Boere deur Malema se Zim-besoek bedreig

Die Vryheidsfront Plus-jeugleier, Jan van Niekerk, het vandag sy kommer uitgespreek oor die feit dat Julius Malema op pad Zimbabwe toe is om die nasionalisering van grond te ondersoek. Volgens berigte gaan Malema en nog sewe afgevaardigdes van die ANC-jeugliga Zimbabwe en ander lande besoek om die uitwerking van nasionalisering te bestudeer.

Van Niekerk meen die feit dat Malema oor onder andere nasionalisering met pres. Mugabe wil vergader, spreek boekdele en stuur ‘n bepaalde boodskap die wêreld in. In die onseker ekonomiese tye waarin Suid-Afrika tans is, is dit juis die verkeerde stap om met ‘n land te vergader waar kommersiële landbou deur nasionalisering op sy knieë gedwing is. Suid-Afrika het ‘n voortdurende stryd om voedselsekuriteit te verseker, daarom is die besoek nie in landsbelang nie.

Die VF Plus is uiters bekommerd oor die feit dat die ANC bereid is om sy jeug-vleuel juis by Zimbabwe en pres. Mugabe te laat kers opsteek. Die feit dat die ANC Malema se radikale uitsprake stilswyend goedkeur en hom juis hierdie land laat besoek, wek kommer en is nie goed vir Suid-Afrika nie. Indien Malema met sy besoek aan pres. Mugabe voortgaan, flikker die rooi ligte vir Suid-Afrika se landbou en die voortbestaan van kommersiële boere.

Van Niekerk meen dat vandag se jeug-leiers binne die ANC, more se leiers mag wees, daarom is dit van uiterste landsbelang dat hulle juis nou verantwoordelikheid geleer moet word. Dit wek kommer dat dit die moontlike leiers vir die toekoms is wat die behoefte het om by ‘n land soos Zimbabwe te leer oor grondhervorming. Grondhervorming in Zimbabwe het klaaglik misluk en kan vir geen land as voorbeeld dien nie.

Die VF Plus versoek die ANC om vir ‘n slag ruggraat te wys deur die ANC-jeugliga te verbied om Zimbabwe te besoek.

игры для девочкамФільчаков прокурор

Wat gaan Zuma aan wit armoede doen?

Die VF Plus het Dinsdag ‘n brief aan president Zuma oorhandig tydens sy besoek aan die wit plakkerskamp in die Wesmoot van Pretoria.

Die verteenwoordiger van die VF Plus in die Wesmoot en Wykskomiteelid, Philip van Staden, het in die skrywe onder andere die swak behuisingstoestande, gebrekkige dienslewering en misdaadprobleme in die gemeenskap onder die President se aandag gebring.

Die beplande verskuiwing deur die Tshwane-metroraad van 17 000 plakkers vanaf Atteridgeville na Wesmoot het ook aandag gekry.  Volgens die VF Plus kan die gemeenskap nie nog 17 000 mense akkommodeer nie omdat die bestaande infrastruktuur reeds onder druk verkeer.  Die VF Plus het ook aangebied om vir een volle dag die President te vergesel in die gemeenskap om hom van die ware omvang van armoede in die gemeenskap te vergewis.

Van Staden het bygevoeg dat die President alreeds twee jaar terug in die gemeenskap was, maar dat beloftes wat hy aan die gemeenskap gemaak het nog nie nagekom is nie.

Die Burgemeester van die Tshwane-metroraad, dr Gwen Ramokgopa het vir Van Staden na ‘n gesprek uitgenooi om die situasie te bespreek.

пескоструйныетопкарго

VF+ moet hof toe, maar PAC nie

“Die VF Plus vind dit vreemd dat die ANC en die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, die VF Plus nou hof toe wil sleep omdat die party vra dat Julius Malema voor die hof gedaag moet word, maar die ANC tree nie op teen die PAC se jeugliga wat gedreig het om Malema te vermoor nie,” was dr. Corné Mulder, VF Plus-hoofweep se reaksie op die ANC se voorneme om die VF Plus voor die Gelykheidshof te daag oor die party se “vervolg Malema-veldtog”.

