Hani se graf geskend

Die graf van die afgestorwe kommunis en terrroris, Chris Hani, is gevandaliseer, het die Ekurhuleni-munisipaliteit gesê.

Volgens die munisipaliteit is R23 000 se skade veroorsaak.

“Werknemers [van die munisipaliteit] sê Hani se grafsteen is geskend…” het Mondli Gungubele, burgemeester van Ekurhuleni, in ‘n verklaring gesê.

Gungubele sê dit lyk asof die grafsteen ook deur ‘n koeël getref is.

Die vandalisme is “sinneloos” en dit was ‘n “hartseer toeval” dat dit op die vooraand van Hani se doodsherdenking in April gebeur het.

Gungubele sê die polisie sal die saak ondersoek.

Die munisipaliteit het R23 000 bewillig om die grafsteen op te knap.

прокурор Фильчаков

Lekker by die skool?

‘n Graad 11-leerling is doodgesteek buite die Vorentoe Hoërskool in Auckland Park, Johannesburg, Woensdag, het ‘n amptenaar gesê.

Gesondheidswoordvoerder, Charles Phahlane, het gesê die seun is glo aangeval en gesteek deur vyf mense na skool klaargemaak het vir die dag.

“Die oortreders is onmiddellik in hegtenis geneem deur ‘n polisieman wat sy kind by die skool gaan haal het en versterkings ingeroep het,” het hy gesê.

“Die leerder is óf op sy pad na of by aankoms by die hospitaal oorlede.”

Phahlane het gesê die departement het sy meegevoel aan die seun se familie en vriende betuig.

Dit is die tweede moord van ‘n skoolseun in die land hierdie week. Dinsdag is die 16-jaar-oue Raylin Fortuin doodgesteek by die die Beauvallon Sekondêre Skool in Valhalla Park, Kaapstad.

Александр Фильчаков

Taalwet vra burgerlike ongehoorsaamheid sê PRAAG

Meer as tweehonderd jaar lank word die Afrikaanse taal in Suid-Afrika aangeval en gemarginaliseer, hetsy deur die Britse koloniale owerheid, hetsy deur die ANC-bewind. Gedurende die bewind van die Nasionale Party, is Engels toegelaat om sy rol as enigste openbare taal te behou en is Afrikaans aan sensuur onderwerp.

PRAAG (die Pro-Afrikaanse Aksiegroep) verwerp daarom die gedagte dat Afrikaans ooit saam met Engels geklassifiseer kan word as “‘n voorheen bevoordeelde taal”. Dr. Dan Roodt, die leier van PRAAG, het in Johannesburg gesê: “Geen taal is méér aan staatsonderdrukking en -marginalisering onderworpe as juis Afrikaans nie. Die nuwe taalwet verteenwoordig bloot die voortsetting van Britse imperialisme en kolonialisme, met die volksmoorddadige ANC-bewind wat daarop uit is om Afrikaans dood te maak, tesame met ‘n groot aantal van haar sprekers”.

Roodt het ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om “te let op die kommerwekkende situasie in Suid-Afrika, met die ANC-bewind wat etniese konflik uitlok deur sy beleid van kulturele en taalkundige imperialisme, asook aanvalle op Afrikaanse skole, plekname, museums en biblioteke”.

PRAAG sal hom voeg by hofaansoeke saam met ander Afrikaanse organisasies om die onwettige en totalitêre maatreëls te beveg wat daar teen Afrikaans geneem word. Die beweging het egter gevra vir burgerlike ongehoorsaamheid teen die “soesji-vretende, korrupte, Milneristiese satrape wie se tirannieke heerskappy oor Suid-Afrika reeds ‘n misdaad teen die mensdom verteenwoordig. Afrikaners in die besonder behoort nie enige tolgeld of belasting te betaal nie, of enige bydrae te maak om dié Idi Amin-agtige narre verder te onderhou wat daarvan droom dat hulle Britse lords is wat ons donkies noem omdat ons Afrikaans praat.”

Aan die ander kant het die pro-Afrikaanse beweging die “helderheid” verwelkom wat die ANC se nuwe taalwet gebring het. “Indien die finale bewys nodig was dat die eenheidstaat van Suid-Afrika gedoem is, het ons dit nou,” sê Roodt. “Die enigste logiese uitweg is selfbeskikking vir Afrikaners, so gou as moontlik. Daar is tans ‘n herontwaking van daardie Afrikanergees wat ons so lank in die stryd teen imperialisme onderskraag het. Ons het die Britse Ryk oorkom en sal insgelyks die Nguni-empaaier in sy geldgierigheid, aakligheid en vermetelheid oorleef.”

