Onrus brei verder uit in Vrystaat

Dit wil voorkom asof diensleweringsbetogings in die noord-Vrystaat besig is om te versprei nadat daar gister in twee dorpe voorvalle was.

Op Hennenman moes die burgemeester van Matjhabeng, Sebenzile Ngangelizwe uit die Phomolong stadion onder polisie-begeleiding geneem word toe betogers die burgemeester en sy gevolg met klippe gegooi het.

‘n SAUK-voertuig is ook onder die klippe gesteek. Inwoners het ‘n optog gehou en geëis dat ‘n kliniek gebou word en dat daar afstand van die emmerstelselgrond gedoen word.

In Zamdela by Sasolburg loop die spanning hoog te midde van inwoners wat gisteraand weer paaie versper en bande aan die brand gesteek het.

Die minister van Samewerkende Regering, Richard Baloyi het die gebied gister besoek nadat inwoners tot geweld oorgegaan en die dorp begin plunder het. Minstens 150 mense is in hegtenis geneem.

‘n Aflweringsvoertuig is gekaap en gebruik om ‘n kitsbank oop te breek. Die inwoners betoog teen ‘n voorgestelde samesmelting van munisipaliteite.

Vakbonde het gevra vir die vrylating van stakende werkers wat tydens die gewelddadige staking in verskeie dele van die Wes-Kaap aangekeer is. Hulle sê sommige van die werkers is nou reeds drie weke lank in aanhouding sonder dat hulle om borgtog aansoek gedoen het.

Die vakbond, CSAAWU het ‘n nuuskonferensie buite Kaapstad gehou om sy kommer uit te spreek. ‘n Woordvoerder,Trevor Christians, beweer dat sommige werkers terwyl hulle in aanhouding is mediese sorg ontsê word. ‘n

Polisiewoordvoerder, Andre Traut, sê intussen die wet bepaal dat niemand vir langer as 48 uur aangehou mag word sonder dat hulle in die hof verskyn het nie.

Hy sê klagtes kan gerig word aan die Onafhanklike Polisie-Ondersoekeenheid. Tweehonderd-en drie mense is in hegtenis geneem nadat die staking bykans twee weke gelede hervat is.

Лобановский

Brits het ‘n slagveld geword

Die SAP se Landelike beveiligings initiatief in Brits het totaal gefaal. Dit was Raadslid Elsa Lourens van die Vryheidsfront Plus, Brits, se kommentaar op n plaaslike koerant berig waarin Thandi Modise, Premier van die Noordwes, haar kommer uitgespreek het oor die vlaag van gewapende rooftogte wat Brits teister.

Volgens die berig is Suid Afrikaanse boere se kanse om vermoor te word 2 keer meer as die van n polisielid. Volgens Lourens is dit onakuraat en is die syfer wat tans beskikbaar is vir plaasmoorde 313 tot 100 000 teenoor die 51 Moorde per 100 000 polisielede wat volgens die berig in 2011/2012 geraporteer is. Dit is 6 keer meer as die moorde op polisielede, se Lourens.

Die syfer was vir die Min van Polisie so kommerwekkend dat hy n Nasionale beraad gehad het waar daar toe n Tien punt plan aangekondig is om die moorde op Polisie lede aan te spreek. Aan die anderkant word plaasmoorde glad nie as prioriteit gesien nie.

Net in die laaste 6 maande was daar 8 plaasmoorde in Brits, en 22 boere is barbaars aangeval in n radius van ongeveer 20km. Die syfers vir aanvalle en rowe in ander areas soos Beestekraal en Kameeldrift is nie bygereken nie en aangesien akurate polisie statistieke nie beskikbaar is nie, is dit dus onmoontlik om die plaasaanvalle en plaasmoorde waarvan ons bewus is af te trek en dan te vergelyk met die oorblewende statistiek van ander geweldsmisdaad vir die tydperk in Brits.

