Wie gaan die ketting trek?

Iemand moet verantwoordelikheid aanvaar vir die oop toilette in Viljoenskroon in die Vrystaat, het die ANC-Jeugligaleier, Julius Malema, Dinsdag gesê.

“Koppe moet rol,” het hy gesê terwyl hy ‘n oop toilet in Fallrock ondersoek het.

Malema het gesê geen munisipaliteite moet oop toilette voorsien nie. Hulle moet nie eens daaraan dink nie, het hy gesê.

Volgens hom moet ‘n munisipaliteit nie eens begin bou aan toilette as daar nie genoeg geld gaan wees om omhulsels te bou nie.

Hy het gesê die ANC se leierskap het selfs dié kwessie in ‘n ANC-beheerde munisipaliteit veroordeel.

Met verwysing na ‘n eienaar van een van die toilette het Malema gesê: “Hierdie ou vrou moet sê dat die ANC hier was en dat daar na haar probleme omgesien sal word.

“Die toilette sal toegemaak word.”

Fikile Mbalula, minister van sport, het die gebied ‘n groot, swart Mercedez-Benz besoek. Hy het gesê munisipale beamptes het verduidelik dat die toilette in fases toegemaak sal word.

“Ons veroordeel oop toilette. Dis onmenslik…” het Mbalula gesê.

Hy het gesê geen mens kan op dié manier leef nie. “Daar’s geen privaatheid nie, geen menswaardigheid nie…”

Mbalula en Malema is deur die ANC-swaargewig Tony Yengeni vergesel. Hy het gesê die ANC se nasionale werkskomitee het Maandag ‘n verslag oor die Viljoenskroon-situasie gesien.

“Daar is geen verskoning hiervoor nie. Mense in die munisipaliteit moet volle verantwoordelikheid aanvaar.”

Yengeni het gesê die ANC kan nie ander veroordeel en dan hul eie party se mense toelaat om daarmee weg te kom nie.

светильники настенно потолочные круглыетопкарго

VF+, Mobilitate loods webwerf vir munisipale klagtes

Die Vryheidsfront Plus het vandag ‘n diens saam met Mobilitate (www.mobilitate.co.za) geloods waar inwoners munisipale probleme direk by munisipaliteite kan inhandig. Hierdie diens sal beskikbaar wees op die webwerf www.mymunisipaliteit.org.za en is bykomend tot die bestaande diens waar swak dienslewering by die Verbruikerskommissie aangemeld kan word. Hierdie diens is tekenend van die mag wat tegnologie vir die gewone belastingbetaler en burger kan gee. Belastingbetalers is nou bemagtig om in die gemak van hulle huise direk ‘n klagte by hulle munisipaliteit aan te meld. Geen meer tyd sal gemors word deur in rye te staan en oproepe na munisipale dienssentrums te maak waar oproepe nie beantwoord word nie. Mobilitate se span sal klagtes monitor en druk plaas op munisipale owerhede om spoedige oplossings te verseker. Indien die munisipaliteit nie reageer nie word die inligting gepubliseer en kan die klagte deur die inwoner by die Verbruikerskommissie aangemeld word. Die kommissie kan die munisipaliteit dan dwing om diensgelde wat betaal is gedeeltelik of in geheel terug te betaal. Hierdie magte stem ook ooreen met die VF Plus se filosofie van “Geen dienste – Geen belasting”.

Hierdie vennootskap tussen ‘n politieke party en ‘n inligtingstegnologie-maatskappy vind vir die eerste keer plaas. Die belastingbetaler word bemagtig deur hierdie diens omdat munisipaliteite onder druk geplaas word om die dienste te lewer waarop inwoners geregtig is.

Die dienste beskikbaar op www.mymunisipaliteit.org.za sluit die volgende in:

1. Klagtes regstreeks aan ‘n munisipaliteit. Die webwerf beskik ook oor ‘n kaart wat presies aandui waar die probleem voorkom en die GPS-koördinate word ook na die munisipaliteit saam met die klagte gestuur sodat reaksie vinnig kan plaasvind;

2. Klagtes na die Verbruikerskommissie. Die Verbruikerskommissie is in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming daargestel om swak dienslewering in die algemeen aan te spreek, ook by munisipaliteite en gee verreikende magte aan die Kommissie om tariewe terug te eis van diensverskaffers en munisipaliteite;

3. Voorstelle aan munisipaliteite. Die webwerf maak voorsiening dat voorstelle ook aan die betrokke munisipaliteit gegee kan word, soos die oprig van ‘n spoedteken by ‘n skool of die opstel van ‘n nuwe verkeerslig.

