Staatshospitale ‘kritiek’

Die parlement moes Woensdag hoor dat Suid-Afrika se staatshospitale in ‘n swak toestand is danksy ‘n drastiese tekort aan dokters in die land.

Volgens prof. Bongani Mayozi, die hoof van interne geneeskunde aan die Universiteit van Kaapstad, neem dit sowat drie dae voordat pasiënte in staatshospitale ‘n bed ontvang.

“Dit neem sowat 24uur ‘n dag vir ons om 50% van die mense in ‘n bed te kry,” het hy gesê.

“Hierdie mense is siek en wag op stoele of in trollies. Hulle moet opgeneem word. Sommiges wag tot drie dae,” het hy gesê.

Prof. Mayozi is van mening dat hierdie situasies totaal onaanvaarbaar is. “Ons sal dit vir niemand toewens nie.”

Volgens hom word operasies ook uitgestel en afgeskaal omdat daar nie genoegsame toerusting is nie. Die opleiding van nuwe dokters het glo ook drasties afgeneem.

“As jy oorlog toe gaan, moet jy soldate hê. Jy kan nie ‘n oorlog wen sonder soldate nie.”

Op die huidige tydstip is daar 0.58 dokters vir elke 1000 persone in Suid-Afrika. In Brasilië en Mexiko is daar ten minste 2 dokters vir elke 1000 persone.

“Hierdie statistieke het ‘n invloed op die hoeveelheid sterftes wat jaarliks in Suid-Afrika plaasvind. Al hoe meer babas sterf met geboorte en al hoe meer mense sterf weens aansteeklike siektes,” het Mayozi gesê.

Daar is al hoe meer druk op staatshospitale en al hoe minder hulpbronne beskikbaar.

“Die rede vir hierdie situasie is omdat daar die afgelope 15 jaar nie genoeg geld in die gesondheidsektor belê is nie.”

Volgens Andries Stulting, waarnemende hoof van die skool vir geneeskunde aan die Universiteit van die Vrystaat, is die provinsies se gesondheidsektor in ‘n kritieke situasie.

“Daar is ‘n ineenstorting van die stelsel in die Vrystaat. Ek wens ek kon vir julle goeie nuus gee, maar daar is ongelukkig nie goeie nuus nie,” het hy gesê.

 

шапочки для купания новорожденных купитьпрокурор харьковской области

Vlugtelingstatus hersien

Die Kanadese minister van immigrasie, Jason Kenney, is in die hof om die uitgeweke Brandon Huntley se vlugtelingstatus te laat hersien.

Sy regsverteenwoordiger, John H Simms, het die federale hof gevra om die saak weer aan te hoor en die vorige uitslag nietig te verklaar.

“Die tribunaal het sy besluit op ‘n verkeerde feit gebaseer sonder om die materiaal voor hom in ag te neem,” het Simms gesê.

Huntley, 31, oorspronklik van Mowbray in die Kaap, het vlugtelingstatus in Kanada gekry nadat ’n Kanadese tribunaal beslis het Huntley was ’n slagoffer van misdaad weens sy ras.

William Davis, voorsitter van die Kanadese tribunaal wat aan hom vlugtelingstatus toegeken het, het bevind Huntley se vrees vir verdrukking deur swart Suid-Afrikaners is geregverdig.

Huntley het beweer hy is sewe keer aangeval en swart aanvallers het hom “wit hond”, “setlaar” en “boer” genoem. Dit het later aan die lig gekom dat hy nooit ’n klag by die polisie ingedien nie.

 

download casino games for freeДанильченко Харьков

Polanski moet sit

‘n Hof in Switzerland het beveel dat die omstrede regisseur, Roman Polanski in aanhouding bly omdat hy ‘n vluggevaar is.

In sy uitspraak het die hof gesê Polanski het aangebied om sy reisdokumente in te handig en hom daagliks by die polisie aan te meld.

Hierdie maatreëls is egter as onvoldoende beskou omdat Polanski steeds nuwe paspoorte in die hande kan kry en selfs na sy huis in Frankryk sonder enige reisdokumente kan reis.