Фильчаков Харьков

Malema-uitspraak vandag

Die ANC sal na verwagting vandag ‘n aankondiging maak oor die toekoms van die geskorste leier van die party se jeugliga.

Jackson Mthembu, ‘n woordvoerder, sê die ANC se nasionale tugkomitee sal Woensdag vergader om bevindinge oor Julius Malema te finaliseer.

“Ek kan bevestig dat daar vandag [Woensdag] ‘n vergadering sal wees. Die ANC sal ‘n verklaring uitreik…” het Mthembu gesê.

Hy sê die verklaring sal “later vandag [Woensdag]” uitgereik word.

Die ANC se nasionale dissiplinêre appèlkomitee (NDAK) het onlangs Malema en vyf ander beamptes van die ANCYL se skuldigbevinding bekragtig.

Hulle is daaraan skuldig bevind dat hulle die ANC in oneer gebring en verwoesting in die party gesaai het.

Malema is vir vyf jaar geskors. Floyd Shivambu (woordvoerder vir die ANCYL), Ronald Lamola (adjunk-leier), Pule Mabe (tesourier-generaal), Sindiso Magaqa (sekretaris-generaal) en die adjunk-sekretaris-generaal, Kenetswe Mosenogi, is ook geskors vir tydperke wat tussen 18 maande en drie jaar strek.

Hul appèl teen hul vonnisse is ook van die hand gewys, maar hulle kon bewyse voorlê ter versagting van hul vonnisse.

Hul vonnisse is opgeskort hangende die uitkoms van die verhore.

Олександр Васильович Фільчаков

Nasyrec is ‘nie-rassig’

Die Departement van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming sê die jeugopleidingsprogram vir jong mense is nie ‘n rassistiese program nie, maar ‘n program om jong rewolusionêres in patriotisme en landsdiens op te lei.

NARYSEC, soos die program bekendstaan,  wil jong revolusionêres soos die 1976-generasie aanmoedig sodat hulle die volgende vaste fondament kan lê.

Suid-Afrika herdenk reeds op 16 Junie elke jaar die 1976 studente-opstande in Soweto, waar die “apartheidpolisie met traangas en lewendige koeëls na ‘n vreedsame protes deur hoërskoolleerlinge in Soweto wat vir beter onderwys betoog het, geskiet het”, sê Eddie Mohoebi, hoof van kommunikasie van die departement.

Die wêreld het nog nie vergeet hoe wreed die apartheidsregering was nie, en die NASYREC-deelnemers moet hierdie geskiedenis as grondslag sien.

Die Departement van Landelike Ontwikkeling het gesê NARYSEC deelnemers, die werklose jeug van landelike gebiede, tussen die ouderdomme van 18 en 35, moet kyk en bou op die reeds stewige fondament wat gelê is deur die 1976-generasie.

Die NARYSEC is ‘n twee-jaar program wat gemik is op die bemagtiging van landelike jeug van elk van die 3 300 landelike wyke regoor die land.

Dr Anton van Staden sê die doel van NARYSEC is om die jeug te werf en te ontwikkel in die landelike gebiede tussen die ouderdomme tussen 18 en 35 vir gemeenskapsdiens. “Die program is gemik op die bemagtiging van die jeug met verskillende vaardighede en sal na verwagting sowat 10 000 geleenthede vir ten minste vier jeugdiges van die 3 000 landelike wyke in die land bied, insluitend die jeug met gestremdhede,” sê hy.

“Suksesvolle kandidate sal ‘n intensiewe opleiding ondergaan, gebaseer op die behoeftes geïdentifiseer tydens ‘n induksie en wat deur die Departement goedgekeur is, en sal ‘n maandelikse toelae ontvang vir die twee jaar vir die duur van die program.”

Vaardigheidsontwikkeling sal dissipline, patriotisme, lewensvaardighede, bewustheid van regte en spesifieke vaardighede behels.

Van Staden sê: “Die departement het begin met hierdie werkskepping en vaardigheidsontwikkeling, in lyn met sy landelike ontwikkelingsmandaat, en om by te dra tot die sleutel vyf prioriteite van die regering.”