Die skielike toename in grusame moorde en geweldadige aanvalle op plase in die Brits omgewing dui daarop dat die SAP nie gerat of bevoeg is om voorkomend teen misdaad in Brits op te tree nie, en daar word ook nie n daadwerklike poging van hulle kant af gemaak om die saak reg te stel nie. Die SAP het dus ons plase en kleinhoewes in Brits en omgewing in n slagveld verander deur die perfekte omstandighede vir die tipe misdaad te skep, se Lourens.

лобановский александр биография

Situasie in Sasolburg versleg

Twee vragmotors is Maandag deur inwoners van die Zamdela-lokasie in Sasolburg aan die brand gesteek, het die polisie in die Vrystaat, gesê.

“‘n Vragmotor wat ‘n paar meter ver van die polisiekantoor gestaan het, is deur die skare verwoes. Dit brand tans,” het konst. Peter Kareli gesê.

“Nóg ‘n vragmotor word op die R82 verwoes. Die situasie is besig om te vererger.”

Kareli het gesê die provinsiale polisiebestuur het in die gebied aangekom om te kyk wat hulle kan doen en intussen is nóg polisiebeamptes na die lokasie gestuur.

Die betogings het Sondag begin nadat die munisipaliteit inwoners ingelig het oor nuwe planne vir die samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit, het Beeld berig.

‘n Polisievoertuig was vroeër vasgekeer in die modder en betogers het die beamptes in die voertuig aangeval.

“Waterkanonne en rubberkoeëls is gebruik om die betogers in bedwang te bring. Die helikopter skiet ook rubberkoeëls,” het Kareli gesê.

Richard Baloyi, minister van samewerkende regering, sal na verwagting Maandagmiddag met beamptes van die Fezile Dabi-munisipaliteit vergader om die betogers se griewe te bespreek.

Sowat 90 mense is Sondag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklag van openbare geweld nadat hulle winkels in die woonbuurt geplunder het.

“Nóg mense is omstreeks 03:00 vanoggend [Maandag] in hegtenis geneem nadat hulle winkels geplunder het,” het Kareli gesê.

Die getal mense wat sedert Sondag in hegtenis geneem is, is nog nie bekend nie, maar sowat 150 mense is na raming agter tralies.

Diegene wat Sondag in hegtenis geneem is sal na verwagting Maandag in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

Данильченко Юрий прокурор

Polisie vrees nog geweld in Bloemhof

Die onlangse staking by die Dairybelle-kaasfabriek se stoor in Bloemhof asook brandstigting, het verder gelei tot die intimidasie van ‘n plaaslike wit sakeman.

Sewe verdagtes het intussen verlede Woensdag in die landdroshof op Bloemhof in Noordwes verskyn op aanklagte van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging na aanleiding van die staking.

Die verdagtes is aangekeer nadat een van die onderneming se afleweringsvoertuie met klippe en ‘n petrolbom bestook is.

Die maatskappy het miljoene rande se skade gely weens die staking. Kort nadat die staking begin het, is die paaie rondom die aanleg afgesper en ‘n besending van sowat 75 000 liter melk moes afgeskryf word. Die maatskappy moes ‘n hofbevel kry om stakers te verhinder om paaie te versper.

Die skade van ‘n brand by ‘n pakhuis beloop tussen R5 miljoen en R10 miljoen. Weens die staking kon verskeie aflewerings nie betyds gedoen word nie.

‘n Inwoner wat onskuldig met sy bakkie daar verby gery het, is ook tydens die oproer met klippe bestook. Volgens bronne was hy goed gewapen en het die stakers laat verstaan dat hy nie intimidasie sal duld nie.

Sy bakkie is egter in die proses verwoes. Volgens die man is die polisie traag op die saak wat hy aanhangig gemaak het ivm sy beskadigde eiendom op te volg.

Die voertuig se eienaar het ‘n saak teen 200 betogers asook die vakbond aanhangig gemaak.

Die polisie is glo bang om die saak te hanteer uit vrees vir verdere geweld terwyl die stakers gedreig het dat hulle die hele sakekern van Bloemhof wil afbrand.