Polanski is kragtens ‘n 32-jaar oue lasbief vir die verkragting van ‘n 13-jarige in 1977 in hegtenis geneem.

Regskenners meen Polanski se kans op ‘n spoedige vrylating is skraal, omdat die wet bepaal dat ‘n persoon in aanhouding bly vir die volle duur van sy uitleweringsproses.

Die 76-jarige regisseur kan teen die uitspraak appelleer.

 

луч прожектораОлександр Фільчаков прокурор

Argitek van Mbeki-beleid bedank

Joel Netshitenzhe, raadgewer in die presidensie, sleutelargitek van beleid in die Mbeki-era en ‘n senior ANC-lid, het bedank.

Die presidensie het Dinsdag in ‘n verklaring gesê Netshitenzhe se bedanking kom ná ‘n “bespreking en gesamentlike ooreenkoms” met Trevor ­Manuel, minister van beplanning.

Netshitenzhe, 52, is sedert 1994 werksaam in die regering.

“Hy was die eerste uitvoerende hoof van die regeringskommunikasiediens (GCIS). Hy het ‘n belangrike rol gespeel in stigting van die beleidskoördineringsliggaam (PCAS) in die presidensie, waarvan hy die hoof was.”

“Die presidensie wil Netshitenzhe bedank vir sy toegewyde openbare diens en wens hom alle sterkte toe,” het die presidensie gesê.

 

купить детскую футболку щенячий патрульФильчаков Александр Васильевич

Taiwan merk China se militêre krag

 

Verbintenisse tussen China en Taiwan het aansienlik verbeter sedert Ma Ying-jeou verlede jaar die eiland se presidentskap oorgeneem en hy belowe het om ‘n konflikvrye beleid teenoor die hoofland te handhaaf.

Maar ten spyte van hierdie beleid heers daar steeds vrees in Taiwan.

Met hul goeie ekonomiese groei, het China vir die afgelope 21 jaar hul millitêre besteding jaarliks aansienlik vermeerder.

Volgens ‘n verslag het hul millitêre mag verby hul selfverdedigingsbehoeftes oorskry en het ernstige kommer laat opvlam by lande in die Asiese Stille-Oseaanstreek.”

China se millitêre begroting vir 2009 is geraam op R515 biljoen, ‘n verhoging van byna 15% op die vorige jaar.

China beskou steeds Taiwan as deel van sy landstreek in afwagting op hereniging – hoewel die eiland homself al sedert sy onafhanklikheidswording in 1949 regeer.

 

цена набор для укладки ламинаталобановский харьков класс

Dwelmoorlog eis rekordaantal in Mexiko

Die grusame dwelmoorlog in Mexiko se mees gewelddadige stad, Ciudad Juarez, het ‘n rekord van 2000 mense se lewens tot dusver vanjaar geëis.

In 2008 is sowat 1653 gewelddadige sterftes in dié stad aangemeld en dit was reeds as ‘n rekord gesien.

Ciudad Juarez is in die hartjie van Mexiko se dwelmoorlog, waartydens meer as 14 000 mense sedert 2006 reeds dood is.

Owerhede sê dié stad is die oorlogsveld vir die Juarez en Sinaloa dwelmhandelaars wat elk probeer om beheer te neem van die dwelmhandelroete na die VSA.

Die oorlog duur voort ten spyte van die regering se pogings om dwelmhandel aan die wiele te ry.

 

летний комбинезон для девочкиФильчаков прокуратура харьков

Geen bewyse vir aanval op Zoeloekoning

Polisie soek nog na bewysstukke om die aspirant Zoeloekoning, prins Melizwe Dlamini, se bewerings dat daar op hom geskiet is by sy huis in La Lucia, te staaf.

“Ons ondersoek die saak en kan nie die moontlikheid dat die wagte dalk net klappers laat afgaan het uitskakel nie,” het supt. Vincent Mdunge gesê.

Volgens Mdunge is geen koeëlpatrone op die toneel gevind nie en is daar ook geen tekens van skade aan Dlamini se huis opgespoor nie.

