Massaslagting skok wêreld

Die massaslagting by Marikana teen lede van die Amcu-vakbond, het skokgolwe deur die wêreld gestuur.

Daar was duidelik ‘n gevoel by die slagoffers dat die ANC, die polisie en die NUM in diens van wit kapitaal staan, téén die swart werkers.

“NUM het ons versaak,” het een van die stakende werkers, Kelebone, aan die New York Times gesê. “NUM werk vir die wit mense om geld te kry. Hulle het vergeet van die werkers.”

Polisiebeamptes by die Lonmin-myn in Marikana in die Noordwes het hul bes in ‘n gespanne situasie gedoen, het Nathi Mthethwa, minister van polisie, se kantoor in ‘n verklaring gesê.

“Die minister wil ‘n versoek aan die president rig om ‘n volledige ondersoek na hierdie hele situasie van stapel te stuur…” het Zweli Mnisi, ‘n woordvoerder, gesê.

“Nou wat moet die polisie in sulke situasies doen wanneer hulle deur gewapende en harde misdadigers wat die polisie vermoor, in die gesig gestaar word?”

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

Francois Beukman, uitvoerende direkteur van die polisie se Onafhanklike Klagte-direktoraat, het intussen bedank.

RSG berig Beukman sal amptelik aan die einde van die maand uit sy pos tree, nadat hy die pos sedert 2009 beklee het. Sy kontrak sou eers in 2014 tot ‘n einde gekom het.

Die hoofdirekteur van direktoraat se regsdienste, Koekie Mbeki, sal van aanstaande maand in die pos waarneem, het die radiostasie berig.

Joseph Mathunjwa, president van Amcu, sê die lede van sy vakbond wou met die bestuur ontmoet, maar die bestuur het nie hul beloftes nagekom nie.

Terwyl Lonmin se uitvoerende hoof skielik ongesteld geraak het, het die voorsitter gesê dit was nie ‘n “arbeidsaangeleentheid” nie, maar ‘n “openbare orde probleem”.

In ‘n verklaring Donderdagnag, het Lonmin voorsitter Roger Phillimore gesê: “Ons sal die verwikkelinge rondom polisiebedrywighede vanmiddag [Donderdag] met die grootste erns behandel. Vanselfsprekend is ons diep getref deur die verlies van lewe in wat duidelik ‘n openbare orde eerder as ‘n arbeidsverhoudinge-kwessie was. “

Televisiebeeldmateriaal toon die polisie wat ongeprovokeerd op stakers losbrand en lede van die polisie wat ongeërg tussen die lyke rondloop en doodluiters wapens op swaargewonde stakers rig.

“Ongeag van wat die polisie kan argumenteer oor provokasie, is daar geen regverdiging vir die skietery in ‘n skare met gewere en handwapens nie,” sê Frans Cronjé van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge op Twitter.

Sommige van die stakende werkers het gister beweer dat hulle aangeval is verlede Vrydag deur die leiers van die NUM.

“Ons is aangeval toe ons op ons pad na ‘n vergadering was Vrydag. NUM-leiers vermoor ons omdat hulle die werkgewer wil beskerm,” het ‘n werker wat homself as Tau Tau geïdentifiseer het, aan timeslive.co.za gesê.

“Hulle [NUM-leiers en Lonmin] het die polisie gekry om te kom en ons te kom doodmaak. Ons is nie bang nie, want ons werk ondergronds en ons lewens is altyd in gevaar,” sê die werker Andries Tsinyao.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Mnisi sê die polisie het aanvanklik probeer om die stakers op ‘n vreedsame wyse uitmekaar te jaag. Hy sê polisiebeamptes het eers traangas en waterkanonne gebruik, maar dit het nie gehelp nie.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Pres. Jacob Zuma is ook baie hartseer oor die manier waarop die dispuut by die myn na die verlies van so baie lewens gelei het, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

Hy het die geweld as “sinneloos” bestempel.

Azanian People’s Organization (Azapo) sê die geweld herinner sterk aan die massamoord op 21 Maart 1960 in Sharpeville, op 16 Junie 1976 in Soweto en op 17 Junie 1992 in Boipatong.

