Rusland onthul reusagtige diamantkrater

Rusland het ‘n groot bron van diamante wat die wêreldmark vir die volgende 3000 jaar van blink klippies sal voorsien.

Wetenskaplikes beraam dat daar ‘triljoene karaat’ lê onder ‘n asteroïedekrater in Siberië, meer as tien keer die globale voorraad.

Die Kremlin weet van die reserwes wat onder die impaksone van Popigai Astroblem lê sedert die 1970’s.

Maar dit is tot nou toe geheim gehou, want dit sou groot winste in ‘n swaar beheerde mark tot niet maak.

Regeringsamptenare het uiteindelik aan wetenskaplikes van die nabygeleë Novosibirsk Instituut van Geologie en Mineralogie toestemming verleen om lig te werp op die krater se verborge skatte in ‘n vergadering met die joernaliste oor die naweek.

Die amptelike nuusagentskap ITAR-Tass, het gesê die diamante is twee keer so hard “soos die gewone edelstene, wat dit ideaal maak vir industriële en wetenskaplike gebruike”.

Volgens Die Christian Science Monitor, meen die instituut se direkteur, Nikolai Pokhilenko, dat die nuwe bron ‘n radikale opskudding in die edelgesteentemark gaan veroorsaak.

Rusland se winsgewende diamantbedryf is deur die kolossale myn Mirny, in Jakoetia, gemyn. Dit is 11 jaar gelede as gevolg van krimpende opbrengste en veiligheid kwessies gesluit.

Die nuwe bron by Popigai Astroblem laat Mirny lyk na ‘n blote molshoop lyk en sal ‘n broodnodige herlewing aan die bedryf te bring.

Die klippe by Popigai is bekend as die “impakdiamante” wat ontstaan ​​as ‘n voorwerp soos ‘n meteoriet ‘n bestaande diamantdeposito tref. Hulle is ook uniek

Pokhilenko het gesê: “Die waarde van die impak diamante is bygevoeg deur hul ongewone skuur funksies en groot korrelgrootte.

“Dit brei die omvang van hul industriële gebruik aansienlik en maak hulle meer waardevol vir industriële doeleindes.”

Diamondproduksie het in 2009 tot ‘n ongekende laagtepunt tydens die ekonomiese krisis gedaal.

Met die wêreldmarkte, wat tekens van veerkragtigheid begin wys, kan dit verduidelik waarom Rusland nou sy verborge skatte openbaar.

Олександр Фільчаков прокурор

Zuma wil Malema agter tralies sien

Julius Malema, geskorste president van die ANC-jeugliga, kan dalk teen die naweek agter tralies wees, het Eyewitness News (EWN) Dinsdagoggend berig. Dit sal gebeur as die Valke en Solidariteit hul sin kry.

Dit volg ná die Valke se ondersoek oor bewerings van korrupsie teen Malema ten einde geloop het. Die Valke het intussen ook gesê die polisie se speureenheid die ondersoek oorgeneem het na bewerings van aanhitsing tot geweld teen Malema gemaak is deur die vakbond Solidariteit.

Malema het na bewering gedurende sy ampstermyn as president van die Jeugliga tenders aan sakemanne van Limpopo help toeken. Volgens Solidariteit het hy werkers aangehits tot geweld gedurende die Lonminstaking.

Malema het intussen Dinsdag by ‘n mediakonferensie by die Holiday Inn-hotel in Sandton uitgevaar teen president Zuma en hom as ‘n “gefaalde leier” uitgekryt.

Malema beweer polisie het gedreig om hom dood te maak by Wonderkop-stadion toe hy Maandag by die byeenkoms daar weggewys is.

“Die polisie het gedreig om ons te isoleer en ons dood te maak,” het Malema aan verslaggewers in Johannesburg gesê. Malema moes noodgedwonge by die hekke van die stadion, waar die stakende mynwerkers versamel het om ingelig te word oor die ontwikkelinge oor hul looneise, wegdraai.

Hy is begelei deur ongeveer 10 polisievangwaens.

“Die supersoniese spoed waarteen sy [Zuma se] sakebelange gegroei het sedert sy aanstelling as president is ‘n bewys dat hy slegs sy eie belange en dié van sy familie in gedagte het.”

Malema het die SABC ook gekritiseer omdat hulle nie negatiewe dekking oor die president duld nie.

