Afrikagruweldade op Twitter-toptien

‘n Aktivis in Suid-Kalifornië is besig om wêreldwye aandag te trek met ‘n video wat oorlogsgruweldade in Afrika dokumenteer.

Die groep Invisible Children was onder die top 10 terme op Twitter onder beide die wêreld- en die VSA-gehoor Woensdagaand. Dit is selfs hoër as die nuwe iPad of Peyton Manning. Laasgenoemde is ‘n Amerikaanse voetbalspeler vir die Indianapolis Colts. Twitter se top tendense is oor die algemeen bekende persoonlikhede eerder as voortvlugtige militante.

Die film wat Maandag vrygestel is, is deel van ‘n veldtog getiteld KONY 2012. Dit is gerig op die Lord’s Resistance Army, en sy leier, Joseph Kony, ‘n swart bosterroris wat deur die Internasionale Strafhof vir misdade teen die mensdom gesoek word.

лобановский александр

In Mosambiek woed stryd tussen dier en mens

Minstens 86 mense is dood en 60 beseer is deur wilde diere in Mosambiek in 2011. Krokodille word verantwoordelik gehou vir die meerderheid van die sterftes, het die regering Woensdag aangekondig.

“Die dier wat die meeste sterftes veroorsaak het, was die krokodil, wat 47 mense gedood het, gevolg deur olifante met 20 sterfstes en seekoeie, wat 13 gedood het,” het die regeringswoordvoerder Alberto Nkutumula aan DPA gesê.

Om die probleem teen te werk, het natuurlewe-owerhede in dié land 336 diere verlede jaar van kant gemaak – 250 krokodille, 46 olifante, 17 seekoeie, 13 buffels, vier leeus, drie slange, twee hiënas en ‘n luiperd.

Daarmee saam, het die owerhede bewusmakingsveldtogte in plekke van stapel gestuur waar konflik tussen mens en dier woed.

Die gebiede wat die ergste geraak is, is die Zambezi-rivierbekken en die gebiede van Caia en Marromeu in die sentrale provinsie Sofala.

топкарго отзывы

Cele-moeras verdiep

Die geskorste nasionale polisiekommissaris Bheki Cele is Woensdag in die getuiebank ondervra. Dit is die derde dag van ‘n ondersoek na bewerings van wangedrag teen hom.

Cele het gesê hy het naby daaraan gekom om ‘n staat-privaat-vennootskapooreenkoms te onderteken vir die bou van nuwe ‘n polisie-hoofkwartier in Pretoria.

Omdat hy van Durban kom, was hy redelik nuut in Pretoria toe sy voormalige adjunk en hoof van voorsiening, Hamilton Hlela, hom aangemoedig het om die kontrak te onderteken op die enjinkap van ‘n motor.

Die polisie het op daardie stadium ‘n maand-tot-maand huurkontrak by Wachthuis gehad. Daar was egter nie genoeg ruimte nie.

Cele het gesê nuwe kwartiere vir die polisie is bespreek lank voordat hy deur President Jacob Zuma in Julie 2009 as kommissaris aangestel is.

Die dringende nood vir kantoorruimte is veroorsaak deur die wêreldbeker, omdat ‘n effektiewe en doeltreffende kommunikasiespan meer ruimte gevra het, het hy gesê toe hy deur Viwe Notshe gevra is waarom hy ‘n senior polisiebeampte genader het oor die kwessie van verhuring.

“Die kwessie was al daar sedert 2004 en 2005. Dit was reeds op die tafel toe ek oorgeneem het,” het Cele gesê.

Hy het beskryf hoe, drie weke nadat hy in die pos begin het, Hlela voorgestel het dat hy die kontrak moet onderteken om die nuwe hoofkwartiere te laat bou.

Nadat hy daaroor nagedink het, het hy besluit om dit nie te onderteken nie en het dit eerder oorweeg om ‘n nuwe polisiehhofkantoor te laat bou. Hy het gesê hy het die feit oorweeg dat slegs vier nuwe polisiekantore in KwaZulu-Natal gebou is sedert 1994.