Олександр Васильович Фільчаков

Lonmin-baas skielik ongesteld

Lonmin het in ‘n verklaring gesê die maatskappy se uitvoerende hoof is ongesteld.

Die verklaring oor Ian Farmer se gesondheid kom te midde van berigte dat talle mynwerkers tydens ‘n skietery met die polisie in Marikana in die Noordwes gesterf het.

Luidens die verklaring is die uitvoerende hoof van die maatskappy tans in die hospitaal nadat ‘n “ernstige ongesteldheid” by hom gediagnoseer is.

‘n Skietery het Donderdagmiddag tussen polisiebeamptes en stakende mynwerkers uitgebreek.

‘n Verslaggewer van Sapa sê hy het 18 lyke langs die nabygeleë Wonderkop-plakkerskamp gesien. Die amptelike dodetal en aantal mense wat gewond is, moet nog bevestig word.

Die skietery het ontstaan toe polisiebeamptes die stakers, wat op ‘n koppie byeengekom het, uitmekaar wou jaag. Beeldmateriaal van die skietery wat op die SAUK vertoon is, wys die polisie wat eerste op die stakers losbrand nadat hulle traangas tussen die stakers gooi.

Dit toon die polisie wat die noodlottige skietery provokeer wat uiteindelik op ‘n massaslagting uitloop.

Volgens die nuusagentskap sal die polisie later ‘n inligtingsessie vir die media oor die voorval hou.

Politieke partye het intussen daarop aangedring dat ‘n dringende ondersoek na die skietery gehou moet word.

Jackson Mthembu, woordvoerder vir die ANC, sê daar moet vasgestel word wat die konfrontasie tussen die polisie en die stakers veroorsaak het.

Mthembu sê die voorval het die party geskok.

“Ons is almal baie hartseer oor die geweld wat ons op die televisie gesien het,” het hy gesê.

Die woordvoerder het bygevoeg dat “hierdie onwettige stakers van dag een af gewelddadig was.”

“Maar, ons is nie hier om enige party te konfronteer nie… want ons het geen inligting nie.”

Die ANC sê werkers mag vir hul regte veg, maar nie ten koste van mense se lewens nie.

лобановский александр компромат

Lonmin, die nuwe Sharpville

‘n Poging deur die polisie om Donderdag stakende werkers by Marikana se Lonminmyn te verwilder, het in ‘n skietgeveg tussen die twee groepe geëindig.

‘n Sapa-verslaggewer op die toneel het gesê dat hy 18 liggame langs die nabygeleë Wonderkopplakkerskamp getel het. Die skietery het sowat drie minute geduur.

Die polisie het probeer om ‘n gedeelte van die stakers op die spits van ‘n koppie te stop. Vroeër is berig dat die stakers se vroue ook by hulle aangesluit het.

Die stakers is het pangas geswaai en oorlogsliedjies gesing. Die polisie het traangas gebruik en daana ‘n waterkanon teen die stakers, wat met lewendige ammunisie teen die polisie teruggeslaan heti.

Die gebied rondom die berg, wat die stakers as hul basis gebruik het vir die afgelope paar dae, is afgesper met doringdraad.

Die stakers het na die plakkerskamp en die nabygeleë veld gevlug.

Polisiewoordvoerder kaptein Dennis Adriao het aan joernaliste op die toneel gesê die polisie was “takties” in hul benadering en dat die situasie gespanne is.

Александр Фильчаков

Waar’s die derde man?

Die bestuurder van Kaizer Chiefs, Bobby Motaung en ‘n direkteur van Lefika Emerging Equity, Herbert Theledi, is in die hof in Nelspuit aangekla van vervalsing en bedrog met die bou van die Mbombela Wêreldbeker sokkerstadion.

Aanhangers van Kaizer Chiefs drom saam buite die hof om hulle steun aan Motaung te betoon.

‘n Derde beskuldigde, Chris Grib, wat die uitvoerende hoof is van Lefika, was nie in die hof teenwoordig nie. Hy het klaarblyklik reeds die land verlaat.