“Tipies van alle diktatorskappe in die wereld, saai die openbare uitsaaier, wat ‘n publieke mandaat het om verslag te doen oor alle belangrike gebeure, slegs goeie berigte oor Jacob Zuma uit.

“Nog nooit het ‘n president oor soveel chaos en verdeeldheid regeer nie, en hy sal die land in nog ‘n dieper krisis inlei,” het Malema gesê.

Malema het verder gesê die vertroue wat die gewone man op straat in hom stel, veroorsaak dat Zuma planne maak om hom te stuit, verwysende na die Valke- en speurondersoeke.

Фильчаков прокуратура харьков

Agt SA’ners sterf in Kaboel-aanval oor film

Agt Suid-Afrikaners is onder diegene wat dood is in ‘n wraakbomaanval in Kaboel oor ‘n anti-Islam film in die Midde-Ooste.

Die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder Nelson Kgwete het bevestig dat agt Suid-Afrikaners dood is in Afghanistan Dinsdag, maar het gesê dat min besonderhede bekend is.

“Die mans het vir ‘n private lugvaartmaatskappy gewerk. Hulle het vanoggend gesterf in ‘n ontploffing in Kaboel. Die departement is besig om met die owerheid deur sy missie in Islamabad in Pakistan meer inligting hieroor in te win,” het hy gesê.

Suid-Afrika het nie ‘n ambassade in Afghanistan nie, en konsulêre werk in die area word hanteer deur die sending in Pakistan.

Kgewte het gesê die departement het net die name van die oorledenes ontvang en probeer kontak met die naasbestaandes maak.

“Ons wil ons opregte meegevoel betuig aan die families en die nodige bystand sal gelewer word aan die familie en vriende,” het hy gesê.

Die aanvallers het gesê die aanval was in weerwraak teen ‘n film wat spot met die profeet Mohammed, wat op die internet geplaas is.

Die aanval verhoog vrese dat die woede oor die film verslegtende veiligheidstoestande in die VSA en ander Westerse lande tot gevolg sal hê.

Duisende betogers het gebots met die polisie in Kaboel, die vorige dag, motors uitgebrand en klippe gegooi rotse in die ergste uitbraak van geweld sedert Februarie toe oproer oor die verbranding van Korans deur Amerikaanse soldate uitgebreek het.

Afghaanse polisie het gesê onder die 12 gestorwenes in die Kaboel bomaanval was Russe en Suid-Afrikaners wat werk vir ‘n buitelandse maatskappy.

Dit volg op ‘n bloedige naweek waartydens ses lede van Afghanistan se NAVO-alliansie, met inbegrip van vier Amerikaners, dood is.

топкарго развод

VSA-sendings begin om geklassifiseerde materiaal te vernietig

Hoewel die optog van honderdeduisende ontstoke Moslems in Beiroet ver weg van die Amerikaanse ambassade daar gebly het, dui verslae daarop dat die Amerikaanse sending in Libanon begin het om geklassifiseerde materiaal te vernietig as ‘n sekuriteitsvoorsorgmaatreël.

Die Beiroet-ambassade het “sy noodprosedures en het begin om geklassifiseerde dokumente te vernietig,” sê ‘n State Departement-statusverslag wat verkry is deur die Associated Press.

In Washington, het amptenare gesê daar is geen onmiddellike bedreiging vir die ambassade nie. Die besluit om “geklassifiseerde dokumente te verminder” was roetine onder sulke omstandighede en deur die ambassade personeel self onderneem, het hulle bygevoeg.

Vroeër Maandag, het die State Department weereens gewaarsku dat burgers van die VSA hul reise na Libanon moet beperk aangesien die potensiaal vir ‘n “spontane toename in geweld aanwesig bly” in die land. Hulle waarsku verder dat die Libanese owerhede nie in staat is om beskerming te waarborg nie.

Die amateur-film “Onskuld van Moslems” het gelei tot verontwaardiging in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en Asië verlede week. Baie Moslems was woedend oor die YouTube-film wat Islam se profeet Mohammed bespot.

In protes wat regoor die wêreld gevolg het, is verskeie mense reeds dood en dosyne is in hegtenis geneem terwyl hul hul woede voor Amerikaanse ambassades en konsulaatdienste uitgedruk het.

