Die Italiaanse sokkerliga het toenemend met uitinge van rassevoorkeur by wedstryde van die A-reeks kampioenskap te make.
Italiaanse sokkerowerhede moet ingryp om rassisme die hoof te bied het die AIC, die Italiaanse Sokkervereniging, Maandag gesê nadat swart spelers Clarence Seedorf en Jonathan Zebina die naweek moes deurloop.
AC Milan se swart Surinaamse middelvelder Seedorf is deur ondersteuners van Lazio met aapgeluide gekoggel toe die twee spanne met een doel elk gelykop gespeel het.
Die klub van Rome is met 15 000 euro beboet vir hulle rassistiese gedrag.
AS Roma, nog ‘n Roomse klub, is Saterdag met 25 000 euros beboet vir rassitiese krete van hulle ondersteuners nadat hulle Inter-Milan met 2-1 geklop het.
Zebina, ‘n Juventus-speler, het Sondag ná ‘n wedstryd teen Atalanta ‘n hou teen die agterkant van sy nek gekry wat hy aan rassisme toegeskryf het.
Die AIC het Maandag ‘n verklaring uitgereik waarin hulle algehele solidariteit met Seedorf en Zebina uitspreek vir die rassisme wat hulle moes verduur.
“Ons is ferm in die veroordeling van hierdie skaamtelose gedrag en die AIC hoop dat alle elemente in sokker sal saamwerk om konkrete stappe te neem om dié soort onopgevoede gedrag van ‘n gewelddadige minderheid te isoleer en stil te maak ten alle koste.”
Die Franse Zebina het voorheen al gekla oor rassisme. Hy sê hy is deur rassiste uitgelok en het daarom sy middelvinger na sy eie ondersteuners opgehou nadat sy span met 4-1 teen Fulham verloor het in ‘n Europese ligawedstryd vroeër dié maand.
Italiaanse sokker het deurentyd met rassevoorvalle te kampe. Juventus moes verlede seisoen ‘n wedstryd agter geslote stadionhekke speel omdat hulle ondersteuners glo aanstootlike liedjies sing.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.