Lefika het na bewering bedrog gepleeg om die tender te bekom om die stadion van ‘n miljard rand te bou.

Donderdagoggend, buite die hof, is anti-Motaung slagspreuke vertoon.

‘n Groot foto van die Mbombela munisipaliteit se speaker, Jimmy Mohlala, is deur een van die betogers gedra.

“Wie het Jimmy vermoor?”

Mohlala is vermoor in Januarie 2009, nadat hy na bewering die fluitjie oor korrupsie wat verband hou met die Mbombela-stadion ooreenkoms geblaas het. Hy was besig om kriminele klagtes te lê toe hy vermoor is.

Mohlala se moordenaars is nog nie gevind nie nadat die aanklagte teen vyf beskuldigdes in die saak teruggetrek is in Januarie.

 

лобановский александр отзывы

Oproer by Marquard

Die huis van ‘n raadslid en nog ‘n huis is tydens betogings in die Moemaneng-township naby Marquard in die Oos-Vrystaat afgebrand.

‘n Munisipale tenkwa is beskadig en ‘n voertuig wat meel vervoer het is gesteel.

Die polisie sê een persoon is in die hospitaal opgeneem, en ‘n verdagte is in hegtenis geneem.

Die betoging het uitgebreek ná die gemeenskap onder die indruk gekom het dat die LUR vir koöperatiewe regering, Olly Mlamleli hulle oor dienslewering-griewe sou toespreek, maar dit nie gebeur het nie.

‘n Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini sê die situasie is onder beheer.

топкарго развод

Tshwane-behuising ‘n skande

“Die toestand van Tshwane Metro behuising wat aan inwoners uitverhuur word, is skandalig”, sê Philip van Staden, VF Plus raadslid in die Tshwane metro.

Volgens Van Staden woon huurders in haglike omstandighede. ” Verskeie raadshuise, woonstelle en koshuise val letterlik uitmekaar. Die metro wend geen poging aan om enige herstel – of opknappingswerk te doen nie. Die huurders moet maar net eenvoudig met die haglike omstandigehede tevrede wees”.

Van Staden, wat op die metro se Behuisingskomitee dien, sê raadsbehuising in onder andere Booysens, Claremont, Cullinan en Bronkhorstspruit val uitmekaar en in baie gevalle is dit selfs gevaarlik vir inwoners.

“Dit is geen wonder dat meeste van dié huurders weier om huurgeld te betaal nie. Die raad kom nie sy deel van die dienskontrak na nie”, sê Van Staden.

Volgens Van Staden is daar diep krake in die mure en plafonne van geboue in Booysens en Claremont, terwyl behuising in Cullinan en Bronkhorstspruit erger as varkhokke lyk.

Vroeër die week, tydens ‘n Behuisingskomitee-inspeksie in Cullinan, het Van Staden heftig gereageer oor die raad se onvermoë om geboue in stand te hou. “Hoe moet die raad verwag huurders moet betaal as die raad nie ‘n vinger die afgelope paar jaar verroer het om geboue behoorlik in stand te hou nie.”

Die VF Plus is van mening dat die raad dringend tot aksie moet oorgaan om hierdie probleem op te los.

Фильчаков прокурор харьков

Vat TUT-studente vas!

Die VF Plus in Pretoria doen ‘n beroep op die bestuur van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) en die SAPD om oproerige studente vas te vat by die akademiese instelling.

Dit volg nadat oproerige studente gister die ingang na die TUT Pretoria-wes kampus met brandende motorbande versper het omrede hulle ontevrede is oor ‘n tekort aan geldelike steun vanaf TUT.

Die leier van die VF Plus in Pretoria, Raadslid Philip Van Staden, het in reaksie op die gebeure gesê dat hierdie oproerigheid nie geduld mag word nie. “Terwyl dit noodsaaklik is dat studente finansiële ondersteuning ontvang, is dit verkeerd vir studente om geweld en misdaad te gebruik om TUT te dwing om gehoor te gee aan kwessies. Die afgelope 18 jaar het die regering ‘n voer-kultuur onder sy aanhangers geskep, terwyl die bemagtiging van hierdie mense, om selfstandig te wees, agterweë gebly het”, sê Van Staden.

