoen gekoop.
Die kontrak om die tolpaaie te bestuur, is vir agt jaar geldig.
“TMT Services and Supplies is betrokke by projekte vir verkeersbeheer… insluitend spoedboetes in Gauteng en die Mpumalanga-provinsie,” het die koerant berig.
Patrick Craven, woordvoerder vir Cosatu, het volgens die koerant gesê sy organisasie is gekant teen die privatisering van openbare paaie.
“Dit moet nie daar wees sodat ‘n private maatskappy soos Kapsch geld kan maak ten koste van die mense van Gauteng nie.”
Gary Ronald, woordvoerder vir die Automobiel Assosiasie (AA), het gesê die wins is “skrikwekkend”, veral wanneer dit vergelyk word met ander lande waar Kapsch sake doen.
“Daar is net 10 miljoen voertuie in Suid-Afrika; vier miljoen in Gauteng. Is dit die hoeveelheid geld wat hulle kan maak uit net 185 km se pad?” het hy gevra.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.