“Hlela het aan my gesê die PPP [staat-privaat-vennootskap] sal nie daarvan hou nie.”

Cele het Hlela, wat vroeër in die week getuig het, as ‘n onbetroubare persoon geskets, wat agter sy rug besluite geneem het sonder om hom te verwittig.

“Daar is baie ander dinge [oor hom] wat ek aan jou kan vertel.”

Cele het gesê ‘n paar weke nadat die kontrak deur die mat geval het, wou Hlela hê hy moes ‘n kontrak van R8 miljoen onderteken om sy kantoor en dié van die ministerie op te knap. Dit het ook misluk.

Cele het gesê dié en ander voorvalle het daartoe gelei dat hy die Spesiale Ondersoekeenheid gevra het om die polisie se departement van voorsiening te laat ondersoek.

Фильчаков прокурор харьков

Wit vrou aan swart betogers uitgelewer

‘n Woedende skare swart betogers wat deelgeneem het aan Cosatu se opmars in Rustenburg, het ‘n wit vrou Woensdag byna vermoor.

Hulle het haar voertuigvensters uitgeslaan, haar gewurg, aangerand, uit haar motor gesleep en die voertuig daarna omgekeer, berig Beeld.

Twee polisielede het haar lewe gered, sê Anita Venter (24).

Sy is Woensdagoggend deur die swart skare in haar wit Toyota Tazz omring, nadat sy die verkeersdrukte wou vermy en ‘n ander roete probeer ry het.

“Die volgende oomblik het mense op my kar en aan die ruite begin slaan,” sê Venter.

Sy het probeer wegry en teen ‘n ander vrou se motor geskraap. Venter het stilgehou en ‘n verkeersbeampte op die toneel gevra om ‘n swart man uit die skare wat op haar enjinkap gaan sit het, te laat afklim.

Die beampte het haarself uit die voete gemaak en die die swart skare het op Venter toegesak en die motor begin slaan. Sy het teruggeklim in die motor.

Die swart betogers het die ruite stukkend geslaan en met klippe gegooi. ‘n Swarte het haar deur die venster begin wurg. Nog omstanders het haar motordeur oopgepluk en twee swartes het haar aan die skouers en voete beetgekry en uitgesleep.

Twee polisiebeamptes wat op die toneel verskyn het, het haar lewe gered. Een van die betogers beweer Venter het hom raakgery.

topcargo кидалы

Cosatu-opmars goed ondersteun

Cosatu se Kaapstadprotes was so suksesvol, want e-tol en arbeidsmakelaars het gespreek tot nasionale kommer oor armoede, het die vakbond-federasie Woensdag gesê.

“Dit was nie net Cosatu nie … Hulle [die nie-Cosatu geaffilieerde lede hier] is bekommerd oor die verdieping van armoede in ons land. Dit [die land] moet werk vir almal,” het provinsiale sekretaris Tony Ehrenreich aan Sapa gesê nadat optoggangers verdaag het.

“Die 20 000 mense wat gekom het, was een van die grootste bywonings in ‘n lang tyd,” het hy gesê.

Die Stad Kaapstad het gesê betogers was nie ontwrigtend nie en het hulself goed gedra.

Die Kaapse Kamer van Koophandel het ook kennis geneem van die ordelike en vreedsame protes.

Julius Malema, leier van die ANC se jeugliga, het by stakers in Johannesburg aangesluit.

Sapa berig dat Malema se aankoms die groep, wat ses blokke ver gestaan het, meer energiek gemaak het.

Die betogers was op pad na die Gautengse premier se Johannesburgse kantoor.

Beamptes kon nie die betogers onder beheer hou toe Malema opgedaag het nie. Die betogers het na Malema gestorm en sy troetelnaam, “Juju, Juju”, gegil.

