Libië vra aandele van Zambië terug

Libië se beleggingsowerheid dagvaar die Zambiese regering, omdat dié beslag gelê het op ‘n beherende aandeel in ‘n selfoonnetwerk.

‘n Libiese telekommunikasie-maatskappy, wat 75 persent van die Zamtel-netwerk besit, sê president Michael Sata se onteiening van dié aandele is onwettig en ongrondwetlik.

Die beleggingsowerheid het hofstukke by die Zambiese Hooggeregshof ingedien.

Hy eis meer as drie-miljard rand se vergoeding vir verlore bates en ‘n onbekende bedrag vir bedryfsverliese, indien die aandele nie teruggegee word nie.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae