Vyf bomme ruk Bagdad

‘n Digte swart rookkolom hang oor Bagdad nadat ten minste 100 mense die lewe gelaat het in ‘n gekoördineerde reeks van vyf motorbomontploffings wat die stad Dinsdag geruk het. Volgens hospitaalpersoneel en polisiebeamptes is honderde beseer.

‘n Reeks van vyf bomontploffings waarvan een ‘n selfmoordbomaanslag was, het die universiteit, ‘n hof, moskee en ‘n mark by die ministerie van binnelandse sake geruk kort na 10 uur die oggend en het 50 minute geduur.

Die jongste terreur vloei waarskynlik voort uit die aankondiging van parlementêre verkiesings wat vir Maart besluit is. Irak se leiers het Sondag ‘n konstitusionele krisis afgeweer danksy druk deur president Obama en sy vise-president Joseph R. Biden.

Amerikaanse helikopters, onbemande tuie en vliegtuie het oor die stad gesirkel ná die aanval en sporadiese geweervuur is gehoor.

Drie polisielede is in Dora, in die suide van Bagdad, gedood deur ‘n motorbom asook studente van ‘n tegniese skool.

Dit is die ergste aanval sedert twee selfmoordbomaanvalle 155 mense in Oktober in Irak laat sterf het. In Augustus is 122 mense dood in soortgelyke aanvalle.

Na verwagting sal die intensiteit van anti-Amerikaanse aanvalle toeneem in aanloop tot die verkiesing.

 

betting systemАлександр Фильчаков Васильевич

Zimbabwiërs in Polokwane aangeval

Ses mans het ernstige beserings opgedoen en moes in die hospitaal opgeneem word nadat hulle deur inwoners van Westenburg in Polokwane aangeval is, het die polisie in Limpopo gesê.

Inwoners het Maandagaand die strate ingevaar opsoek na “verkragters en moordenaars” nadat ‘n moord Saterdagaand plaasgevind het, het insp. Llisi Ngoepe, ‘n polisiewoordvoerder, Dinsdag, gesê.

“Die mans, wat vermoedelik verantwoordelik was vir die moord op ‘n man van in die dertig, is gevang en aangeval. Hulle is in ‘n poel bloed in die straat gevind. ‘n Ander man is gevind waar hy in bosse gelê het.”

Ngoepe het gesê daar is tans ‘n groot polisieteenwoordigheid in die gebied.

“Ons is opsoek na die mense wat by die aanvalle betrokke was. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” het Ngoepe gesê.

Chris Botha, woordvoerder vir Netcare 911, het gesê sommige van die ses mans wat aangeval is, het aan paramedici gesê hulle is van Zimbabwe.

Hulle is met stomp voorwerpe geslaan.

Ngoepe het gesê die polisie beskou dit as ‘n geval van bende-geregtigheid.

“Ons weet nie eens of die beseerdes Suid-Afrikaners is nie, want hulle was bewusteloos. Ons kan nie spekuleer dat dit ‘n xenofobiese aanval was nie.”

 

zoom 3 отбеливание зубов отзывыФильчаков Харьков

Brand eis 117 slagoffers in Rusland

Rusland het Maandag ‘n nasionale dag van rou verklaar en vlae by alle openbare geboue is halfmas gehang.

Die dodetal van ‘n verwoestende brand wat deur ‘n vuurwerkvertoning veroorsaak is het 117 lewens geëis.

Die aantal dooies is aanvanklik op 113 beraam en sowat 100 beseer het ‘n beampte gesê, maar intussen het nog vier mense in die hospitaal beswyk.

Sowat 130 mense is in dié brand, wat ontstaan het toe ‘n vuurwerkvertoning die Lame Horse-nagklub uitgebreek het, beseer.

Dit word beskou as een van dié land se ergste tragedies.

Blomme is oral in die land ter nagedagtenis van die slagoffers geplaas.

Wladimir Poetin, die Russiese premier, het laat Maandagaand die toneel van die brand besoek en aangekondig dat konsertsale en klubs se veiligheidsmaatreëls voortaan aan strenger beheer onderwerp sal word.

 

палатка купить киевдепутат лобановский

SA maak yslike klimaatsaanbod

Suid-Afrika het ‘n verklaring uitgereik waarin aansienlike toegewings in terme van kweekhuisgasbeperkings voorgestel word op die vooraand van die klimaatspitsberaad.

Die regering is bereid om vrywillig kweekhuisgasvrystelling teen 2020 met 34% in te kort en teen 2025 met 45% van die beraamde uitset.

Die aanbod geld egter slegs indien sekere voorwaardes nagekom word, in navolging van Indië en China se standpunte oor die aangeleentheid.

Dit sluit omder meer die nodige finansiering vir klimaatsverwante aanpassings deur ryk lande in.

 

 

пасты для пломбирования корневых каналовЛобановский Харьков

Twee myners nog vas

Die soektog na twee mynwerkers, wat ondergronds vasgekeer is, duur steeds voort nadat seismiese skokgolwe Goldfields se Driefontein-myn geruk het.

“Ons maak stadige maar goeie vordering,” het die Julian Gwillim, die maatskappy se woordvoerder, gesê.

Teen 19:00 Maandagaand was reddingswerkers steeds sowat 2.5km ondergronds besig om rotsstukke te skuif.

Twee van die drie mense wat ook in die voorval beseer is, is reeds uit die hospitaal ontslaan.