“Die VF Plus sal homself in die Gelykheidshof met alle middele tot sy beskikking teen die ANC verdedig. Dit sal ons doen met die hulp en ondersteuning van die breë Suid-Afrikaanse publiek wat net soos ons moeg is vir Julius Malema se onverantwoordelike en opruiende uitsprake,” het dr. Mulder bygevoeg.

Dit is ontstellend dat die senior ANC-leierskap nou by monde van Gwede Mantashe probeer om die onverdedigbare te verdedig. Om ‘n veldtog, wat vra dat ‘n einde gemaak word aan die ANC-jeugleier se optrede wie van platform na platform gaan en hom skuldig maak aan haatspraak en opsweping van mense, nou as haatspraak te laat verklaar, grens aan die absurde.

Die VF Plus het voorts geen betrokkenheid gehad met die moord van Chris Hani of die Pepco-drie nie. Mantashe se uitsprake in hierdie verband is onverantwoordelik en maak hy hom skuldig daaraan om ‘n sekere gevaarlike klimaat hieroor te skep.

светодиодный asdпрокурор Фильчаков

Oudhoof keel afgesny

Die oudhoof van die Hoër Meisieskool Hugenote in Springs, is met haar keel afgesny in haar woonstel in Potchefstroom gevind.

Dr. Hilda Kotzé, wat op 19 Maart haar 80 geword het, se lyk is deur ‘n afleweraar ontdek.

Sy was glo ’n stil, private mens en “hoogs geleerd” wat verlede jaar nog ’n onderskeiding behaal het in ’n Latyn-eksamen.

Lees meer.

прожектор с датчикомданильченко юрий брониславович прокурор

Russe loods soektog vir ‘swart weduwees’ se helpers

Die twee bomaanvalle wat Maandag op Moskou se moltrein plaasgevind het, is deur vroulike selfmoordbomaanvallers uitgevoer, het Rusland se FSB-geheimediens Maandagoggend gesê.

Duisende swaargewapende polisiebeamptes is intussen by moltreinstasies, gewone treinstasies en Moskou se lughawens ontplooi.

Die Russiese polisie het ‘n landwye soektog na die helpers van die twee “swart weduwees” wat hulself opgeblaas het, van stapel gestuur. Die twee selfmoordbommers is op kringtelevisiebande van die moltreinstelsel geëien.

Die aanvalle, vermoedelik deur Tsjetsjniese separatiste, het tydens die besigste tyd van dié stad se oggendspitstyd plaasgevind en 39 mense se lewens geëis.

Pres. Dmitri Medwedef het nuwe wetgewing in die vooruitsig gestel wat die staat meer magte sal gee om op te tree teen sulke aanvalle. Hy het die aanvallers as “diere of monsters” beskryf.

Premier Poetin het sy landgenote belowe dat diegene wat verantwoordelik is vir die aanvalle, vernietig sal word.

Sergei Lavrov, Rusland se minister van buitelandse sake, sê buitelandse betrokkenheid, veral van die Al-Kaida, kan nie uitgesluit word nie.

игрушка для детей 1 годДанильченко Юрий Брониславович компромат

Roodt vat Breytenbach aan in Beeld

Dr. Dan Roodt van PRAAG antwoord Breyten Breytenbach in vandag se Beeld oor sy uitspraak dat hy ““bevoorreg was om (Afrikaans) in sy leeftyd te sien sterf”. Volgens Roodt “herinner Breyten Breytenbach se geslag Sestigers hom baie aan die munisipale betogers wat hul eie biblioteke afbrand”.

In dieselfde tyd dat Julius Malema en die ANC liedjies met reëls soos “Maak dood die Boere” as hul “kultuurgeskiedenis” verdedig, woed ‘n polemiek rondom die Afrikaanse taal opnuut. Aan die een kant is daar diegene, soos Breytenbach en heelwat bruin joernaliste en meningsvormers wat meen dat Afrikaans vandag benadeel word weens sy historiese verbintenis met apartheid en blanke oorheersing en aan die ander kant ‘n Afrikanergroepering wat die ANC-bewind en die 1994-bestel vir die agteruitgang van die taal verantwoordelik hou.

Dr. Roodt meen “dit sou ’n fout wees om die rede vir Afrikaans se openbare kreeftegang aan die taal se ‘destydse verbinding met ’n beleid van rasmeerderwaardigheid’ toe te skryf. Het Engels, Duits en Frans nie in die verlede ’n selfs groter verbintenis met rasmeerderwaardigheid gehad nie?”