игри для детей 6 летtopcargo развод

Tunisië prut steeds

Polisie moes Sondag traangas gebruik om betogers uitmekaar te jaag tydens ‘n anti-regeringopstand in Tunis.

Te midde groeiende geweld in die land het jeugdiges polisiestasies in vyf stede aan die brand gesteek.

Sowat 200 betogers het buite die munisipale teaters en Habib Bourguiba-laan byeengedrom. Hulle het die nasionale volkslied gesing om nog ondersteuners te werf.

Hulle het die polisie met beledigings uitgejou terwyl die polisie die betogers gewaarsku het om uit die strate te kom en na hulle huise terug te keer.

Die betogers het volstrek geweier en die polisie as “lafaarde” uitgejou. Daarna het die veiligheidsmagte die betogers met traangas verwilder en hulle gedwing om in kleiner strate in te beweeg.

Owerhede het Saterdag na dae se volgehoue geweld in Tunis en omliggende omgewings ‘n aandklokreël ingestel.

океанские яхтыЛобановский

Marokkane vaar die strate in

Duisende Marokkane het politiese hervorming geëis tydens ‘n optog teen geweld in Marrakesj nadat 16 mense onlangs in ‘n bomontploffing by ‘n kafee in dié stad gedood is.

Die optog wat Sondag plaasgevind het, is die jongste deur die 20 Februarie-groep, wat op ‘n gereelde basis betogings vir demokrasie reël. Hierdie keer het hulle ook teen terrorisme betoog ná die 28 April-bomaanval op die Argana-kafee.

Die betoging het digby die beskadigde kafee plaasgevind.

Owerhede het reeds drie verdagtes in hegtenis geneem en gesê dat die leier deel van Al-Kaïda is. Niemand het nog egter verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Koning Mohamed VI het hervorming belowe om te verhoed dat Marokko dieselfde paadjie volg as talle ander Arabiese lande wat sedert die begin van die jaar deur opstande en betogings geteister is.

Blood SuckersАлександр Фильчаков

‘Polisie help net wit boere’

Die LUR vir veiligheid en sekuriteit in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het ‘n vrou wat uit frustrasie tydens ‘n openbare vergadering Maandag na die polisie as “honde” verwys het omdat hulle hul pligte ignoreer en in selfbelang optree, berispe.

Die vrou, wat die departement se openbare deelname-vergadering in Breyton, 30 kilometer van Ermelo, bygewoon het, het aan die skare gesê die polisie hanteer lede van die gemeenskap nie gelyk nie, het Shongwe se woordvoerder, Joseph Mabuza, gesê.

Sy het gesê toe sy ‘n misdaad gepleeg het, was die polisiebeamptes vinnig op die toneel. Toe dit egter haar beurt was om bygestaan te word, was die polisie nie hulpvaardig nie.

“Nie almal in die polisie is sleg nie, maar van hulle is honde omdat hulle net daarin belangstel om salarisse te ontvang, pleks daarvan om ons as mense te help,” het sy gesê.

Ander mense het die polisie ook van rasse-vooroordeel beskuldig. Hulle het gesê die polisie reageer vinnig wanneer wit boere deur misdaad geraak word, het Mabuza gesê.

Hulle het verduidelik dat die polisie met verskeie voertuie en helikopters na ‘n toneel sal stroom, maar as dit ‘n swart persoon is, sal die polisie ure laat opdaag.

Shongwe het in reaksie op die kwessies wat opgehaal is gesê hoewel mense woedend is oor die polisie se gedrag in die gebied, moet hulle nie slegte maniere ten toon stel as hulle in die openbaar praat nie, het Mabuza gesê.

“Die polisie is mense net soos die res van ons. Hulle moet dus in hul loopbane gerespekteer word. Ons kan hulle nie honde noem nie. Laat ons afsien van sulke neerhalende woorde, want dit sal daartoe lei dat mense dié woorde glo.

“Hulle het bloed nes die res van ons, hulle voel ook die pyn in hul liggame. Dié wat nie lojaal en passievol oor diens aan die mense is nie, moet aangemeld word.”