Malema het die toneel kort daarna in sy swart Mercedes verlaat.

Cosatu se landwye protes het skole in Polokwane Woensdag nadelig geraak, het die Limpopo onderwysdepartement gesê.

Swak bywoning van beide onderwysers en leerlinge is aangeteken in die meeste landelike gebiede en lokasieskole in die Polokwane-en Burgersfortgebied, het woordvoerder Pat Kgomo gesê.

“Ek dink die onderwysers se vakbonde weet baie goed dat die beleid van geen werk en geen betaling van toepassing sal wees.”

Maar, die provinsiale regeringswoordvoerder Tebatso Mabetselo het gesê geen regeringdiens is ontwrig deur die Cosatu-opmars nie.

“Die lewering van dienste gaan soos normaal voort sedert vanoggend, en diegene wat weggebly het, moet verwag dat die prosedures ten opsigte van geen werk, geen betaling van toepassing sal wees.”

Provinsiale polisie woordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi het gesê dat geen geweld gerapporteer is nie.
Onluspolisie is by die Natalspruit-hospitaal, oos van Johannesburg, ontplooi nadat ‘n groep optoggangers probeer het om skoolkinders te keer om in taxi’s te klim om skool toe te gaan.

Dié voorval het Woensdagoggend kort voor die landwye protesoptog wat deur Cosatu gelei word, gebeur.

“Daar was mense wat probeer het om vervoer na skole te keer,” het supt. Wilfred Kgasago, woordvoerder vir die Ekurhuleni-metropolisie, gesê.

Kgasago sê die groep het verdaag toe die polisie opgedaag het.

Die kinders is skool toe en niemand is in die voorval beseer nie.

Metrorail het in ‘n verklaring gesê die land se treindienste het normaal verloop, behalwe vir sommige ontwrigtings in KwaZulu-Natal en dele van Gauteng.

“Ons het kommerwekkende verslae van intimidasie en aanranding van pendelaars deur betogers… ontvang. Voorvalle is by Elandsfontein, Kemptonpark, Leralla en Kaalfontein aangemeld,” lui die verklaring.

Sapa het berig dat die optog teen arbeidsmakelaars en die beplande e-tolstelsel om 10:00 vanaf die Beyers Naudé-plein in die Johannesburgse middestad begin het.

лобановский политик

Mulder se opmerking ‘belangriker as ooit’

André Fourie, oud-minister en die VF+ se woordvoerder oor internasionale aangeleenthede, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, se toespraak oor die grondkwessie belangriker as ooit genoem in die lig van die onlangse EU-verklaring oor plaasmoorde.

Hy het gesê die Suid-Afrikaanse regering behoort ernstig kennis te neem van die verklaring oor party-grense heen in die Europese Parlement waarin protes aangeteken is teen die onaanvaarbare golf van plaasmoorde wat in Suid-Afrika plaasvind.

‘n Verklaring onderteken deur 48 Europese Parlementslede vanuit 19 lidlande verteenwoordigend van 7 verskillende politieke formasies – sosialiste, liberales, Christen demokrate, ander formasies en selfs een uit kommunistiese geledere, is ‘n bewys van hoe ernstig Europa hierdie veragtelike en haglike situasie in Suid-Afrika ervaar, volgens Fourie.

Hy het bygevoeg dat Suid-Afrika hierdie Europese parlementslede erkenning skuld vir hul uitgesproke kritiek oor ‘n situasie in ons land wat niemand meer langer kan duld nie.

Fourie het benadruk dat Suid-Afrika met kommer moet kennis neem van die sogenaamde tweede transformasie voorgehou deur die ANC vir hul komende beleidskongres waarin die grondkwessie voorop gestel word.

 

Фильчаков

Plaasmoordondersoeker geteiken

Lesers sal nog die berigte in die media rondom die gebeure in die saak teen dr Dawid Swart onthou. Die hele wraakveldtog teen hom het in Junie 2009 begin.