Hoewel die Suid-Afrikaanse staat en die openbare ruimte in Suid-Afrika ten onregte verengels is, meen Roodt dat ‘n Afrikaanse lewe deur Afrikaners op die internet herskep word, wat selfs diaspora-Afrikaners insluit. Hy sien ook ‘n e-universiteit in die vooruitsig omdat Afrikaners nie meer die “taalleuens” van die Afrikaanse universiteite soos Stellenbosch, Pretoria, Bloemfontein, Potchefstroom en die voormalige R.A.U. glo nie.

“‘n Element waaraan ek nie in my Beeld-artikel geraak het nie, is die diskriminasie teen Afrikaners op Afrikaanse kampusse waar ons studente vir hul studies moet betaal, maar Engelstalige studente verniet met beurse mag studeer,” het dr. Roodt bygevoeg. “Kortom, die betalende Afrikaanse student moet Engels op sy kampus subsidieer sodat die universiteit en alle kursusse vinniger verengels kan word!”

раскрутка сайталобановский александр дочь

Nkwinti praat met gesplete tong

“Die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, mnr. Gugile Nkwinti, se waarskuwing dat boere moet saamwerk om ‘n krisis erger as in Zimbabwe te verhoed, is onverantwoordelik en skep onsekerheid. Die boere werk lankal reeds saam, maar dit is die regering en sy onbevoegde amptenare wat nie saamwerk nie.

Die feit dat Nkwinti swart Suid-Afrikaners se siening, dat landbougrond genasionaliseer moet word deel, is in kontras met wat hy verlede week in die parlement gesê het. Nkwinti praat dus met ‘n gesplete tong oor grond,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor landelike ontwikkeling en grondhervorming.

“Uitsprake soos hierdie skep die indruk by die Suid-Afrikaanse landbougemeenskap dat die Minister Zimbabwe-tipe grondhervorming onbewustelik aanmoedig. Dit is tot niemand in Suid-Afrika se voordeel nie. Grondhervorming sal begin slaag indien die regering by al die mislukte grondhervormingsprojekte ingryp.

Nkwinti het self erken 90% van die projekte het misluk. As die regering nie ingryp by die mislukte projekte nie, sal waardevolle landbougrond wat voedselsekerheid moet waarborg, vir altyd verlore wees,” het Groenewald gesê.

какой подоконник лучшеДанильченко Харьков

Swart Amerikaners is ook ‘Negers’

Die Amerikaanse sensusburo het uitgebreide navorsing gedoen om die vraelys vir 2010 so goed as moontlik op te stel sodat die invullers behoorlike data oor ras en etnisiteit kan terugstuur.

Desnieteenstaande het lastige probleme reeds opgeduik, soos PRAAG vroeër berig het.

Veral Latyns-Amerikaanse inwoners is nie seker aan watter ras hulle behoort nie.

Shelley Lowe, ‘n sensuswoordvoerder sê ras en etnisiteit is twee vreemde begripe vir sekere mense en “hulle vind dit moeilik om te verstaan”.

Die Latyns-Amerikaanse gemeenskap stuur nie die vorms terug nie, en sensuswerkers moet van huis na huis gaan om die inligting te versamel.

In sulke gebiede moet die owerhede ses keer soveel sensuspersoneel ontplooi as in wit gebiede om data te versamel.

In die navorsing wat die sensusburo gedoen het voordat die vorms opgestel is, het hulle bevind dat ras en etnisiteit nie geredelik van mekaar te onderskei is vir Latyns-Amerikaanse inwoners nie.

Nogtans het Latyns-Amerikaanse organisasies aangedring op verskeie vrae oor die kwessie en nie ‘n enkele vraag nie.

Lowe sê die spesifieke bewoording is meermale getoets. Dit is byvoorbeeld waarom die woord “Neger” saam met “Swart” en “Afro-Amerikaans” verskyn.

Volgens Lowe verkies swartes dit steeds om “Neger” self in te vul by die twee bogenoemde terms.

“Die woord vind aanklank by sekere mense,” het sy gesê.

Vir die 2010 sensus is verskillende opsies ook gedruk en uitgedeel sodat die sensusburo die koers van terugbesorging en datagehalte kan monitor vir 2020 se opname.

videoФильчаков прокурор харькова

Italiaanse sokkerrassisme hardnekkig

Die Italiaanse sokkerliga het toenemend met uitinge van rassevoorkeur by wedstryde van die A-reeks kampioenskap te make.