 

лобановский класс

Oproeriges plunder Sasolburg se sakekern

Beeld berig dat Sasolburg se winkeleienaars dié naweek inderhaas hul winkels moes sluit toe meer as 3 000 oproerige plakkers van die Zamdela-lokasie op loop gegaan het.

Die opstand volg nadat amptenare van die Metsimaholo-munisipaliteit inwoners van Zamdela toegespreek het oor die beplande samesmelting van die Metsimaholo- en Ngwathe-munisipaliteit.

Die Metsimaholo-munisipaliteit beslaan die dorpe Sasolburg, Oranjeville, Deneysville en die Ngwathe-munisipaliteit Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville.

Inwoners is gekant teen die same­smel­ting.

Die polisie het pepersproei en rubberkoeëls gebruik om die skare te beheer.

Miljoene rande se skade is aangerig in die sakekern, by Sasolburg Square se winkels in ‘n wandellaan op die dorp. Die plunderaars het winkelruite uitgegooi en juweliersware, klere en kos weggedra.

Polisieversterkings is uit ander gebiede laat kom om die opstand onder beheer te bring, nadat die plaaslike polisie hul hande vol gehad het.

Die inwoners het glo gedreig om die polisie aan te val. Padtekens, sement-asblikke, pad­relings, verkeersligte en advertensieborde is uitgeruk en afgebreek om die paaie mee te versper.

Reuse-klippe en selfs dooie diere het die paaie in en om Sasolburg en die R57 versper en motoriste is met klippe bestook.

топкарго

Gyselaardrama: 25 sterf by Algerynse gasaanleg

Die lyke van 25 gyselaars wat deur Islamiste gevange geneem is, is Sondag by ‘n gasaanleg in die Algerynse Sahara-woestyn gevind, berig die plaaslike media.

Dít volg nadat spesiale magte toegeslaan het op die aanleg om ‘n 72 uur lange gyselaatdrama te beëindig.

Anis Rahmani, direkteur van die plaaslike televisie-kanaal Ennahar, het aan AFP gesê die weermag het “die lyke van 25 slagoffers gevind” toe hulle probeer het om die instelling te ontset.

Geen ander inligting is bekend gemaak nie.

Mohamed Said, Algerië se minister van kommunikasie, het vroeër Sondag gesê die dodetal kan styg nadat Islamitiese militante ‘n gasaanleg aangeval het.

Altesaam 23 buitelanders en Algeryne het reeds weens die aanval gesterf.

“Ek vrees dat die dodetal dalk opwaarts aangepas kan word,” het Said aan ‘n plaaslike radiostasie gesê.

Verskeie lande het intussen aangedui dat hul burgerlikes vermis word nadat die noodlottige aanval in die In Amenas-kompleks Saterdag in ‘n bloedbad geëindig het toe Algerynse spesiale magte die aanleg bestorm het.

Die Algeryne het nog nie inligting verskaf van die buitelanders wat dood is nie.

Japan het gesê 10 van sy burgerlikes word nog vermis, sowel as vyf Norweërs en twee Maleisiërs.

Minstens een Algeryn is volgens amptelike bronne dood.

Militante het Woensdag ‘n aanval op die aanleg geloods en teen Donderdag is die meeste van die slagoffers vrygelaat toe die eerste reddingspoging uitgevoer is.

Wêreldleiers, wat gelei is deur pres. Barack Obama van Amerika en sy Franse eweknie, Francois Hollande, het die Islamitiese terroriste vir die sterftes blameer.

лобановский политик

Ministers se huisopknappings kos R65 miljoen

Die departement van openbare werke het in die 2011/12 boekjaar byna R65 miljoen bestee aan verbeterings by die huise van ministers en adjunkministers, berig Sunday Times.

Volgens die koerant het Thulas Nxesi, minister van openbare werke, in reaksie op ‘n LP se vraag op 14 Desember, dié uitgawe erken.

Die rekeninge sluit in: R15 miljoen wat aan Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondsake, se huis in Kaapstad bestee is, opknappingswerk van R10,67 miljoen aan ‘n huis wat Lydia Chikunga, adjunkminister van vervoer, sou gebruik en minder as R5 miljoen aan opgraderings aan ‘n huis wat aan Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou toegeken is.