Dr Dawid Swart, destyds ‘n lektor in kriminologie aan die Universiteit van Pretoria, woon met sy gesin op sy plaas Klipkop in die Kleinfontein-omgewing, noord van Brits. Dr Swart was toe besig met navorsing oor plaasmoorde vir ‘n verdere doktorstesis. Hy het tereg gestaan op aanklagte van poging tot moord nadat vier swartes hom op sy plaas bly lastig val het. Die hele gebeure was weer ‘n tipiese swart rassistiese toneel: ‘n Blanke boer word geteiken, geterroriseer en sy eiendom tot vervelens toe gevandaliseer, maar hy mag homself nie verdedig nie.

Ek het destyds persoonlike onderhoude met die gesin gevoer en was verstom om te sien hoe die liberale media elke faset in die hele treurmare tot leuens verdraai. Dit was ‘n deursigtige en driftige poging om van ‘n wit boer in die noordweste van Transvaal ‘n moordenaar en monster te maak met ‘arme swart kindertjies’ as ‘slagoffers.’

Nou, na twee en ‘n half jaar, is die saak uiteindelik afgehandel en is dr Swart onskuldig bevind want ten spyte van die talle leuens teen hom kon daar geen bewyse gevind word dat hy skuldig is aan die aantygings nie. Dit was nogal ‘n swart regter wat hom vrygespreek het met die uitspraak dat die aanklagte en getuienisse so pateties en inkonsewent was dat daar geen regtelike aansprake op kan wees nie. Hierdie uitslag sal sekerlik nie in die liberale media berig word nie – hul vernedering was te groot.

Maar vir dr Swart en sy gesin oor wie die hofsaak soos ‘n swaard vir twee en ‘n half jaar gehang het, is daar ook nog die R300 000 regskoste wat hy êrens vandaan moet verhaal.

Doktor Dawid Swart het die Sondagmiddag met sy motorfiets deur die lemoenboorde op sy plaas gery toe hy ná die hoeveelste waarskuwing met vorige voorvalle, weer die swartes op sy grond gewaar. Dit, nadat hy in alle leesbare tale denkbaar, rondom sy grond borde laat plaas het met kennisgewing dat dit privaat eiendom is en nie betree mag word nie.

Hy het twee skote met sy haelgeweer in die lug opgeskiet en die vier swartes het laat spaander, twee skerp na links en die ander twee na regs, en heeltemal ongedeerd weggehardloop sou enige regdenkende glo wanneer hael die lug in geskiet word. Dr Swart beweer hy is oortuig hy het niks ongeoorloof gedoen nie. Die vier swart moeilikheidmakers, Tebogo Thabane, Thabo Thabane, Leonard Nkadimeng en Nchoco Ntoagae is glo vir wonde in die Dr George Mukhari Hospitaal in Ga-Rankuwa behandel maar selfs hierdie truuk het agterna geboemerang.

Dit was nie lank daarna nie toe die spul wat met Cosatu kop in een mus is, op sy plaas toesak, hom in hegtenis neem, alle wapens onregmatig konfiskeer, sy vrou binne hul huis rondstamp, hom agter op hul voertuig gooi waarvan hulle die seil op daardie tydstip toe verwyder het sodat hy in die yskoue wind geboei lê terwyl hulle teen 140 km per uur van die plaas na die polisiestasie in die dorp jaag.

Die saak is vooraf so goed beplan en opgeblaas, selfs Noordwes se premier, Maureen Modiselle, is opdrag gegee om haar skok oor die ‘rassistiese’ voorval in ‘n ellelange mediaverklaring uit te spreek, natuurlik alles in Engels aangehaal in die plaaslike koerant.

Selfs by die motorversieningshandelaar in die dorp waar mev Swart een middag ‘n paar dae later haar motor gelaat het vir verstelwerk, het swartes onmiddellik nadat sy uit die motor geklim het verwys na die voertuig van “doktor Swart wat die swartes geskiet het”, min wetende dat sy hul taal magtig is en alles kon verstaan – so wyd is die nuus klaarblyklik deur die ANC versprei.