Hy het toegegee dat sommige polisiebeamptes die goeie beeld van die polisiediens in die wiele ry. Die gemeenskap moet hulle egter aanmeld sodat hulle, indien skuldig, uit die stelsel gehaal kan word.

купить пазлы украинаданильченко юрій броніславович компромат

NAVO laat 61 swart vlugtelinge sterf

Swart vlugtelinge is blykbaar aan hul lot oorgelaat om te sterf in die Middellandse See nadat Europese en NAVO-militêre eenhede hulle krete om hulp geïgnoreer het.

‘n Boot met 72 passasiers aanboord, waaronder verskeie vroue, jong kinders en politieke vlugtelinge, het in Maart naby Tripoli in die moeilikheid geraak. Hulle was oppad na Europa om daar om politieke asiel aansoek te doen.

Die vaartuig het blykbaar rondgedryf in die oop water vir 16 dae lank. “Elke oggend het ons wakker geword en nog liggame ontdek,” het Abu Kurke, een van slegs nege oorlewendes, gesê. Hulle het oorleef, sê hy, deur hul eie urine te drink en tandepasta te eet.

Internasionale maritieme reg verplig alle skepe, insluitende militêre vaartuie, om gehoor te gee aan noodoproepe en hulp aan te bied waar moontlik. Vlugtelingorganisasies het ‘n ondersoek na die sterftes aangevra, terwyl die UNHCR, die VN se vlugteling-agentskap, gevra het vir strenger samewerking tussen kommersiële en militêre skepe in die Middellandse See in ‘n poging om menselewens te spaar.

Hierdie jaar se politieke onrus en militêre konflik in Noord-Afrika het ‘n skerp styging in die aantal mense wat probeer om Europa te bereik, veroorsaak. Soveel as 30 000 migrante het die reis oor die Middellandse See in die afgelope vier maande aangepak.

Groot getalle sterf en route; die afgelope maand is meer as 800 immigrante van verskillende nasionaliteite vermoedelik dood. Van die lyke spoel op die strande in Europa en Noord-Afrika uit.

Die pous het intussen, in ‘n toespraak aan meer as 300 000 aanbidders, ‘n beroep op Italianers gedoen om immigrante te verwelkom.

Op ‘n stadium op 29 Maart of 30, was die boot naby aan ‘n NAVO-vliegdekskip. Volgens oorlewendes, het twee stralers opgestyg van die skip en laag oor die vlugtelingvaartuig gevlieg terwyl die immigrante op die dek twee honger babas omhoog gehou het.

Die Guardian het na uitgebreide navrae vasgestel dit was waarskynlik die Franse skip Charles de Gaulle.

‘n Woordvoerder van NAVO, wat militêre optrede in Libië koördineer, het gesê hulle het geen rekords van die insident nie. “NAVO-eenhede is ten volle bewus van hul verantwoordelikhede met betrekking tot die internasionale maritieme reg, en sal antwoord op alle noodoproepe op see en altyd help wanneer dit nodig is om lewens te red.”

детски машиныЛобановский

Moslems en Christene pak mekaar in Egipte

Die Egiptiese eerste minister, Essam Sharaf het ‘n noodveragdering van sy kabinet saamgeroep om bloedige gevegte wat tussen Moslems en Christene in Kaïro uitgebreek het, te bespreek.

Minstens sewe mense is dood en meer as ‘n honderd beseer in die gevegte.

Die Egiptiese weermag is ingeroep om die twee groepe uitmekaar te hou. Volgens berigte beskuldig die Moslem-groepe ‘n Christengroep daarvan dat hulle ‘n vrou wat die Islamitiese geloof wil aanneem, gevange hou.

Die twee groepe het mekaar onder klippe en petrolbomme gesteek.

безмасляные компрессорыданильченко юрій броніславович

‘Bid vir ANC’

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het Sondag aanbidders buite die Oos-Kaapse dorp Cala aangeraai om vir sy party in die plaaslike verkiesings te stem as hulle water, krag, gratis huise, teerpaaie en straatligte wil hê.

“Ek vra julle om vir die ANC te bid terwyl ons die verkiesing op 18 Mei nader,” het Mantashe tydens ‘n volgepakte kerkdiens by die St Johns Apostolic Faith Mission-kerk gesê.