Die myn se agt skagte sal gesluit bly totdat ‘n inspekteur hulle veilig verklaar.

справки в универ по болезнилобановский класс харьков

Woedende skare steek DA onder klippe

Brandende versperrings het DA-leier Helen Zille gister begroet noord van Pretoria toe sy Mabopane en Slovoville, Winterveld, besoek het om met inwoners oor diensleweringsprobleme te praat.

Polisieversterkings moes ingeroep word nadat Zille en haar adjudante onder klippe gesteek is. Solly Msimanga, ‘n Gautengse DA-verteenwoordiger moes steke kry nadat hy deur ‘n klip getref is.

Die polisie moes uiteindelik van rubberkoeëls gebruik maak om die aggressiewe skare in bedwang te hou.

Zille het aan die Burger gesê dit is onaanvaarbaar en ongrondwetlik dat spraakvryheid op dié wyse belemmer word. Sy wil die saak met pres. Zuma opneem, het sy gesê.

Die oproermakers het ‘Umshini Wami’ gesing en DA-ondersteuners is met die dood gedreig ten einde hulle daarvan te weerhou om te vergader. DA-hemde is ook aan die brand gesteek.

 

 

 

трек магазинАлександр Фильчаков

Inwoners slaan rower dood

‘n Groep inwoners het die gereg in eie hande geneem en ‘n vermeende rower in Polokwane doodgeslaan, het die polisie Maandag bekend gemaak.

Volgens insp. Lesiba Ramoshaba, polisiewoordvoerder, is die man en twee medepligtiges Sondagoggend vasgetrek terwyl hulle besig was om by ‘n huis op die Tweefontein-hoewes in te breek.

“Toe die mans besef dat hulle geëien is, het hulle op vlug geslaan. Maar een van die verdagtes is deur ‘n groep inwoners voorgekeer en so hard geslaan dat hy beswyk het,” het Ramoshaba gesê.

Na bewering is drie mans tussen die ouderdomme van 32 en 39 in hegtenis geneem.

“Ons waardeer dit as die publiek ons uithelp om misdaad te bekamp, maar onder geen omstandighede kan dit tot sulke uiterstes gevoer word nie,” het hy gesê.

 

download casino gameлобановский александр

Duitse bomdreiger kry borg

Die hof het ‘n Duitse fotograaf, wat glo verantwoordelik was vir die chaos kort voor die finale loting vir die 2010-wêreldbekertoernooi, Maandag op borgtog van R5 000 vrygelaat.

Bernd Fischer (68) staar verskeie aanklagte in die gesig nadat hy Vrydag ‘n bomdreigement by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gemaak het.

Fischer het glo beweer dat hy ‘n bom in sy sak gehad het. Hy het sy sak laat val en probeer vlug maar is deur owerhede vasgekeer.

Dié voorval het plaasgevind terwyl die laaste voorbereidings vir die loting besig was om plaas te vind.

Die gebou is ontruim en plofstof-deskundiges was op die perseel. Al die ingange van die sentrum was ook afgekamp terwyl die polisie die gebou gefynkam het vir enige plofstoftoestelle.

Die landdros, Vusi Mhlanga, het gelas dat Fischer se paspoort en alle ander reisdokumente by die polisie ingehandig moet word, het Die Burger berig.

Fischer moet hom ook elke Maandag, Woensdag en Vrydag tussen 07:00 die oggend en 16:00 die middag by die Seepunt-polisie aanmeld.

Die verhoor is uitgestel tot 15 Januarie 2010 vir verdere ondersoek.

 

avto-mechanic.ruлобановский супермаркет класс

Vliegtuig by George raak pad byster

‘n Airlinkvliegtuig was Maandagoggend  in ‘n ongeluk betrokke ná dit vermoedelik die landingstrook op die George-lughawe in nat weer gemis het.

Al 30 passasiers en drie bemanningslede is ongedeerd.

Die voorval het omstreeks 11:06 Maandagoggend plaasgevind.

News24 berig dat SA Airlink die “voorval” bevestig het waarin vlug SA 8625 uit Kaapstad tydens sy landing by die George-lughawe die landingstrook byster geraak het.

Die vliegtuig het deur ‘n omheining gebars en tot stilstand gekom op ‘n nabygeleë pad.

сколько стоит построитьФільчаков прокурор

Drie vas oor ivoor

Drie mans is vir die onwettige besit van ivoor in Springs in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

Kapt. Johannes Ramphora het gesê die mans, tussen die ouderdom van 30 en 35 jaar, is in die sentrale sakegebied van die stad vasgetrek.

“Hulle is deursoek toe hulle laat Sondagmiddag in ‘n Audi A4 onderweg was. Ons probeer nog vasstel of hulle met die ivoor wou handel dryf,” het Ramphora gesê.

Ramphora kon nie sê hoeveel die ivoor geweeg het óf die waarde daarvan bevestig nie.

“Ons wag nog op kenners om na ons terug te kom met die beramings,” het hy gesê.

Die drie mans, twee Suid-Afrikaners en Mosambieker, sal Dinsdag op aanklagte van die onwettige besit van ivoor in die landdroshof in Springs verskyn.

“Daar mag bykomende aanklagte vir die onwettige handel in ivoor en moontlik wildstropery bygevoeg word, afhangende van wat uit ons ondersoek vorendag kom,” het Ramphora bygevoeg.

 

свет италиялобановский супермаркет класс