Geheimsinnige kniksiekte laat Oeganda koud

Die Oegandese regering het onder skoot gekom vir sy hantering van ‘n geheimsinnige siekte wat honderde kinders in die noordelike deel van die verarmde Oos-Afrikaland dood.

Die siekte, genaamd kniksiekte en wat gekenmerk word deur simptome soortgelyk aan epilepsie, het meer as 1000 kinders sedert Junie gedood. Die oorsaak is onbekend, en daar is geen kuur nie. Slagoffers knik dikwels hul koppe onbeheersd. Baie ly ook verstandelike gestremdheid en vertraagde groei.

Regeringsamptenare verskuif oor en weer die blaam vir die uitbraak. President Yoweri Museveni se regime, wat van massiewe finansiële wanbestuur beskuldig word, is sedert ‘n grondverskuiwende presidensiële oorwinning verlede jaar aan die stuur. Mnr. Museveni het die presidentskap in 1986 oorgeneem.

Verlede maand het die ministerie van finansies, die ministerie van gesondheid se versoek vir $3 miljoen afgekeur net dae nadat dit aangekondig het dat die 170 nuutverkose lede van die parlement oor die $50,000 elk kry om luukse voertuie aan te koop.

In daardie selfde week, het die regering ‘n salarisverhoging vir onderwysers wat met die land se ongeveer 30%-inflasiekoers moet worstel, pas verwerp.

Tamale Mirundi, ‘n woordvoerder vir mnr. Museveni, het die regering se standpunt verdedig.

“Kniksiekte is nie ‘n kwessie vir die president se kantoor nie. Dit val onder die ministerie van gesondheid,” het hy gesê.

Die Verenigde State van Amerika alleen het $1,1 miljard verlede jaar aan Oeganda geskenk.

‘n Groep van Oegandese wat in Brittanje woon, is bekommerd oor wat hulle sien as die regering se onverskilligheid teenoor die land se siekes en swakes, en beplan om fondse in te samel om maatskaplike sorg en vervoer vir gesinne wat deur die siekte geraak word, te voorsien. Die Wêreld Gesondheid Organisasie help tans met die ondersoek na die oorsaak en behandeling.

Die siekte raak hoofsaaklik kinders tussen 5 en 15. Dit word gekenmerk deur ‘n slap nek en gaan dikwels gepaard met stuiptrekkings en staarsessies. Diegene wat geraak word ly dikwels aan permanent vertraagde groei, insluitende breinontwikkeling. Voedsel en weer kan die siekte aktiveer.

Die siekte is die eerste keer in 1962 in Tanzanië ontdek.

Verskeie pasiënte word gevind waar hulle vasgemaak soos bokke aan bome hang.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae