Wat gaan Zuma aan wit armoede doen?

Die VF Plus het Dinsdag ‘n brief aan president Zuma oorhandig tydens sy besoek aan die wit plakkerskamp in die Wesmoot van Pretoria.

Die verteenwoordiger van die VF Plus in die Wesmoot en Wykskomiteelid, Philip van Staden, het in die skrywe onder andere die swak behuisingstoestande, gebrekkige dienslewering en misdaadprobleme in die gemeenskap onder die President se aandag gebring.

Die beplande verskuiwing deur die Tshwane-metroraad van 17 000 plakkers vanaf Atteridgeville na Wesmoot het ook aandag gekry.  Volgens die VF Plus kan die gemeenskap nie nog 17 000 mense akkommodeer nie omdat die bestaande infrastruktuur reeds onder druk verkeer.  Die VF Plus het ook aangebied om vir een volle dag die President te vergesel in die gemeenskap om hom van die ware omvang van armoede in die gemeenskap te vergewis.

Van Staden het bygevoeg dat die President alreeds twee jaar terug in die gemeenskap was, maar dat beloftes wat hy aan die gemeenskap gemaak het nog nie nagekom is nie.

Die Burgemeester van die Tshwane-metroraad, dr Gwen Ramokgopa het vir Van Staden na ‘n gesprek uitgenooi om die situasie te bespreek.

пескоструйныетопкарго

Maak 'n opvolg-bydrae