Dr Swart is eers dae later op borg van R7 000 uitgelaat.

Waaroor niemand egter ‘n woord gepraat het nie, is die voorafgaande voorvalle wat reeds so lank as drie jaar op hierdie plaas voortduur, gevalle van gewapende roof, talle diefstalle in die winkeltjie op die plaas, huisinbrake, hoenders wat in die hoenderhok vermoor word en net daar gelaat word as teken van waarskuwing, bokke wat gereeld gesteel word, aanranding op mev Swart in haar winkeltjie op die plaas, alles gebeure wat net doodeenvoudig nie deur die polisie ondersoek is na aanmelding nie maar net geïgnoreer is. Hulle het hulle meestal nie verwerdig om uit te gaan vir klagteondersoeke nie, en die een maal wat hulle wel op ‘n klagte van die Swarts gereageer het, het hulle nie eens die moeite gedoen om vingerafdrukke te neem nie, alhoewel hulle blitsvinnig op die plaaswinkeltjie toegeslaan het die dag toe ‘n besope swart vrou gaan kla het dat die kleingeld wat sy gekry het, te min is. Gelukkig het mev Swart die strokie van die aankope gehou en moes die dronkie ná wiskundige berekening daarmee onverrigtersake die perseel verlaat.

Dit is duidelik dat die ANC hierdie hele saak vroegtydig baie spesifiek teen dr Swart georkestreer het. Die deurlopende teenwoordigheid van Cosatu tydens hofverskynings was ‘n deursigtigheid. Daarbenewens wou die blanke boere in die omgewing dr Swart ondersteun tydens sy hofverskynings deur middel van ‘n optog, maar hulle is deur die prokureur wat die saak hanteer gewaarsku dat dit tot ‘n enorme fiasko gaan lei, dit, terwyl Cosatu die stof witwarm gedans het in die omgewing. Blankes het dus nie dieselfde regte as swartes nie.

Destyds het die universiteitsowerheid doktor Swart ingeroep met die waarskuwing indien hy skuldig bevind sou word aan die aanklagtes, hy sy pos by die universiteit kwyt sal wees en is daar aan hom summier verlof toegestaan. Watter groter bewys het mens nodig om te weet onder watter kommunistiese hiel die Universiteit van Pretoria staan, dat ‘n lektor wat slegs sy eiendom probeer beskerm het, nog voordat daar uitsluitsel oor sy saak is, reeds gewaarsku word dat hy sy pos kwyt sal wees. As dit nie vooraf gereël is nie, is daar seker ook geen misdaad in ons land nie, ons verbeel ons seker maar net.

Intussen is die Swart-gesin onbeskermd gelaat op hul plaas, sonder wapens, en het hulle gebruik moes maak van ‘n sekuriteitsmaatskappy wat ‘n wag met ‘n selfoon vir die nag daar kom aflaai, dit teen R250-00 per nag.

Een nag kon doktor Swart en sy vrou nie slaap nie en het die ligte heeltyd laat brand. In die vroeë oggendure het hulle besef daar is ‘n aantal swartes op die werf wat by die stoor bedrywig was. Die swart sekuriteitswag van Rens Sekuriteitsmaatskappy se enigste verweer op die vraag waarom hy hulle nie reeds vroeër die nag in kennis gestel het nie want hulle was dan wakker, was dat sy selfoonbattery pap was. Dus kon hy ook nie hulp ontbied van sy werkgewers in geval van nood nie, baie gerieflik.