лобановский александр компромат

Was VSA se ambassadeur Stevens gay?

Het president Obama en Hillary Clinton ‘n gay ambassadeur na die “bevryde” Moslemland Libië gestuur, waar homoseksuele gedrag ‘n misdaad is, strafbaar met gevangenisstraf?

Die State Department ontken tans heftig dat daar ‘n intelligensielekkasie was wat gelei het tot die aanval op ambassadeur Stevens en sy lyfwagte, waarna sy lyk deur ‘n juigende skare uit sy skuilplek gesleep is.

Die vraag kom te midde van vrae in die diplomatieke gemeenskap oor J. Christopher Stevens wat in Libië wreed vermoor is op die herdenking van die September 11, 2001 se terreuraanvalle.

Dit is die eerste moord van ‘n ​​Amerikaanse ambassadeur sedert 1979. Dit is des te meer ernstig as in ag geneem word dat in ‘n land waar die huidige sentrale regering ‘n suiwer fiksie is, is die Amerikaanse ambassadeur nie bloot ‘n diplomaat nie, maar funksioneer as die de facto hoof van die staat.

Die vraag is die moeite werd omdat die huidige Amerikaanse regering aktief die werwing vanuit homoseksuele gemeenskappe vir diplomatieke opdragte oorsee nastreef, insluitend in die Midde-Ooste.

Dit vorm deel van ‘n groter beleidsbesluit deur Obama en Clinton om diskriminasie teen homoseksuele wêreldwyd te konfronteer, selfs in Moslemlande.

Intussen het die Obama-administrasie besluit dat die dodelike aanval in Libië en die gewelddadige betogings in die Moslem-wêreld slegs ‘n reaksie op ‘n 14-minuut filmlokprent op die internet is wat die Islamitiese profeet Mohammed as ‘n pedofiel en ‘n homoseksueel uitbeeld.

Chris Stevens was ‘n 52-jaar-oue man sonder vrou of kind.

‘n Onlangse “Gay Pride” viering by ‘n Amerikaanse ambassadelid in Islamabad, Pakistan, op Junie 26, 2011, het ‘n woedende reaksie van Moslem-groepe ontketen wat na bewering die geleentheid veroordeel het as ‘n daad van “kulturele terrorisme” gemik teen die land se Islamitiese waardes.

Nog steeds beskikbaar op die Amerikaanse ambassade se webwerf in Islamabad is notas van 75 mense, insluitend missiebeamptes, Amerikaanse militêre verteenwoordigers, buitelandse diplomate en leiers van Pakistani LGBT-groepe, wat die “gay pride” gebeurtenis van 26 Junie 2011, deur die saakgelastigde Ambassadeur Richard E. Hoagland, adverteer.

‘n Naamlose State Department-woordvoerder verduidelik wat gebeur het tydens die aanval op Stevens: “Op ‘n sekere punt hiertydens – en eerlik, ons nie weet wanneer nie, maar ons glo dat ambassadeur Stevens uit die gebou en na ‘n hospitaal in Benghazi geneem is. Ons het nie enige inligting wat sy toestand was op daardie tydstip nie. Sy lyk is later teruggegee aan Amerikaanse personeel by die Benghazi-lughawe. “

‘n Berig op 12 September op die Libanese nuusagentskap se webwerf Tayyar.org het aangedui dat Stevens gesodomiseer is voordat hy vermoor is, hoewel die verslag later van die webwerf verwyder is nadat Agence France Presse beswaar gemaak het dat die bron vals was.

Sondag, het Libië se president Mohamed Yousef El-Magariaf aan CBS se “Face the Nation” gesê dat die aanval op die Amerikaanse Konsulaat in Benghazi “vooruit beplan” was en heeltemal weerspreek wat die VN se Amerikaanse ambassadeur Susan Rice beweer, naamlik dat die aanval ‘n spontane reaksie op ‘n Internet-video was.

CNN het ook Sondag ‘n verslag gepubliseer waarin ‘n plaaslike sekuriteitsbeampte Amerikaanse diplomate in die stad gewaarsku het oor verslegtende veiligheidstoestand.