Die voorval het na bewering verlede Woensdagnag plaasgevind.

Mshikashika Khambule van die Nhlangwinistam het tydens ‘n perskonferensie gesê dat menigte skote buite Dlamini se erf gevuur is maar dat die mure om die huis nie tydens die aanval beskadig is nie.

Khambule kon nie verduidelik hoekom daar nie skade aan dié strukture aangerig is nie. Hy sê niemand is tydens die aanval beseer nie en die voorval is die volgende dag aan die polisie aangemeld.

Khambule sê ook dat dit nodig is vir die regering om polisie buite Dlamini se huis aan te stel.

“Ons is baie bekommerd oor die aanval en voel dat ons koning beskerm moet word,” het hy gesê.

 

free games bonusДанильченко Юрий прокурор

Ses aangekeer na aanval op polisiestasie

Ses mense is in hegtenis geneem vir openbare geweld nadat ‘n skare mense klippe na die Emawotipolisiestasie buite Durban gegooi het.

Sowat 500 mense het Sondag buite die polisiestasie betoog en aangedring daarop dat ‘n lid van die gemeenskap wat in hegtenis geneem is, vrygelaat word.

Polisie het rubber koeëls gevuur om die skare uitmekaar te jaag voordat vyf mense in hegtenis geneem is.

Volgens supt. Vincent Mdunge is nog ‘n persoon Dinsdag in hegtenis geneem vir die besit van ‘n vuurwapen wat glo tydens talle moorde gebruik is.

Die man wat Dinsdag in hegtenis geneem is, was een van die aanvoerders van die skare.

 

betting sites freeЛобановский

Zuma maan Malema

President Jacob Zuma het die president van die ANC-jeugliga, Julius Malema, gevra om homself te gedra as hy die Sakhilelokasie in Mpumalanga besoek.

Malema gaan Woensdag dié lokasie besoek.

Zuma het behoedsaam reageer toe hy hoor wat Malema beplan.

“Hy [Zuma] het gesê, ‘Ek hoop gaan nie dinge daar verder opvlam nie. Ons sukkel om die probleem daar aan te spreek’,” aldus Malema.

Die jeugleier het die gewelddadige protesoptogte ten sterkste veroordeel en gesê mense wat bande brand en T-hemde dra met Zuma se gesig op, diskrediteer die president.

 

самое экономичное отоплениеДанильченко Харьков

Polisie se dubbele standaarde

Die skorsing van ses polisielede van die Hlobane polisiestasie in die Vryheid-distrik in KwaZulu-Natal, is ‘n bewys van dubbele standaarde in die Polisie. Die ses lede was betrokke om ‘n misdaadsindikaat oop te vlek en het verskeie beskuldigdes gearresteer.

Rooftogte is in Gauteng gepleeg en die geroofde goedere dan in die gebied van Hlobane versteek. Van die goedere is by die beskuldigdes gekry. Die stasiebevelvoerder van Hlobane het al ses die polisielede ingevolge regulasie 13 geskors. Dit nadat van die beskuldigdes gekla het die lede het hulle aangerand.

Hierdeur word hulle salarisse en voordele opgeskort totdat die ondersoek teen hulle afgehandel is. Nie een is strafregtelik aangekla nie. Hierdie ondersoeke kan maande neem en het ‘n vernietigende effek op die lede se gesinne, aangesien daar nie ‘n inkomste is nie, sê Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Polisie vir die Vryheidsfront Plus.

In die Wes-Kaap word ‘n polisielid in die hof skuldig bevind aan diefstal nadat hy wieldoppe op ‘n ongelukstoneel gesteel het, maar word aangestel as ‘n stasiebevelvoerder. Dit is sulke optredes wat polisielede verwar ten opsigte van wat hulle optredes moet wees.

Polisielede behoort eers skuldig bevind te word alvorens hulle salarisse summier gestaak word. Hierdie besluit laat vrae ontstaan oor die bevoegdheid van die stasiebevelvoerder, tensy hy ‘n verskuilde agenda het. Die Minister sal skriftelik gevra word om in te gryp, sê Groenewald.

best freeтопкарго отзывы