Italiaanse sokkerowerhede moet ingryp om rassisme die hoof te bied het die AIC, die Italiaanse Sokkervereniging, Maandag gesê nadat swart spelers Clarence Seedorf en Jonathan Zebina die naweek moes deurloop.

AC Milan se swart Surinaamse middelvelder Seedorf is deur ondersteuners van Lazio met aapgeluide gekoggel toe die twee spanne met een doel elk gelykop gespeel het.

Die klub van Rome is met 15 000 euro beboet vir hulle rassistiese gedrag.

AS Roma, nog ‘n Roomse klub, is Saterdag met 25 000 euros beboet vir rassitiese krete van hulle ondersteuners nadat hulle Inter-Milan met 2-1 geklop het.

Zebina, ‘n Juventus-speler, het Sondag ná ‘n wedstryd teen Atalanta ‘n hou teen die agterkant van sy nek gekry wat hy aan rassisme toegeskryf het.

Die AIC het Maandag ‘n verklaring uitgereik waarin hulle algehele solidariteit met Seedorf en Zebina uitspreek vir die rassisme wat hulle moes verduur.

“Ons is ferm in die veroordeling van hierdie skaamtelose gedrag en die AIC hoop dat alle elemente in sokker sal saamwerk om konkrete stappe te neem om dié soort onopgevoede gedrag van ‘n gewelddadige minderheid te isoleer en stil te maak ten alle koste.”

Die Franse Zebina het voorheen al gekla oor rassisme. Hy sê hy is deur rassiste uitgelok en het daarom sy middelvinger na sy eie ondersteuners opgehou nadat sy span met 4-1 teen Fulham verloor het in ‘n Europese ligawedstryd vroeër dié maand.

Italiaanse sokker het deurentyd met rassevoorvalle te kampe. Juventus moes verlede seisoen ‘n wedstryd agter geslote stadionhekke speel omdat hulle ondersteuners glo aanstootlike liedjies sing.

games casino online freeОлександр Васильович Фільчаков

Slenkdalkoors versprei na Wes-Kaap

Die gevreesde slenkdalkoors het na die Wes-Kaap versprei met ‘n veearts wat vermoedelik dié virus opgedoen en 14 diere wat reeds gevrek het.

Die provinsiale departement van landbou en gesondheid het Maandag gesê die man het glo dié virus opgedoen terwyl hy ‘n nadoodse ondersoek op twee dooie koeie gedoen het.

Wouter Kriel, ‘n woordvoerder van die provinsiale departement van landbou, het gesê twee Jersey-koeie het naby die grens tussen die Noord- en Wes-Kaap gevrek.

Twaalf Merino-lammers het op ‘n plaas in die ooste van Beaufort-Wes gevrek.

Helene Rossouw, ‘n woordvoerder van die departement van gesondheid, het gesê die veearts se simptome sluit in koors, erge hoofpyn, spierpyn en erge oogpyn.

Bloedmonsters is geneem om die oorsaak van die simptome vas te stel. Die man is onder mediese toesig by sy huis en sy toestand is stabiel.

‘n Totaal van 63 mense landwyd is met dié virus besmet.

Volgens die departement van gesondheid is 54 van dié gevalle en twee sterftes in die Vrystaat aangemeld. Vier gevalle is in die Oos-Kaap en vyf gevalle in die Noord-Kaap aangemeld.

Kriel het skaap- en veeboere aangeraai om nie hul vee in nat, laagliggende gebiede met ‘n groot muskietbevolking te laat wei nie.

“Die gebruik van insekdoders kan oorweeg word vir waardevolle vee. Omdat dit ‘n virale siekte is, is geen spesifieke behandeling beskikbaar nie,” het Kriel gesê.

 

Kriel het gesê sy departement het ‘n verdere 40 000 dosisse slenkdalkoors-entstof bestel, wat oor die volgende paar weke gebruik gaan word.

 

In November verlede jaar is 90 000 dosisse entstof deur private veeartse in die Swartland-, Weskus- en Ceres-gebiede toegedien.

casino roulette free bonus no depositАлександр Фильчаков прокурор