Die verskriklike ironie is dat die mense van Benghazi reeds in ‘n soortgelyke voorval betrokke was. Dit is nuttig om te onthou toe die spotprente van Mohammed in September, 2005, verskyn het, is die Deense konsulaat daar aangeval. In ooreenstemming met die Weense Konvensie het die Libiese regering van Moeammar Gadaffi troepe ontplooi om die Westerse diplomate te beskerm. Die onderdrukking van die oproer het gelei tot talle sterftes. Daarna het die Weste Gadaffi daarvan beskuldig dat hy hardhandig teen sy eie mense optree!

Данильченко Юрий прокурор

Malema weggekeer by myn

Die Suid-Afrikaanse polisie het Julius Malema verhoed om ‘n byeenkoms van stakende mynwerkers Maandag toe te spreek, nadat president Jacob Zuma gewaarsku het dat die land nie ‘n resessie kan bekostig wens stakings nie.

Die polisie het Julius Malema, geskorste leier van die ANC se jeugliga, met vier Nyala-polisievoertuie en ‘n helikopter tot by die N4 uit Marikana in die Noordwes begelei, het RSG berig.

Zuma het by ‘n konferensie van Cosatu gesê dat R4.5 miljard verlore gegaan het in die produksie van goud en platinum hierdie jaar en ‘n verdere R118 miljoen in die steenkoolsektor.

“Die impak gaan verder as die mynbousektor,” het hy gewaarsku.

“Ons kan nie bekostig om in ‘n resessie te gaan nie, en om terug te keer na die tydperk 2008 en 2009 waar die land naby aan ‘n miljoen werkgeleenthede verloor het, waarvan ons nog sukkel om te herstel.”

Die regering het Vrydag aangekondig dat hulle nie langer die onrus sal duld nie en die veiligheidsmagte beveel om toe te slaan op onwettige byeenkomste, wapens, dreigemente en aanhitsing.

Polisie het die naweek toegeslaan op Marikana met die ondersteuning van die leër, tradisionele wapens van werkers afgeneem en die skare met rubberkoeëls en skokgranate verjaag nadat hulle sonder polisieklaring byeengekom het.

Vroeg Maandag, het die polisie 42 mense in hegtenis geneem vir ‘n onwettige staking by ‘n skag wat deel uitmaak van Royal Bafokeng Platinum.

Julius Malema is Maandag verhoed om ‘n skare toe te spreek nadat hy fisies deur gewapende polisie weggekeer is, wat hom 10 minute gegee het om te gaan by ‘n stadion waar werkers in Marikana versamel het.

Malema is na ‘n heftige woordewisseling tussen hom en sy lyfwagte en ‘n groep van minstens 20 polisielede deur sy veiligheidswagte weggelei. 

Sowat 5 000 mense het die gewese Jeugligaleier ingewag onder swaar gewapende polisieteenwoordigheid by die Wonderkop-stadion, sonder wapens, maar met helderkleurige sambrele.

Minstens 30 polisievoertuie was teenwoordig. Toe die nuus hulle bereik dat Malema deur die polisie weggekeer is om hulle toe te spreek, was daar groot ontevredenheid, maar mense het kalm gebly.

Malema en sy lyfwagte het sowat 200 m van die stadioningang af met die polisie geargumenteer.

Floyd Shivambu, woordvoerder van die Economic Freedom Fighters, het in ‘n verklaring gesê Malema sal vandag tydens ‘n mediakonferensie kommentaar lewer oor onder meer dié voorval.

Suid-Afrika se Tesourie voorspel ‘n onregstreekse verlies van R3.1 miljard van die nasionale inkomste weens stakings en onderbrekings op die myne, het Zuma gesê.

Олександр Фільчаков прокурор

Tweederdes het nie vaagste benul van hidro-breking

Soveel as tweederdes van Suid-Afrikaners het nie die vaagste benul oor wat hidrouliese breking behels nie, het Pondering Panda, ‘n verbruikersmaatskappy, bevind.

Dít kom nadat ‘n opname gedoen is kort nadat die regering ‘n moratorium op hidrouliese breking in die Karoo opgehef het.

“Uit die mense wat beweer hulle het al van hidrouliese breking gehoor, kon slegs 25% sê hulle dink dit is ‘n metode om natuurlike gasse uit die grond te onttrek,” het Pondering Panda in ‘n verklaring gesê.

“Sowat 34% het gesê dis ‘n manier om jouself van sonbrand te beskerm terwyl 26% glo dat dit ‘n seksuele aktiwiteit is.”