Die Kommandokorps, Afriforum en die DA het voorheen kritiek uitgespreek teen die oprigting van wat hulle beskou as ‘n para-miltêre program. “Hierdie nie-militêre jeugdiges sal ons agente van verandering wees… ” het minister Gugile Nkwinti egter geantwoord.

лобановский александр дети

ANC gee DA-man hartaanval

Die DA se hoofsweep in die Tshwane-metroraad, Janho Engelbrecht, het ‘n ligte hartaanval gehad tydens ‘n warm argument met die ANC, volgens ‘n verslag Woensdag.

Engelbrecht (39), was by ‘n vergadering van die Tshwane-raad se reëls en etiese komitee Dinsdag in die Pretoriase middestad.

Volgens Beeld het hy sy humeur verloor toe die African National Congress aankondig dat hulle die skorsing van die Demokratiese Alliansie se leier in die Tshwane-raad Brandon Topham op die agenda plaas.

Speaker Morokane Mosupyoe het gebots met Topham by die afgelope twee raadsvergaderings en Dinsdag voorgestel dat ‘n 60-dag-skorsing ingestel word teen die DA.

Engelbrecht het driftig beswaar aangeteken en kort daarna begin onwel voel.

Hy is inderhaas na die kardiale hoësorgeenheid van die Unitas-hospitaal in Centurion geneem. Hy het na bewering Woensdag baie beter gevoel.

“Dit blyk dat ek ‘n ligte hartaanval gehad het,” sê Engelbrecht.

Topham het gesê Engelbrecht moet dit in die toekoms kalm vat, maar dit is dikwels makliker gesê as gedaan.

“Jy moet nie jou gesondheid in die gedrang bring nie, maar dit is moeilik wanneer die ANC ‘n bespotting van ons demokrasie maak, soos wat hulle gedoen het by Dinsdag se raadsvergadering,” het hy gesê.

Александр Фильчаков

Nog ‘n aanval op die Grondwethof

Die regering wil die magte van die Grondwethof hersien, maar sy uiteindelike bedoelings daarmee is steeds duister, behalwe dat dit nog ‘n poging kan wees om die howe te koöpteer in die naam van transformasie.

‘n Besprekingsdokument oor die transformasie van die regstelsel in Kaapstad is gister, deur minister van justisie, Jeff Radebe, vrygestel en hy het gesê ‘n 18-maande studie van die Grondwethof se besluite sal onderneem word.

ANC-hoofsweep Mathole Motshekga het die vrystelling van die “besprekingsdokument oor transformasie van die regstelsel” verwelkom.

Die studie sal bepaal hoe besluite van die Grondwethof spesifiek, en die regbank in die algemeen, bygedra het tot die “heropbou van Suid-Afrika”.

President Jacob Zuma en ander senior ANC-leiers het die afgelope jaar verskeie kere na die Grondwethof se rol gevra.

Zuma, het so onlangs as 13 Februarie gevra dat die hof se magte hersien word, wat gelei het tot wydverspreide vrese dat die Grondwet self bedreig word.

“Ons wil nie die Grondwethof hersien nie, ons wil sy magte hersien,” het Zuma gesê in ‘n onderhoud met Independent Newspapers.

Kenners het hul kommer uitgespreek oor die hersiening, uit vrees dat dit dalk ‘n poging deur die ANC-regering is om die regbank te muilband.

Radebe was egter vinnig om die vrese te besweer. “Die onafhanklikheid van die regbank is nie op die spel nie,” het hy gesê.

Maar Radebe het gesê daar is genoeg getuienis om te bewys dat die verordeninge aan kritiek onderwerp behoort te word.

“Daar bestaan literatuur wat sê in ‘n grondwetlike demokrasie soos ons s’n, is kritiek van die hof se besluite beide toelaatbaar en wenslik,” het hy gesê.

Hy het gesê dat regters gemeet moet word aan dieselfde standaarde as dié wat van die uitvoerende gesag en die parlement verwag word.

“Regters is nie minder immuun teen openbare ondersoek as lede van die uitvoerende gesag en wetgewer nie,” het hy gesê.

Radebe het gesê die ondersoek na die Grondwethof sal staatmaak op die navorsing wat reeds gedoen is deur regsakademici oor die onderwerp om die impak van die hof se beslissings op die transformasie van die samelewing as ‘n geheel te bepaal.