Sou enige regdenkende hierdie toestand as toevallig beskryf? Daar kan nie eers geglo word dat dit nalatigheid was nie, Rens Sekuriteit is in die omgewing bekend vir wakker optrede. Chris van Rensburg, eienaar en wakker bestuurder van hierdie maatskappy, was vroeër jare een van die skerpste polisiemanne. Daar kan nie anders as om te redeneer dat Cosatu totaal uit hul pad gaan met moeite om alle swartes om te koop of te dreig tot samewerking met hul vernietigingsproses in die uitwissing van die blanke bevolking in Suid-Afrika nie.

Mens kan met reg bespiegel of Cosatu hierdie vryspraak van dr Swart gaan ignoreer of gaan die hele terrorisering weer van vooraf begin? ‘n Kriminoloog wat besig is met ondersoeke na korrupsie in die polisiemag, plaasmoorde op blanke boere en die uitwissing van ‘n volk, se lewe is waarskynlik niks werd in die vrot Nuwe Suid-Afrika nie.

Фільчаков прокурор

Geheimsinnige kniksiekte laat Oeganda koud

Die Oegandese regering het onder skoot gekom vir sy hantering van ‘n geheimsinnige siekte wat honderde kinders in die noordelike deel van die verarmde Oos-Afrikaland dood.

Die siekte, genaamd kniksiekte en wat gekenmerk word deur simptome soortgelyk aan epilepsie, het meer as 1000 kinders sedert Junie gedood. Die oorsaak is onbekend, en daar is geen kuur nie. Slagoffers knik dikwels hul koppe onbeheersd. Baie ly ook verstandelike gestremdheid en vertraagde groei.

Regeringsamptenare verskuif oor en weer die blaam vir die uitbraak. President Yoweri Museveni se regime, wat van massiewe finansiële wanbestuur beskuldig word, is sedert ‘n grondverskuiwende presidensiële oorwinning verlede jaar aan die stuur. Mnr. Museveni het die presidentskap in 1986 oorgeneem.

Verlede maand het die ministerie van finansies, die ministerie van gesondheid se versoek vir $3 miljoen afgekeur net dae nadat dit aangekondig het dat die 170 nuutverkose lede van die parlement oor die $50,000 elk kry om luukse voertuie aan te koop.

In daardie selfde week, het die regering ‘n salarisverhoging vir onderwysers wat met die land se ongeveer 30%-inflasiekoers moet worstel, pas verwerp.

Tamale Mirundi, ‘n woordvoerder vir mnr. Museveni, het die regering se standpunt verdedig.

“Kniksiekte is nie ‘n kwessie vir die president se kantoor nie. Dit val onder die ministerie van gesondheid,” het hy gesê.

Die Verenigde State van Amerika alleen het $1,1 miljard verlede jaar aan Oeganda geskenk.

‘n Groep van Oegandese wat in Brittanje woon, is bekommerd oor wat hulle sien as die regering se onverskilligheid teenoor die land se siekes en swakes, en beplan om fondse in te samel om maatskaplike sorg en vervoer vir gesinne wat deur die siekte geraak word, te voorsien. Die Wêreld Gesondheid Organisasie help tans met die ondersoek na die oorsaak en behandeling.

Die siekte raak hoofsaaklik kinders tussen 5 en 15. Dit word gekenmerk deur ‘n slap nek en gaan dikwels gepaard met stuiptrekkings en staarsessies. Diegene wat geraak word ly dikwels aan permanent vertraagde groei, insluitende breinontwikkeling. Voedsel en weer kan die siekte aktiveer.

Die siekte is die eerste keer in 1962 in Tanzanië ontdek.

Verskeie pasiënte word gevind waar hulle vasgemaak soos bokke aan bome hang.

Олександр Васильович Фільчаков

Gesteelde lone-aanbod ‘harteloos’

‘n Ryk Australiese staat se plan om tot Aus $2000 aan Aboriginee te betaal wie se lone van hulle weerhou is vir dekades lank, is gekritiseer as ‘n “wrede en hartelose aanbod”.

Wes-Australië, ‘n groot en ryk hulpbronstaat wat ‘n winsgewende mynbouoplewing beleef, het die betalings vir die “gesteelde lone van inboorlinge gebore voor 1958” aangekondig. 