Sowat 84% van die mense wat bekend is met hidrouliese breking het gesê hulle is bekommerd oor die impak wat dit op die omgewing kan hê.

“Jong Suid-Afrikaners wat bewus is van hidrouliese breking het baie sterk opinies oor die saak,” het Shirley Wakefield, Pondering Panda se woordvoerder, gesê.

Sowat 3 000 mense het via Mxit aan die opname deelgeneem.

“Die regering en ondernemings moet meer doen om bewusmaking te skep oor hidrouliese breking,” het Wakefield gesê.

лобановский депутат

Amerikaners uit Tunisië ontruim

Sowat 100 Amerikaanse burgers is uit Tunisië ontruim ná ‘n aanval op die Amerikaanse ambassade waarin vier mense dood is.

“Die Amerikaanse burgers is Sondag ontruim,” het ‘n diplomatieke bron aan AFP gesê.

Washington het nie-noodsaaklike diplomatieke personeellede en hul familielede beveel om Soedan en Tunisië te verlaat nadat geweldadige betogings dié lande getref het, waarin ses mense reeds dood is

Die betogings kom uit protes teen ‘n rolprent spot met Islam.

Innocence of Muslims, wat glo in die VSA vervaardig is, het gewelddadige protesoptogte in verskeie Moslemlande en lande waar Moslems woon, veroorsaak.

Die VSA se departement van binnelandse sake het Amerikaanse burgers gewaarsku om nie na Tunisië te reis nie en het die burgers in dié land aangeraai om versigtig te wees en betogings te vermy.

Фильчаков прокуратура харьков

Lonmin sluit skag, kanselleer arbeidskontrak

Lonmin sal voortaan slegs instandhoudingswerk by sy K4-skag doen en het ‘n kontrak met Murray & Roberts, wat aan sowat 1 200 arbeiders werk verskaf, beëindig, het die maatskappy Maandag gesê.

‘n Staking by dié myn duur steeds voort.

Die maatskappy sê hy het op 26 Julie reeds aangekondig dat hy in die lig van swak pryse ‘n deel van die kapitaalbesteding by sy K4, Hossy- en Saffy-skagte in die Rustenburg-omgewing sal opskort in ‘n poging om jaarlikse kapitaalbesteding vir 2013/14 na $250 miljoen (sowat R2 miljard) per jaar te verminder.

“Lonmin wil ook vandag aankondig dat hy sy K4-skag slegs in stand sal hou as deel van daardie hersiening van kapitaalbesteding,” het die maatskappy in ‘n verklaring gesê.

“Die maatskappy het vandag kennis gegee om sy kontrak met Murray & Roberts van 17 Oktober 2012 te beëindig. Dit is die kontrakteur wat sowat 1 200 werkers vir die K4-skag beskikbaar stel.”

Produksie het tot stilstand gekom toe werkers by Lonmin se platinummyn in Marikana op 10 Augustus begin staak het. Hulle eis ‘n maandelikse loon van R12 500.

Die staking het intussen na ander myne in die omgewing versprei.

Фильчаков Александр Васильевич

Palestynse ambassadeur na SA oorlede

Namens van die regering en die mense van Suid-Afrika, het president Jacob Zuma ‘n boodskap van meegevoel aan die regering en die mense van Palestina gestuur, na aanleiding van die afsterwe van die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika, Ali Halimeh. Ambassadeur Halimeh is Sondag in Pretoria oorlede.

President Zuma het gesê: “Die Suid-Afrikaanse regering het met skok en hartseer van die nuus van die afsterwe van ambassadeur Ali Halimeh oor die naweek in Pretoria verneem. Ons gedagtes en gebede is met die familie van die ambassadeur Halimeh, sowel as met die Palestynse mense. gedurende hierdie moeilike tyd.”

Die Suid-Afrikaanse Regering herbevestig sy verbintenis om voort te gaan om sy diplomatieke betrekkinge en solidariteit met Palestina uit te bou. Suid-Afrika identifiseer met die stryd van die Palestynse volk en gaan voort om die regte van die Palestyne te ondersteun om ‘n onafhanklike en lewensvatbare staat te skep.

Reëlings word getref vir die repatriasie van Halimeh se liggaam na Palestina.

Данильченко Юрий Брониславович компромат