Senior ANC-leiers het ‘n verlede jaar reeds aanvalle teen die regbank geloods.

Nasionale uitvoerende komitee-lid Ngoako Ramatlhodi het vir ‘n hersiening van die grondwet gevra, en gesê dit is ‘n “kompromie” wat die swart meerderheid ontmagtig, en diegene wat teen demokratiese verandering is, “‘n houvas gee op die ekonomie, die regstelsel, die openbare mening en die burgerlike samelewing”.

Die regerende party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het die howe gekasty in ‘n onderhoud in die Sowetan, en gesê dat hulle vyandig teenoor die uitvoerende gesag staan.

Александр Фильчаков

SANParke dood hul eie renosters

Vier Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) amptenare is in hegtenis geneem in verband met renosterstropery, SANParke het gister gesê.

Die vier amptenare is gistermiddag in hegtenis geneem nadat 2 renosters dood aangetref is in die Kruger Nasionale Park (KNP) vroeër die oggend, het SANParke-woordvoerder Wanda Mkutshulwa in ‘n verklaring gesê.

“Die diere is geskiet en hul horings verwyder. Verdere ondersoeke na die dood van die twee renosters en moontlik ander renosterstroperyvoorvalle in die omgewing word tans gedoen,” het sy gesê.

Al vier amptenare was in die Pretoriuskopdeel van die park werksaam waar 11 renosters sedert die begin van die jaar gedood is.

Dinsdag se ontdekking het die totale aantal renosterssterftes in die park sedert 1 Januarie tot 43 laat klim, en landwyd tot 80.

Vyftig mense is sedert die begin van die jaar in hegtenis geneem in verband met wildstropery, het gesê Mkutshulwa

“Ek is persoonlik hartseer om te ontdek dat sommige van ons eie so goedsmoeds die vertroue en geloof wat ons in hulle gestel het, misbruik,” het SANParke, se uitvoerende hoof David Mabunda gesê.

Parkbeamptes staak steeds en sal Woensdag met vakbondverteenwoordigers vergader in ‘n poging om die staking op te los.

Salarisongelykhede, waar geïdentifiseer, sal glo oorweeg word.

топкарго кидалы

Seun steek skoolmaat dood

‘n Sestienjarige seun is Dinsdag doodgesteek by ‘n skool in Valhalla Park, Kaapstad, het die polisie gesê.

Die tiener was omstreeks 10:30 in ‘n argument op die skoolgrond betrokke wat gewelddadig geraak het, het lt. kol. André Traut gesê.

Bronagh Casey, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van onderwys, het gesê die seun is op die toneel voor ander leerlinge oorlede. Berading is gereël vir dié wat die moord gesien het. Bykomende sekuriteit sal ook vir die skool gereël word.

Volgens Traut is ‘n 16-jarige seun kort ná die moord in hegtenis geneem. Hy sal binnekort in die hof verskyn.

Данильченко Харьков

Cosatu brom ook oor Zuma

President Jacob Zuma sal die Kongres van SA vakbonde (Cosatu) se nuwe hoofkantoor in Johannesburg Woensdag open. 

Die byeenkoms is geskeduleer om plaas te vind om 10:00 in Jorissenstraat, Braamfontein.

Die African National Congress is deel van ‘n historiese alliansie met Cosatu en die SA Kommunistiese Party, wat bekend staan ​​as die drieparty-alliansie.

Verlede Woensdag het Cosatu se Gautengvoorsitter, Phutas Tseki, gesê die debat oor of die ANC Cosatu in die regte rigting lei, moet voortgaan.

“Is ons deel van die ANC of loop langs die ANC?” het Tseki gevra in Johannesburg.

“Word ons nie gesien as deel van die ANC in die vorm van veldtogte wat gelei word deur die ANC en die leierskap van die ANC nie?”

Tseki was die afgevaardigdes by Cosatu se Gautengse provinsiale uitvoerendekomiteevergadering. Hy het gesê die ANC is die leier van die alliansie, ‘n besluit wat deur Cosatu ondersteun word. Maar daar is niks verkeerd met die debat oor of die ANC Cosatu vorentoe neem nie.

“Word ons weggestoot?” het Tseki gevra.

Hy het ook gepraat oor arbeidsmakelaars, en gesê Cosatu het met Zuma gepraat oor die kwessie tydens sy landstoespraak twee weke gelede.

Данильченко Юрий Брониславович компромат