Mtobeli Mxotwa, ‘n woordvoerder vir Nkwinti, het aan die koerant gesê: “Minister Nkwinti het nie beheer oor staatsbates of huise nie. Hy vat net wat die departement van openbare werke toeken”.

Chikunga het gesê dit is “onregverdig” om verbind te word om die buitensporige besteding.

“Ek het nooit opknappings van R10 miljoen versoek nie.”

Joemat-Pettersson se woordvoerder, Palesa Mokomele, het navrae na die departement van openbare werke verwys.

Александр Фильчаков прокурор

ANC-Jeugliga veroordeel Persklub se renosternuus-keuse

Die Nasionale Persklub moet meer met Suid-Afrikaners kommunikeer en hul stories ontgin, het die ANC-jeugliga Sondag gesê.

Die organisasie het gesê hy is bekommerd dat die persklub besluit het renosters is meer “waardevol as menselewens” toe hy renosters as 2012 nuusmaker van jaar aangewys het.

“Hoewel die ANCYL glo die omgewing en diere moet beskerm word, beteken dit miljoene mense in Suid-Afrika se stories is nie in 2012 vertel nie,” het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê.

Die persklub het Saterdag onder skoot gekom nadat hy renosters in Suid-Afrika as die 2012 nuusmaker van die jaar aangewys het.

In ‘n jaar waarin 34 mynwerkers in Marikana doodgeskiet is, die handboek-sage in Limpopo, die skorsing van die ANC-jeugligaleier, Julius Malema, en die omstredenheid oor pres. Jacob Zuma se huis in Nkandla, het Suid-Afrikaners hul skok uitgespreek oor die persklub se aankondiging.

Suid-Afrikaners het hul ontevredenheid oor die besluit op die sosiale netwerk Twitter te kenne gegee.

Фильчаков прокурор отзывы

Jessie Duarte waarsku teen DA

‘n Top ANC-lid, Jessie Duarte, het die Demokratiese Alliansie aangeval en gesê die land moenie gelei word deur neo-kolonialiste wat soos revolusionêres probeer lyk nie, het City Press Saterdag berig.

“Laat ons versigtig wees kamerade, die neo-liberale en neo-kolonialiste sing en dans soos ons, maar ons weet dat hulle tydens hul private byeenkomste die land wil agteruit neem,” het die ANC se adjunk-sekretaris-generaal in Port Elizabeth gesê.

“Hulle wil die belange van die minderheid beskerm.”

Duarte het Saterdag ‘n toespraak gelewer op ‘n saamtrek in die Oos-Kaap.

Sy het ‘n beroep op partylede gedoen om te verseker dat die takke van die party gereed is vir volgende jaar se algemene verkiesings.

лобановский александр игоревич харьков

Skolerugy: Opkikkertoetse kom

Jong rugbyspelers aan van die land se bekende sportskole gaan vir onwettige steroïede en ander verbode middels getoets word, berig Rapport.

Volgens die koerant het 18 uit 62 leerlinge wat die afgelope ses maande in onafhanklike toetse ondersoek is, positief getoets vir middels wat so gevaarlik is dat dit tot die dood kan lei.

Die koerant berig verder dat anaboliese steroïede so maklik verkrygbaar is dat veral jong rugbyspelers dit op die internet bestel en by hul skole laat aflewer – skynbaar onbewus van die wetlike implikasies en gesondheidsgevare.

Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het aangekondig meer as 100 skole het al aangedui hulle sal aan die toetsing van leerlinge deelneem.

Deon Gerber, rugbyhoof van Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch, het gesê hoewel die skool nog nie probleme met steroïede gehad het nie sal hy sy hele o.19A-groep stuur om vir verbode middels getoets te word.

Kapt. Paul Ramaloko, nasionale woordvoerder van die Valke, het aan die koerant gesê hulle is bewus van die probleem.

Фильчаков прокурор отзывы