Volgens Van Staden is die gebeure by TUT ‘n bewys dat die voer-kultuur van die regering besig is om sy tol te eis. “Die persepsie dat geweld die Staat kan forseer om geldelike steun te bied, wys daarop dat hierdie mense nie sonder hulp van die Staat kan klaarkom nie en gewoond is daaraan dat die Staat sal help”.

Van Staden het dit ook beklemtoon dat behoorlike wet en orde weer toegepas moet word en dat die land reeds in ‘n revolusionêre staat verval het.

“Suid-Afrika brand en dit gebeur as wet en orde nie behoorlik toegepas word nie. Oproeriges moet behoorlik vasgevat word en daar moet opgehou word om hulle hul sin elke keer te gee.”

Олександр Васильович Фільчаков

Temperatuur styg by Lonmin

Ses mense is in hegtenis geneem ná gewelddadige betogings by Lonmin se Marikana-platinummyn, het die polisie in Rustenburg Donderdag gesê.

“Hulle is vir verskeie voorvalle van intimidasie in hegtenis geneem,” het lt.genl. Zukiswa Mbombo gesê.

Die polisie het die mense is tussen Maandag- en Woensdagaand in hegtenis geneem. Die verdagtes sal Donderdag in die hof verskyn.

Mbombo het Donderdag gesê die polisie wil ‘n einde bring aan die geweld in die gebied.

“Ons gaan vandag [Donderdag] hierdie mense uiteenjaag.”

Sy sê hulle beplan om hulle vreedsaam te laat verdaag, maar het nie gesê wat die polisie beplan indien die groep hulle teen die polisie se optrede verset nie.

‘n Groep mans wat met knuppels, ysterpale en knopkieries gewapen was, het Donderdag bo op ‘n heuwel in Wonderkop naby die myn bymekaar gekom.

Hulle weier om te beweeg voor hul salarisse na R12 500 ‘n maand verhoog word.

Данильченко Юрий Брониславович Харьков

Boerebegrafplaas waar Osama bin Laden gesneuwel het

‘n Krygsgevangenebegraafplaas in die buiteland, waarvoor die Erfenisstigting sedert verlede jaar verantwoordelik geword het (minstens in beginsel, omdat die kapasiteit en middele daarvoor nie bestaan nie en staatsbefondsing uitstaande bly), is in Pakistan naby die plek waar Osama bin Ladin gedood is.

Tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) is meer as 31,000 Boere krygsgevange geneem. Hulle is na plekke soos Ceylon, Bermuda, St. Helena, Indië en Portugal geneem, omdat die kanse op ontsnapping uiters skraal was. Die kampe in Suid-Afrika, nl. Groenpunt, Ladysmith, Umbilo en Simonstad is dus hoofsaaklik as deurgangskampe gebruik. Teen die einde van 1900 was die kampe in St. Helena en Ceylon vol en op 2 April 1901 het die eerste groep van 512 krygsgevangenes na Ahmednagar vertrek, ‘n Britse kantonment in Indië. Daar was uiteindelik 13 kampe in Indië en party het onder meer as een naam bekendgestaan. So het Abbottabad ook bekendgestaan as Kakool/Kakul en Rawalpindi.

Abbottabad was in die North-West Frontier-provinsie geleë en is nou deel van noordelike Pakistan. Abbottabad is in 1853 gestig as die hoofstad van die Hazara Distrik. Die stad is na majoor James Abbott vernoem, die eerste Onderkommissaris (1847-1853). Die stad is naby die Himalajas geleë en is 1,256 m bo seespieël met koel somers en baie koue winters. In die begraafplaas is ongeveer 150 tot 200 grafte. Die oudste grafte in Abbottabad dateer uit 1853 en die meeste grafte is die van Britse offisiere, soldate en hulle families.

