Jessie Duarte waarsku teen DA

‘n Top ANC-lid, Jessie Duarte, het die Demokratiese Alliansie aangeval en gesê die land moenie gelei word deur neo-kolonialiste wat soos revolusionêres probeer lyk nie, het City Press Saterdag berig.

“Laat ons versigtig wees kamerade, die neo-liberale en neo-kolonialiste sing en dans soos ons, maar ons weet dat hulle tydens hul private byeenkomste die land wil agteruit neem,” het die ANC se adjunk-sekretaris-generaal in Port Elizabeth gesê.

“Hulle wil die belange van die minderheid beskerm.”

Duarte het Saterdag ‘n toespraak gelewer op ‘n saamtrek in die Oos-Kaap.

Sy het ‘n beroep op partylede gedoen om te verseker dat die takke van die party gereed is vir volgende jaar se algemene verkiesings.

лобановский александр игоревич харьков

Maak 'n opvolg-bydrae