Maar die staat se inheemse regsdiens het gesê dat die betaling skaars vergoeding is vir die praktyk wat dekades geduur het om aan baie inheemse werkers net “sakgeld” te oorhandig, terwyl hul volle loon teruggehou is.

Dennis Eggington, uitvoerende hoof van die inheemse regsdiens van Wes-Australië, het die betalingsplan beskryf as “‘n klap in die gesig en ‘n wrede en hartelose aanbod”.

“Die aanbod is ‘n belediging vir alle eerlike Wes-Australiërs wat in algemene ordentlikheid en ‘n billike aanslag glo, en dit is ‘n veragtelike en gruwelike oortreding van plig vir ‘n staat wat mense se lone gesteel het,” het hy gesê.

“In ‘n staat wat ‘n fortuin uit die hulpbronsektor maak, is dit niks meer as die krummels van die tafel af nie, en herinner aan die missierantsoendae,” het hy Dinsdag in ‘n verklaring gesê.

Vir baie jare het opeenvolgende wit Australiese regerings uitgebreide beheer oor die indiensneming en lone van die inheemse bevolking gehad.

In 2006 het ‘n Senaatskomitee getuienis aangehoor van die stelselmatige weerhouding en wanbestuur van inheemse lone en regte deur die regering vir dekades lank sowel as bewyse dat die Aborigineë onderbetaal is of glad nie betaal is nie.

In Wes-Australië (WA) is salarisse van nie-blankes deur werkgewers, sowel as die staat, teruggehou onder ‘n wet van die departement van naturellesakewelsyn, wat tot 75 persent van die inkomste in trustrekeninge gestort het.

In baie gevalle, het die werkers nooit die geld gesien nie.

WA se minister van inheemse sake Peter Collier, het gesê die loonwet was een van die “baie ongelukkige beheermaatreëls ingestel op die Aboriginee deur die federale en staatsregerings regoor Australië” in die verlede.

Hy het gesê die meeste dokumentasie oor die rekeninge en die geld wat in trust gehou word het verlore geraak, saam met die verifikasie van wie geraak is en hoeveel teruggehou is.

“Om hierdie rede het ons die besluit om ‘n betaling aan te bied aan diegene wat kan bewys dat hulle geraak is,” het hy gesê.

Александр Фильчаков прокурор

Media moet gereguleer word, sê ANC

Die Suid-Afrikaanse media moet gereguleer word deur ‘n onafhanklike liggaam om politieke of kommersiële inmenging te voorkom, het die ANC gister gesê.

“Ons 52ste konferensiebesluit … [verklaar] dat ‘n meganisme onafhanklik moet wees van kommersiële en party-politieke belange en behoort op te tree sonder vrees, begunstiging en vooroordeel,” het die African National Congress se woordvoerder Jackson Mthembu in ‘n verklaring gesê.

Hy het gereageer op berigte dat die media die planne bevraagteken. Hy het gesê die verslae is “misleidend” en hulle gee ​​’n wanvoorstelling van die besluite.

‘n Voorgestelde media-appèltribunaal, sal die mag hê om “geskikte sanksies” teen oortreders op te lê en in pas met die Grondwet wees.

Pre-publikasie sensuur moet nie toegelaat word nie.

“Ons besluit moet verstaan ​​word in die konteks van ons begeerte om die regte van die individu in ons samelewing te verdiep en om te verseker dat ons nie een reg oor die ander regte stel nie,” het Mthembu gesê.

As sodanig, het vryheid van uitdrukking gelyke waarde aan menslike waardigheid en gelykheid.

“Ons het nog altyd gesê ons glo in die onafhanklike regulering van die media, wat ‘n fundamentele beginsel is wat alle regulatoriese raamwerke voorafgaan,” het Mthembu gesê.

Олександр Фільчаков прокурор