Hier by Abbottabad was een van die grootste krygsgevangenekampe in die land en het 1,500 krygsgevangenes gehuisves. Die kamp was ongeveer 6,4 km van die dorp self geleë. Aanvanklik moes die gevangenes in agt rye tente woon totdat die groot hutte vir hulle gebou is, wat hulle op 29 Mei 1901 betrek het. Die kamp het ‘n hoë doringdraadheining gehad met wagposte. Abbottabadkamp is finaal op 4 Desember 1902 gesluit.

Van die 9,551 krygsgevangenes wat in Indië aangehou is, het 139 gesterf – die meeste van hulle aan siektes soos buiktifus, hitte-uitputting en longontsteking. In die kamp by Abbottabad het 12 mense gesterf weens buiktifus wat tussen Mei en September 1902 epidemiese afmetings aangeneem het. Drie manne is doodgeskiet terwyl hulle probeer ontsnap het en een is in ‘n ongeluk oorlede.

Volgens JS van der Walt se boek het 23 krygsgevangenes by Abbottabad gesterf – ook volgens ‘n brief van die Sekretaris van die South African War Graves Board, gedateer 9 Julie 1979. Hulle is by Kakul begrawe. In 1983 het brigadier L.S. Kruger, Direkteur Militêre Museums, verslag gedoen oor krygsgevangenegrafte in Kakul en gemeld dat die CWGC die grafte in Indië versorg, “of waar hulle nie personeel het nie, reël hulle vir die nodige sorg deur hulle diplomatieke agentskappe.”

Die krygsgevangenes is in ‘n ommuurde begraafplaas begrawe, waar die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede in die 1950’s ‘n marmerpaneel laat aanbring het met die name van die oorledenes. Die muur bestaan bykans nie meer nie en die begraafplaas is in ‘n toestand van verwaarlosing.

лобановский супермаркет класс

Burgemeester reël strooptogte

‘n Spaanse burgemeester word as ‘n held beskou vir die organisering van rooftogte by supermarkte en om gesteelde kruideniersware aan die armes uit te deel.

Juan Manuel Sanchez Gordillo, streeks-LP en die burgemeester van Marinaleda –  2645 mense – in Andalusië, het gesê dat die voedsel wat in die aanvalle gesteel is verlede week gegee is aan gesinne wat die hardste getref word deur Spanje se skuldkrisis.

Sewe mense is in hegtenis geneem nadat vakbondlede gedurende twee strooptogte lekker kos in supermarktrollies gelaai het en uitgestap het sonder om te betaal, terwyl mnr. Sanchez Gordillo, 59, buite staan.

Hy geniet ‘n immuniteit teen vervolging as ‘n verkose lid van die suidelike provinsie se parlement, maar het gesê hy sal gelukkig wees en arrestasie verwelkom.

“Daar is mense wat nie genoeg het om te eet nie. In die 21ste eeu, dit is ‘n absolute skande,” het hy gesê hierdie week in ‘n onderhoud.

Mnr Sanchez Gordillo beweer dat hy wil aandag vestig op die menslike gesig van Spanje se resessievlakke van armoede wat meer as 15 persent gestyg het sedert 2007, ‘n kwart van die werkers is werkloos en tien duisende afgedank. Die regse regering het sy optrede veroordeel.

“Jy kan nie Robin Hood en die Sheriff wees nie,” sê Alfonso Alonso, vir die regerende party. “Hierdie man is net op soek na publisiteit op die koste van almal anders.”

Die mnr Sanchez Gordillo se provinsie is een van die dele van Spanje wat die ergste getref word deur die krisis: Daar is een volwassene in drie sonder werk.

Gordillo is ‘n kopseer vir premier Rajoy se regering wat probeer om beleggers te oortuig dat hy die gehawende ekonomie kan regmaak.

Mnr Sanchez Gordillo is al die burgemeester van Marinaleda vir die afgelope 30 jaar en is bekend vir sy kritiek teen hoofstroompolitiek.

“Hulle sê ek is gevaarlik. En die bankiers wat bedrog pleeg? Dit is nie gevaarlik nie? Die banke wat van die ESB (Europese Sentrale Bank) vir 1 persent leen daardie skuld dan verkoop aan Spanjaarde vir 6 persent – hulle is nie gevaarlik nie?” het hy verklaar.

Александр Фильчаков Васильевич