“Ons beloof om julle water, krag, paaie en straatligte te gee, maar net as julle vir die ANC bid en dat ons die verkiesings sal wen.”

Mantashe, wat oor die naweek ANC-veldtogte in die gebied gevoer het, is ‘n lid van dié kerk en is uitgenooi om die aanbidders toe te spreek.

Hy het geskerts dat hy eens die keuse tussen die kerk en die politiek gehad het, maar dat hy gedwing is om die politiek te betree.

Hy het gesê die besluit wat mense op 18 Mei sal maak, sal “net so belangrik” wees.

“Jy moet weet vir wie jy stem,” het hy gesê.

“Maar ek raai julle aan om vir die ANC te stem. As julle voel dat julle nie vir die ANC kan stem nie, kan julle na ander partye gaan, maar weet dat die ANC altyd die land sal lei.”

Buite die kerk het inwoners van Cala in die modder en die reën gestaan en wag vir hul name om geroep te word sodat hulle hul rantsoen van vyf liter water vir die dag kon kry.

Een vrou, Tembisa Ngcobela, het gesê sy sal “meer as enigiets” ‘n kraan met lopende water wil hê.

“Ek het vier seuns en hulle is in die skool,” het sy gesê.

“Ek is bly daaroor. Ek is bly dat hulle opvoeding en geleenthede het, maar as ek ‘n kraan kon hê sou dit baie makliker wees,” het sy gesê.

‘n Vrou wat langs Ngocobela gestaan het, het gesê sy is met tuberkulose gediagnoseer en wil beter behandeling by die kliniek in die gebied ontvang.

“Die regering het vir ons baie dinge gebring,” het sy gesê, “maar daar is baie dinge wat ons nie het nie. As hulle wil hê ek moet aanhou om vir hulle te stem, moet hulle vir ons dinge soos teerpaaie en lopende water gee.”

поршневой безмасляный компрессорлобановский класс

Nog ‘n bejaarde egpaar oorval

‘n Bejaarde egpaar in die misdaadgeteisterde Bloemspruit, Bloemfontein, is met ‘n mes en hamer oorval.
Alje van Deemter (70) en sy vrou, Annemarie (70), is Saterdagoggend in hul huis aangeval. Dit is reeds die vierde wrede aanval sedert September verlede jaar.
Lees verder.

 

тамбов краныФільчаков Олександр Васильович

DA onderskryf Vryheidsmanifes

“Ons onderskryf die Vryheidsmanifes [Freedom Charter] net soos die ANC,” het Zille tydens ‘n onderhoud hierdie week gesê.

“Baie van die bepalings van ons Grondwet, soos die reg op waardigheid en sosio-ekonomiese regte, is vervat in die Vryheidsmanifes. Ons glo ook dat Suid-Afrika behoort aan almal wat daarin woon..”

Zille verwerp die idee dat die DA in wese ‘n party is wat “wit politiek” bedryf.

Die Vryheidsmanifes stel dit duidelik dat die swart mens se grond van hom “gesteel” is want hulle “besit die geboortereg van grond”.

Voorts is die “wil van die mense” die belangrikste grondslag vir demokrasie volgens die manifes. In daardie opsig, verskil Zille dus nie van iemand soos die gewilde Julius Malema, ANC-jeugleier nie.

Demokratiese Alliansie-leier Hellen Zille en haar voorganger, Tony Leon, is skynbaar ligjare van mekaar verwyder wanneer dit kom by hoe Suid-Afrika die liberale demokrasie wat hulle nastreef, wil laat realiseer.

In 1999 het Leon met sy “Fight Back”-verkiesingsveldtog die DA gered van gewisse ondergang. Leon het aangevoer dat daar ‘n behoefte bestaan om die ANC se wurggreep te beveg. Duisende Afrikaanse kiesers het daarna ingekoop in die DA-veldtog.

Zille het haar veldtog vir die komende munisipale verkiesings van stapel gestuur op die historiese Walter Sisulu-plein in Kliptown, Soweto.

Die DA se swart Johannesburgse burgemeesterskandidaat, Mmusi Maimane, is ‘n gegradueerde van dié party se leierskapsontwikkelingprogram, het Zille uitgewys.

вертолетики на пульте управленияОлександр Фільчаков прокурор